Ilse Klink
Ilse Klink
Foto: Jo Spies

Ilse Klink, opgewonde oor haar nuwe rol en die nuwe generasie akteurs

Bekroonde aktrise Ilse Klink gesels met Stylvol oor haar nuwe rol as Shireen in Skermerdans, sterk vroulike rolle en die nuwe generasie akteurs wat haar met hoop vul. Deur Suzanne Kotzé

Dink jy aan Ilse Klink is daar nie een spesifieke rol of gesig wat na vore kom nie; dit is asof jy tegelyketyd dink aan Diona van Stroomop, Evelyn van Fynskrif of Dorothy van Arendsvlei. Die veelsydige aktrise is gewoond daaraan om sterker vroulike rolle te vertolk. 

“Ek dink sterk vroulike rolle kom natuurlik in Suid-Afrika, omdat ons ’n kultuur het van sterk vroue.

Daar is ’n inherente beweging daarnatoe,” vertel Ilse nadat ons begin gesels oor vroue wat in internasionale reeks deesdae as sterker hoofrolle uitgebeeld word. Tog is sy in haar nuwe rol van Shireen in Skemerdans meer weerloos en minder sterk as die rolle waaraan sy die afgelope ruk gewoond was. 

Ilse Klink as Skemerdans se Shireen

As jy nog nie Skemerdans begin kyk het nie, sit tyd (baie tyd) opsy; wees gewaarsku, jy gaan so nuuskierig wees, jy gaan wil ‘binge’. Dit is beskikbaar op Showmax

“Ek is ongelooflik trots om deel te kan wees van die Skemerdans-produksie. Dit voel regtig in lyn met internasionale standaarde,” vertel Ilse trots.  “Die hele Film Noir-effek (wat bydra tot ’n gedrae gevoel van spanning en afwagting) het ons bereik deur slegs tussen sonsopkoms en -ondergang te skiet. Glad nie deur die dag nie,” sê sy. 

In Skemerdans vertolk Ilse die rol van Shireen Fortune. Sy en haar man, Glenn Fortune, (Kevin Smith) bestuur ’n eens ikoniese jazzklub, The Oasis (wat Kapenaars dalk sal herken as Club Galaxy). Terwyl Ilse vasgevang is in haar huwelik, sukkel die klub ook om te bly voortbestaan. Vele intriges, skuld, ’n moord, familie-dramas, ’n kriminele sindikaat en erf-stories later word Shireen geforseer om tussen haar dogter en geld te kies.

“By tye was dit verwarrend om Shireen te vertolk, want sy kies nie altyd dit wat jy verwag nie,” vertel Ilse. 

“Een van ons Skemerdans-redakteurs het tydens die hersieningsproses opgemerk dat daar beslis mense is wat inspirasie gaan kry uit ons rolle. Wat hulself raaksien in sommige karakters se omstandighede. Wat dalk dink ‘my situasie is ook so, of min of meer so; as sy dit kan doen kan ek dit ook doen’. 

Wat Ilse Klink by Shireen Fortune geleer het?

  • Fokus daarop om jou eie persoon te bly
  • Hou jou eie wêreld lewendig
  • Hê jou eie vriende
  • Probeer selfstandig wees 

As observasionele bystander (ek is nooit self getroud nie) het ek al baie gesien hoe vroue oor moet begin en dan ewe skielik niks het nie. 

Ilse Klink oor die nuwe generasie akteurs

“Die generasie jong akteurs is baie goeie akteurs. Hulle verskuif grense en is baie meer natuurlik. Hulle is meer uitgesproke en dapper. Hulle is nie bang om hulle sê te sê nie en dit veroorsaak dat die produksie meer van ’n samewerking word tussen almal,” vertel Ilse. 

“Ek is mal daaroor om met jonger mense te werk en dit is beslis asof veral die bruin en swart akteurs na 1994 meer vry is en voel ,en dit is beautiful om te sien.” 

Ilse (wat eintlik Engelssprekend is, maar vlot tweetalig is na haar studies in Pretoria) sê dat baie van die jong akteurs egter nie meer Afrikaans wil praat nie. “Ek wil hulle graag aanmoedig om aan te hou Afrikaans praat. Hou aan Afrikaans praat, dit is deel van ons herkoms.”

Ilse se raad vir jong akteurs

’n Side-hustle is belangrik

“Hê ‘n side-hustle. Na die pandemie het ons geleer dat mens nie net op TV produksies of teater kan staatmaak nie. Maak tyd vir ander belangstellings ook. Belangstellings waaruit jy dalk ekstra geld ook kan maak. Ons moet ons eie werk kan skep.” 

Behou jou integriteit, selfs op Instagram

“Dankie tog ek hoef nie in die wêreld van Instagram famous mee te ding nie,” vertel Ilse. “Daar is soveel briljante jong aktrises wat dalk nie ’n groot Instagram following het nie, en dan word iemand bo hulle gekies omdat hulle baie followers het. Dit is deesdae nie net meer jou talent as aktrise wat tel nie. Baie van die jonger akteurs of aktrises probeer alles om meer followers te kry. Maar moenie jou klere op Instagram uittrek om followers by te kry nie. Behou jou integriteit. Wees true to yourself. Probeer eerder aan ’n manier dink om followers te kry terwyl jy steeds jou integriteit behou. 

Hou jou voete plat op die aarde

Om famous te wees is ‘n groot ding. Maak seker jou voete is altyd plat op die aarde. 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
perfeksie
Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan en eerder Wabi-Sabi toe te pas
error: Content is protected !!