Skoonheidsredakteurs deel watter produkte hulle altyd impak op somervakansie. (En ja, sommige produkte word herhaal, want dit is staatmakers vir almal.) Deur Suzanne Kotzé
Skoonheidsredakteurs het die reuse voorreg om skoonheidsprodukte te ontvang en te toets, hier is die produkte waarop hulle staatmaak vir somervakansie.
Candice-Lee Kannemeyer, In my bag
Candice-Lee was jare lank ’n skoonheidsredakteur vir verskeie tydskrifte, van Fair Lady tot Sarie en blog gereeld oor skoonheidsprodukte by inmybag.co.za. Sonder hierdie produkte gaan Candice nie op vakansie nie.

Dove Sensitive Skin Hypoallergenic Beauty Bar
Dove Sensitive Skin Hypoallergenic Beauty Bar werk sagkens en bevat geen parfuum nie. Ek gebruik dit op my lyf en gesig. Dit is my nommer een begrotingsvriendelike aanbeveling.

Nuxe Huile Prodigieuse
Nuxe Huile Prodigieuse is ’n wonderlike veelvoudige produk en kan op jou gesig, lyf en hare gebruik word. Dit laat ook ’n lieflike geur op jou lyf agter.

NARS Afterglow Lip Balm in Orgasm
Nuxe Huile Prodigieuse is ’n wonderlike veelvoudige produk en kan op jou gesig, lyf en hare gebruik word. Dit laat ook ’n lieflike geur op jou lyf agter.

Avène Ultra Fluid Perfector SPF50
Avène Ultra Fluid Perfector SPF50 is my nuwe gunsteling sonskerm. Dit is geformuleer vir sensitiewe vel en het ’n skaars sigbare tint, wat jou vel mooi eweredig laat lyk.

Sisley Black Rose Cream Mask
Sisley Black Rose Cream Mask streel, plomp en verhelder jou vel en kan ook as ’n nagroom gebruik word. Ek is mal daaroor om dit na ’n lang vlug te gebruik.

Leila Petersen, vryskut skoonheidsredakteur Huisgenoot/You

lelive. All The Shade Mineral Based SPF 30 Sheer Tinted Moisturiser
Daar is niks so erg soos die gevoel dat jou grimering besig is om te smelt onder die warm somerson nie. Daarom verruil ek my gewone onderlaag vir ’n getinte bevogtiger wanneer ek met vakansie is. Hierdie een van lelive is my staatmaker, aangesien dit nie net dekking gee en bevogtig nie, maar ook ’n SPF30 het wat my vel beskerm.

Benefit Benetint Cheek & Lip Stain
Multi-taak produkte is ’n moet vir vakansies; dit spaar tyd (meer tyd vir vakansie) en moeite en skep ’n mooi verenigde voorkoms. Ek is mal oor hierdie een van Benefit Cosmetics. Die deursigtige roostint vlei alle veltone. Dit is ook maklik om aan te wend en gly behoorlik aan jou lippe en wange. Die beste deel? Die kleur hou heeldag lank sonder dat dit afkom.

Maybelline Lash Sensational Waterproof Mascara
Om te verseker dat my wimpers mooi lank lyk, sonder dat ek wasbeer-oë het, kies ek hierdie ligte maskara van Maybelline. Dit smeer nie, bly lank aan en is maklik om af te was.

Avène Thermal Spring Water
Hierdie hidrerende watersproei is een van my heel gunsteling produkte. Die termale water (afkomstig vanuit die berge in Frankryk) verfris en kalmeer jou vel. Die veelsydige produkte kan vir alles van bo-oor jou grimering tot vir beskerming teen omgewingsfaktore gebruik word en is ’n absolute noodsaaklike vakansieproduk.

La-Roche Posay Anthelios UVmune 400 SPF50
Hierdie sonskerm kom altyd saam met my op vakansie. Dit pas maklik in my strandsak en het ’n 50+ UVA en UVB beskerming. Wat dit egter anders maak, is die ligte tekstuur wat heeltemal deursigtig is en glansend lyk en perfek sit onder my grimering.

Batiste Dry Shampoo
Gedurende vakansietyd is dit ’n pyn om elke dag hare te was. Om my hare skoon en vars te laat lyk tussen wasdae gebruik ek droë sjampoe van Batiste. Die ligte formule absorbeer olie en sit volume by.

Leandri Wahl, skoonheidsredakteur Rooi Rose

Eucerin Aquaphor Soothing Skin Balm
As ek net een produk vir die res van my lewe moes gebruik, is dit hierdie een. Ek gebruik dit vir alles van droë lippe tot ekseem rondom my oë, en is ook wonderlik om tydens die somervakansie te gebruik as ‘n ‘highlighter’ wanneer ek my grimeersakkie lig wil hou.

iS Clinical Cleansing Complex
Dit verwyder grimering en sonroom met gemak, laat my vel nooit droog voel nie, en hou vir ewig!

