Diaan Lawrenson
Diaan Lawrenson

Diaan Lawrenson: wenke oor vrouwees vir my dogter

Diaan Lawrenson deel vrouwees-wenke vir haar dogter. “Om ’n dogter groot te maak wat nie ’n ‘wallflower’ is nie, is uitdagend. ’n Onafhanklike dogter met ’n persoonlikheid so groot en blink soos die son.” Deur Diaan Lawrenson

’n Dogter met ’n hart wat die dieptes van valleie en die hoogtes van die hoogste bergpieke kan omhels- sommer daarin swem of klim ook. ’n Dogtertjie wat alreeds grootmens kompleksiteite kan verstaan maar steeds vasgevang is in ’n elfjarige lyfie. ’n Dogtertjie wat alles en almal aanvaar en kan aanvoel. ’n Dogtertjie wat nie wegskram van pyn nie, wat blydskap kan deel, wat stoute grappies kan maak en saam op die maat van die lewe dans. Ek dink baie aan wat ek die graagste vir hierdie sproetgesig ‘force of nature’ wil leer- óf ek haar enigiets kan leer.

Ek dink baie aan haar lewe vorentoe, wie sy gaan wees, wie haar hart gaan breek, wat sy gaan doen, sal sy naby my bly as die wêreld oopgevlek voor haar lê, wanneer geleenthede wink en haar nader roep. Sal sy steeds na my soek? Vir ’n drukkie, of ‘’n liefie, of ’n geselsie of ’n bemoedighende woord. Sal sy steeds snags in my bed kruip en my styf vashou. Ek hoop so.

Diaan Lawrenson: vrouwees-wenke vir my dogter

Al wat ons kan doen is om ons dogters sterk groot te maak. Buigsaam, veerkragtig, empaties, vreesloos, liefdevol en eiesoortig, uniek in hulleself, haarself.

As ek dink aan die belangrikste woorde vir my dogtertjie sal dit seker so iets wees:

  1. Wees sag met jouself. Wees eerstens lief vir jouself. Diepste. Hieruit blom onvoorwaardelike liefde vir ander.
  2. Maar moenie te sag wees nie. Die lewe se uitdagings is soms onophoudelik wat nerwe van staal benodig. Glo in jouself al is daar niemand anders nie.
  3. Fokus op dit wat binne jou beheer is; jou gedagtes en jou aksies
  4. Probeer soveel keer as moontlik lag in ’n dag. Dit hou jou mooi en maer. Mense en geleenthede is aangetrokke tot positiwiteit.
  5. Soos my Ma altyd sê: “Moenie jou dae wegwens nie.” Lewe elke dag voluit, ‘no regrets’, al maak jy foute. Neem besluite en neem verantwoordelikheid vir daai besluite en maak môre se besluite beter.
  6. Moet nooit terugstaan vir enigiemand nie. Niemand nie.
  7. As iets jou bang maak, doen dit.
  8. Wees altyd ’n probleemoplosser.
  9. Dit neem net een mens om verandering te bring. Daai een mens is jy.
  10. Vroue is merkwaardig. Jy kan enigiets doen.

En onthou, ek is jou hawe. As Mamma, as vrou, sal ek altyd hier wees vir jou.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Carmen Niehaus
Carmen Niehaus se gesonder ontbytresepte uit Lekker & Goed
error: Content is protected !!