Of jy nou ’n somerseevakansie of ’n koue wintervakansie oorsee beplan, hierdie pak en uitrusting wenke kan nie ’n geheim bly nie! Imari du Plessis ken van slim pak. Imari het jare lank die wêreld vol gereis met haar krieketspeler man, (en twee klein dogtertjies!). Sy het al ’n ding of twee geleer van uit ’n tas leef (soms tot 2 maande lank) en nee jy het nie allerhande fancy packing cubes nodig nie!
Leer meer oor wat om in te pak en wat om eerder by die huis agter te laat. Lees Imari se 11 beste pak en uitrusting wenke vir jou volgende vakansie. Saamgestel deur Justine Kroes
06/12/2024
Imari se 11 beste pak en uitrusting wenke
1. Vergeet van in- en uitpak
Imari sê “Ek het vir jare my hele tas uitgepak en naderhand besef ek mors soveel tyd. Dit is natuurlik ook hoe jy goed vergeet en agterlaat”.

“Pak vertikaal sodat jy uit jou tas kan lewe en al jou kledingstukke sien.”
“Maak seker om ophang items soos blazer baadjies bo-op die vertikale items plat te vou, sodat jy dit dadelik kan ophang as jy by jou bestemming aankom. Ek sit my tas gewoonlik net neer en haal net my smuktassie uit”, verduidelik Imari
2. Kapsuleklerekas is ’n moet
Ek reis altyd met ’n kapsuleklerekas, sodat ek ten minste 2 tot 3 looks bymekaar kan sit van elke item. Vir my reis-kapsuleklerekas pak ek gewoonlik neutrale items soos ’n swart leerbaadjie, ’n blazer, denims, swart camisole en ’n wit rok.
Weet nie wat ‘n kapsule klerekar is nie? Lees meer hier:
3. Maak ’n stelling
Om jou kapsuleklerekas vir jou te laat werk, is dit belangrik om ’n paar statement klere-items in te pak om dit meer uniek en jou eie te maak. Dink aan daardie items wat ’n modestelling maak in jou eie klerekas.
“Ek pak gewoonlik sheer layering kledingstukke, dit is lekker lig en vat min plek in jou tas.”


“‘’n Sequins blink rok of bloes is nog ’n item wat ’n stelling maak en kan maklik saam met die res van jou kapsuleklerekas gestileer word vir ’n dag- of aandvoorkoms.”
Hier is ’n paar voorbeelde van wat ek graag inpak, ’n sequins fraiing onderbaadjie of iets met vere.

4. Pak slim
Imari sê; Pak net EEN hoed in jou tas, jy het werklik nie meer nodig nie. Keer die hoed om en pak ook binne-in die hoed (ek pak gewoonlik my oefenklere hierin).

Nie net in hoede nie, maar skoene ook, ek pak my onderklere, swemklere, sokkies of sonbrilhouers binne in ‘n oop skoen. Daar is spasie oop in ’n tekkie – gebruik dit.
5. Beplan vooraf en neem foto’s
Pas jou klere vooraf aan, beplan uitrustings en neem foto’s van elk om te sien hoeveel kombinasies daardie klere-items kan maak.


6. Bykomstighede is ’n móét by ‘n kapsuleklerekas
Ek glo bykomstighede is een van die belangrikste boublokke van ’n suksevolle kapsuleklerekas. Dink net hoe jy self ’n uitrusting kan stileer met items soos gordels, handsakke, sonbrille en juwele.
Moet nie te veel juwele inpak nie, is Imari se raad. Eerder een klein pilhouertjie met klassieke juwele wat by alles pas.


Ek neem 2 tot 3 verskillende skouerhandsakke saam. 2 klassieke handsakke en een handsak wat ’n stelling maak. Maak seker hulle is ook propvol gepak met onderklere, kouse en swembroeke om hulle vorm mooi te behou en nie te beskadig nie.
7. Skoene? Pak díé:
Imari verduidelik “’n Mens het nooit meer as een paar neutrale hakskoene nodig wanneer jy reis nie. Maak seker jy pak twee pare sneakers want as jy baie loop is dit goed om hulle af te wissel.
Ek pak gewoonlik een paar sandale, een paar stewels of loafers, twee pare sneakers (vlieg in een) en een paar hakke. Sandale soos flip flops is nie ideaal vir baie stap nie – dit sit baie druk op die spiere in jou bene en kan shin splints veroorsaak

Hierdie Steve Madden travel sandals is my gunsteling sandaal en die skoene het daai naam vir ’n rede. Ek voel skoon soos ’n ambassadeur vir hierdie sandale omdat ek al so baie boodskappe oor hul ontvang het. Ek het oral oor die wêreld plat geloop met hierdie sandale.
Imari sê “In die meeste groot stede raak ek moeg vir sneakers dra, ek kies dan ’n enkelstewel of loafer styl skoen met ’n paar sokkies waarin ek heeldag lank gemaklik kan rondloop”.

8. Moenie pak vir wie jy wil wees nie
Pak realisties – as jy elke dag ’n stad soos New York, London of Parys gaan platloop gaan jy baie motivering nodig hê om te gaan draf daarby. Glo my, jy kry steeds jou steps in.
Geniet eerder die vakansie en moenie pak vir wie jy graag wil wees nie, wees net jouself.
9. Hou grimering minimalisties
“Pak eerder neutrale grimering vir vakansie en reis. Hierdie is nie die tyd vir drie verskillende oogskadu palette nie” verduidelik Imari
Imari se handige wenk – pak jou grimering en skoonheidsprodukte styf teen mekaar vas sodat dit nie te veel rondbeweeg en verkrummel in jou tas nie.
In Imari se grimeersakkie; “Dit pak ek in; onderlaag, verhelderaar (highlighter), verbloemer, maskara, ’n oogomlyner wat ek kan smeer/blend wat kan dubbeldoel as ’n oogskadu. Dan natuurlik ’n wit oogpotlood vir my wimperwaterlyn om moeë, rooi oë beter te laat lyk na min slaap. Victoria Beckham se kajals is my gunsteling.
10. Reisgrootte produkte, hou skoonheidsroetine eenvoudig
Indien moontlik probeer om reisgrootte produkte in te pak. Volgrootte produkte soos sjampoe is groot en swaar.
Los eerder jou gesigmaskers by die huis en hou jou roetine eenvoudig, Reiniger, anti-oksidant serum, gesigroom, oogroom en sonroom. Op vakansie veral as jy reis gaan jy besig wees en dis nie die tyd om extra te wees nie sê Imari.

“Op die meeste vakansies het jy ’n man wat vir jou wag, boonop dalk kinders wat uit hul normale roetine en omgewing is wat jy moet regkry vir die dag. Daar is nie ’n manier wat jy vir 30 minute met ’n masker op jou gesig gaan rondloop, ’n jade roller gaan gebruik of ’n LED masker nie. LED maskers kraak ook in tasse”
Imari Du Plessis
11. Pak rokke


Imari se laaste en goue wenk:
“Ek het al geleer, pak rokke – “If you don’t know what to wear, wear a dress, then you will be dressed”.
Dit elimineer die meng en pas dinkwerk en jy is dadelik aangetrek en gereed vir die dag.
Leees ook: Sonder hierdie produkte gaan skoonheidsredakteurs nooit met vakansie nie