Lamelle Correctives Vita-C Lipod Serum
Ek gebruik altyd ’n vitamien C-serum saam met my sonroom, maar soek iets wat my vel bietjie meer bevogtiging sal bied. Hierdie een absorbeer vinnig maar voel steeds effens klam op jou vel, wat ideaal is vir ekstra glans

Chanel Hydra Beauty Micro Creme Yeux
Dis lig, bevogtigend en voel soos ’n luukse ervaring elke keer wat jy dit aanwend – en wanneer ek met vakansie is probeer ek altyd myself so bietile ekstra bederf.

REN AHA Smart Renewal Body Serum
Die enigste lyfproduk wat ek met volle vertroue kan sê werk. Dit hou my arms, rug en bene seepglad sodat ek nooit bekommerd hoef te wees of knoppies of aknee nie.

REN Evercalm Overnight Recovery Balm
My vel is uiters sensitief, en soms kry ek ’n onverwagse uitslag vir geen rede nie. Dit streel my vel onmiddellik en verminder ook die voorkoms van roosaknee (rosacea) wat ek op ekstra warm dae ervaar.

Elizabeth Arden Eight Hour Cream Sun Defense SPF50
’n Goeie sonroom is noodsaaklik vir my, en daarom gebruik ek al vir jare hierdie een. Dis nie olierig nie, maar laat my vel steeds stralend lyk, en werk besonder goed onder grimering sonder om dit te laat afskilfer.

Avéne Thermal Spring Water
Ek brand selde, maar wanneer ek die dag te veel son gevang het, werk hierdie soos ’n droom. Ek het altyd een in my handsak, en in my yskas.

Suzanne Kotzé, Skoonheidskenner

Ek was die skoonheidsredakteur by verskeie tydksrifte soos Huisgenoot, You, Drum en Rooi Rose en saam behartig ek en Justine Kroes Stylvol se skoonheid ook.
Nuxe Hair Prodigeux
Ek swem daagliks (gewoonlik meer as een keer per dag) gedurende vakansie en dit kan my blonde hare laat droog voel. Die nuwe haarprodukte van Nuxe voed nie net my hare nie, maar laat dit ook mooi blink, ruik heerlik en my hare voel ook verbasend genoeg voller. 1. Wend die Pre-Shampoo Nourishing Mask aan voordat jy jou hare was en los dit aan vir 5-10 minute. 2. Die High Shine Shampoo is sulfaatvry. 3. High Shine Conditioner bevat geen silikoon 4. Intense Nourishing Leave-In Cream ruik nie net ongelooflik nie, maar beskerm jou hare ook teen hitte.

Elizabeth Arden 8 HydraPlay
Die verpakking is gerieflik. ’n Heerlike elkedag room wat alles doen van hidreer to oliebeheer. Ideaal vir vakansie. Dit trek vinnig in, en voel ook glad nie taai op jou vel nie.

Avéne Thermal Spring Water
Hierdie werk wonderlik, van afkoel, tot ekseem velle en sonbrand kalmeer. Nog ’n wonderlike wenk wat ek geleer het, is dat dit sonskerm minder taai kan laat voel (veral as jy kinders het wat nie van taai goed op hulle velle hou nie!). Spuit eers die water aan en wend dan die sonskerm aan.

Avéne Xeracalm Cleansing Gel en Moisturising Lotion
As jou kinders ekseem het, kan seevakansies ’n stresvolle tyd wees, want die seewater kan ’n ekseem uitslag vererger en laat brand en jeuk. En daar is min dinge so sleg soos wanneer jy net in die see ingeduik het, en iemand wil huis toe gaan want hulle het ’n uitslag wat brand. Ons probeer dit voorkom deur hul sperfunksie so sterk as moontlik te hou deur die Xeracalm Wash te gebruik (bevat geen seep, sulfate of parfuum nie) en streel terwyl dit was. Die Lipid Replenishing Lotion smeer maklik in, irriteer nie die vel nie en is heerlik strelend.

Clarins Summer Bronzing Compact
Hierdie gee ’n pragtige songesoende voorkoms en ek gebruik dit sommer oor my hele gesig, nie net as verbronser nie, maar ook as oogskadu.

Sensai 38 Mascara
Hierdie maskara kom glad nie af nie, en mens se maskara is mos juis geneig om te smeer gedurende die somer. Die maskara kom slegs af in warm water (vandaar die naam).
Laneige Lip Sleeping Mask
My lippe is geneig om droog te voel as gevolg van warm, en dikwels winderige, dae op die strand. Hierdie masker werk baie goed. Ek hou dit op my bedkassie, langs my nag-en voetroom en smeer dit elke aand aan.

ISDIN Fotoprotector Transparent Spray WET SKIN SPF 50+
Hierdie sonskerm is wonderlik vir stranddae want jy kan dit sommer op nat vel aanspuit en dit het ’n bekermingsfaktor van 50.
