Lees
Lees

10 redes waarom lees goed is vir jou; bekendes en boekwurms deel

Boekwurms en bekendes deel waarom lees goed is vir hulle en jou. En hier is heerlike boekvoorstelle ook by.  Maak gereed om tyd in te ruim vir lees, want hierna gaan jy lus voel om met ’n boek op te krul,. Deur Suzanne Kotzé

1. Lees maak jou meer empaties

“Lees help dat ek meer ingelig is, maar meer belangrik maak dit my ook meer empaties,” deel aktrise Nicole Fortuin. En wetenskaplike navorsing wys dit ook. Mense wat veral op die langtermyn literêre fiksie lees (stories wat die binnelewens van karakters verken) se vermoë om ander mense se gevoelens en oortuigings te verstaan is beter.

2. Lees maak ander wêrelde oop

Nicole sê: “Lees maak vir my wêrelde oop wat ek andersins nie sou geweet het bestaan nie.”

“Ek is mal oor lees. ’n Mens leer wyshede en waarhede, reis en verken kulture, raak sielsryker en verloor jouself in die kompleksiteit van menswees,” sê Diaan Lawrenson.

3. Jy is nooit alleen nie

“’n Laatlam se lewe kan maar taamlik eensaam wees. Maar nie as jy boeke het nie!,’ deel Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en Boeke op RSG.

“Dit het ek vroeg (in Sub A) reeds agtergekom. Toe ek eers besef die towerkrag in boeke lê eintlik in die woorde – nog baie meer as in die pragtige prentjies – was ek onstuitbaar.”

4. Lees skep ’n gevoel van genoegdoening

“Daardie gevoel van genoegdoening as jy ’n boek na ’n paar dae neersit, kry ek steeds vandag wanneer ek ’n goeie boek klaargelees het. Karakters loop uit die boeke wat ek deesdae lees, dikwels na dae – soms selfs weke en maande – nog saam met my. Hier sien jy iets wat jou aan ’n bepaalde boek herinner, en daar lees jy ’n sin of twee wat jou terugvoer na ’n ander boek,” sê Ilse.

5. Dit is ’n bron van vermaak

“Lees was tydens my grootwordjare my primêre bron van vermaak, plesier, kennis en ja, geselskap. Dis nou behalwe vir die radio, want daar was nie destyds televisie in Namibië waar ek grootgeword het nie. Albei mediums kan ’n mens ook wegvoer na wêrelde wat jy andersins nooit sou beleef het nie. Kan jy jou nou indink hoe lekker dit vir my is om die afgelope nege jaar boonop Skrywers en Boeke op RSG aan te bied?”, sê Ilse.

6. Dit bied ontsnapping

“Dis ’n old school manier om te ontsnap tydens vakansie. Ek is nie ’n groot aanhanger van ure op my foon of voor ’n skerm deurbring nie, so om ’n boek vas te hou, te voel, te ruik, die blaaie om te blaai en net weg te raak in die storie is vir my vreeslik salig,” deel aktrise Amalia Uys.

“Lees is die beste vorm van ontsnapping en ek vind lees super-ontspannend,” deel Danielle Weakley, boekwurm en tydskrifredakteur. Om ’n boek te lees (en nie ’n Kindle of ’n iPad nie) is my ritueel saans voordat ek aan die slaap raak. Dit help my om af te skakel en dwing my oë om op papier en nie ’n skerm te fokus nie. En het ons nie almal ook ’n bietjie vertroosting nodig nie?”

7. Jy leer

“Ek kies altyd boeke wat my iets sal leer oor ‘n stuk geskiedenis wat ek nie goed ken nie of ‘n kultuur wat my interesseer. Ek wil altyd iets leer uit die stories of dit nou feite of fiksie is,”sê Amalia. 

“Soms leer lees mens selfs ook om net te lag.” Danielle Weakley

Danielle Weakley stem saam: “Lees maak my brein oop. Ek leer altyd iets by die boek wat ek lees; dit mag dalk by ’n karakter in die boek wees wat ek iets leer of’ n wonderlike nuwe woord of segswyse. Soms is dit ’n feit wat ek nie geweet het nie of standpunt wat ek nog nie oorweeg het nie. Of soms leer dit mens selfs ook om net te lag.”

8.Lees help met slaap

“Lees help om my brein af te skakel voor ek gaan slaap. Al lees ek net vier of vyf blaaie. Dit maak my rustig en kalmeer die ‘monkey mind’,” deel Amalia Uys. En navorsing beaam dat lees jou slaapkwaliteit kan verbeter.

