Hierdie Thoclor Labs GF2 Skin Rejuvenation wondersproei gebruik ons op byna alles, van insekbyte tot seerplekkies, sonbrand en ekseem. Lees meer oor die wondersproei en hoe ons dit graag gebruik. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze
Wat is die Thoclor Labs GF2 Skin Rejuvenation Spray?
Dit is ’n anti-inflammatoriese en anti-bakteriële sproei wat beloof om die effek van omgewings-besoedeling op jou vel terug te draai. Boonop word dit gebruik op pasiënte wat sukkel met aknee, rosacea en ekseem. Dit hidreer jou vel en verminder enige inflammasie op sensitiewe velle. Gebruik gerus ook na sonbrand of chemiese velbehandelings om inflammasie te verminder. Koop dit hier.
Hoe gebruik ek die wondersproei?
Justine:
Ons het onlangs vir ’n naweek vol son, see en swem weggebreek en ek is so dankbaar ek het hierdie wondersproei ingepak. Ek het dit langs die swembad gebruik oor my gesig om af te koel en verfris. Daarna het ek dit op my hele gesin se effens-songebrande lywe (en die kleintjies se gesiggies) gespuit, dit het dadelik almal se rooiheid verminder en velletjies gestreel.
My kinders sukkel met ekseem in die voue van hul armpies, en natuurlik het die swem en son het dit net vererger, ’n paar spuite van die Thoclor Labs GF2 en die gejeuk en gekrap het heelwat verminder.
Ek sukkel ook hierdie tyd van die jaar met hooikoors en oë wat vreeslik jeuk, ek het sommer besluit om die sproei in my oë te spuit. Ek kon dit nie glo nie, die vreeslike gejeuk was binne ’n paar minute verby.
Ek gebruik dit nou natuurlik op alles, selfs nadat ek gedraf het om my bloedrooi gesig af te koel en rooiheid te verminder voordat ek grimering aanwend.
Suzanne
Ek het hierdie sproei die eerste keer ’n paar jaar gelede ontdek en toe daaroor geskryf dat dit vir my soos ’n wondersproei is. Dit het my herinner aan die pa in “My Big Fat Greek Wedding” wat Windex-ruitskoonmaker op alles gespuit het, van puisies tot ’n uitslag. Ek spuit dit in my oë as dit krapperig voel, in my mond en op my vel.
Ek het een keer ’n groot rooi merk op my arm gewaar en dadelik Thoclor aangespuit en dit het weggegaan. My seuntjie het dieselfde rooi merk gehad en syne het al hoe erger geword. Ek het nie daaraan gedink dat ons dieselfde oorsaak kan hê nie en nie die sproei op hom gebruik nie. Toe ons uiteindelik by die dermatoloog kom (nadat ek en sy dokter-pa oortuig was hy het ’n vreeslike velsiekte) hoor ons dit is toe al die tyd ’n omloop! Aarde sluk my in. Pleks dat ek eerder die Thoclor en ’n anti-swam salfie op hom probeer het, voordat ons die dermatoloog besoek het.
Lees ook: Micellar water verduidelik; drie van ons gunstelinge