9. Dit wakker jou verbeelding aan

Om boeke te lees het nog altyd my verbeelding aangewakker,” deel Danielle Weakley. “Dit help my of van ander kulture te leer, om ander oogpunte in te sien, te leer oor interessante plekke of tyd in die geskiedenis.  Soms wys lees my hoe hoe maklik dit is om op eerste oogopslag verlief te raak deur ’n sneeubevlekte busvenster of (uhm) om iemand koelbloedig dood te maak.”

10. Dit verlig spanning

“Veral na ’n lang dag,” sê Danielle … “Dit laat my ’n stil oomblik vir myself toe, na die geskarrel tussen werk en huislewe.” En ’n studie gedoen in 2009 wys juis dat 30 minute van lees jou bloeddruk kan verlaag, hartspoed en sielkundige spanning kan verminder net so effektief as wat joga of humor ook kan doen.

Wat ons boekwurms en bekendes nou lees

Diaan Lawrenson

Op die oomblik is ek besig met my Meestersgraad en my lees fokus op tonne navorsing waarmee ek besig is. Alhoewel dit uitdagend is om terug te keer na akademie is dit ongelooflik verrykend. My gunsteling boeke wat ek onlangs gelees het, behalwe al die akademiese navorsing is:

Amalia Uys

Nicole Fortuin

Danielle Weakley

“Ek was nog altyd lief vir lees en ek is absoluut LIEF vir woorde. My hele loopbaan as joernalis en readakteur is deur woorde gerig.

’n Uitdagende, goedgeskrewe sin het die mag om jou dadelik mee te voer of nuuskierig genoeg te maak om aan te lees.

Ek het nog altyd van misdaadriller gehou en om dit uit te balanseer, ook ’n bietjie romanse. En moenie ’n woord teen hierdie genre sê nie, want dit is die mees gewilde genre. Ek lees egter alles van historiese fiksie tot literêre dramas. Ek hou so baie van lees dat ek alles wat ek lees op Instagram deel. Volg gerus @doesmybooklooksmart

Circus Of Wonders deur Elizabeth Macneal. In 1886 sluit Nell by ’n frats sirkus aan as ‘luiperd meisie’ en word dadelik bekend in stede daarvan om geïgnoreer te word. Hier vind sy ’n gemeenskap, familie en liefde, maar kan dit hou? Hierdie is ’n lekkervoel boek!

The Maid deur Nita Prose. Hierdie eerse boek is vir aanhangers van Eleanor Oliphant Is Completely Fine. Die liewe, maar naïewe Molly is ’n skoonmaker by ’n vyfster hotel in Londen en kom dan op die lyk van ’n gereelde ryk gas af en word dan die hoofverdagte in die moordsaak.

The Paris Apartment deur Lucy Foley. Ek is mal oor ’n geslote kamer misterie en Luca Foley voer dit briljant uit. In hierdie een word ’n man vermis, en dit word aanvaar dat hy dood is. Die enigste mense wat egter kan weet of betrokke kan wees is die grillerige bure in sy mooi woonstelgebou in Parys. 

Malibu Rising deur Taylor Jenkins Reed. Taylor Jenkins Reed is ’n vuurwarm naam in kontemporêre Amerikaanse fiksie. Haar nuwe boek ontvou een mal aand in Malibu in die laat tagtigs. As jy hou van stories van ‘Ou Hollywood’ sal jy gaande oor die een (en haar ander boeke) ook wees.

 Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel is ‘n outeur en haar nuuste boek, Floreer, handel oor veerkragtigheid.

Ek glo nie in boek-snobisme nie. Elkeen moet lees wat vir hom of haar plesier verskaf, en dit geld ook vir kinders. Dus, lekker lees op Wêreldboekedag op 23 April, wat ook al jou voorkeur genre!

 ‘n Boek oor ma-wees en vrou-wees wat jou by tye winduit laat, want nie almal is gebore ma’s wat swymel oor rooswang babatjies nie. Maar hoe hanteer mens dinge soos nageboortelike depressie en die samelewing se verwagtinge van jou as ma en vrou? Die boek laat my ook weer besef hoe mooi Afrikaans in vaardige hande kan wees.

Dit is ’n heerlike misdaadverhaal wat afspeel in die Klein-Karoo waar tannie Maria, die plaaslike koerant se troostante en bobaaskok, nie net die dorp se probleme help oplos nie, maar sommer ook ’n moord of twee. Dis ’n heerlike storie met ’n klomp unieke, eg Suid-Afrikaanse karakters, kos wat jou mond laat water en misdaadraaisels in die styl van Agatha Christie.

As ek twee misdaadromans kan uitsonder waaraan ek besonder lekker gelees het, is dit: Roofdier deur Marie Lotz en Die Waarde van Stil Bure deur Zelda Bezuidenhout. Albei is  whodunnits wat jou enduit aan die raai hou en interessante nuwe storielyne verken.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Heike Haward werk-lewe balans
10 werk-/lewe balanswenke vir ma’s
error: Content is protected !!