Winterskoenstyle op ons kooplysie

Hierdie winterskoenstyle het behoorlik gepronk op internasionale loopplanke en is voorspel om winter 2024 se gewildste winterskoene te wees. Ons deel 9 winterskoenstyle plus ons het die soekwerk gedoen sodat jy nie hoef nie (jy’s welkom!).  Hier is ’n totaal van 34 winterskoene wat tans in die winkels en aanlyn beskibaar is. Deur Justine Kroes

03/05/2024

1. Puntskoene

Mango Pointed Toe Leather Shoes (R2299)

Of dit nou plat is of ’n effense hakkie het (kitten heels), is puntskoene een van die seisoen se moet-hê winterskoenstyle. Ons verstaan natuurlik hoekom – dit pas in by die “ultra feminine” (ultra-vroulike) modetrend en is ’n vleiende skoenvorm vir die meeste voete. Die voorpunt skep die illusie van ’n verlengde voet en langer been wat ’n verslankende effek het.

Kies een in ’n skakering wat by die meeste klere in jou klerekas gaan pas, of wees braaf en probeer die “tikkie rooi” modetendens en kies ’n rooi paar!

Mango Leather Heeled Slingback Shoes with Buckles (R2 999)
Mr Price Slingback Pump (R169,99)
Mango Kitten Heel Shoes (R1 199)

2. Denimskoene

Mango High Heeled Denim Shoes (R1 199)

Ja, jy het reg gehoor, denimskoene! Soos jy seker al teen die tyd weet, is enigiets denim groot nuus in die modewêreld – nog beter as jy denim van kop tot tone dra.

Loer hier na ’n paar mooi denim skoenopsies:

Cotton On Amy Round Ballet Denim (R499)
Luella Denim Shuffle Boot (R1 299)
Luella Diamante Denim Slingback Heels (R899)

3. Loafers

Mango Track Sole Moccasin (R1 599)

By ’n onlangse damesaand en ’n gesprek oor “loafers” was daar ’n duidelike 50/50 verdeling oor die wat van hierdie skoenstyl hou en graag dra, en die ander helfte wat glad nie daarvan hou nie. In ’n baie insiggewende analise oor hierdie skoenstyl het vroue gedeel dat party van hulle van die meer bonkige loafer-styl hou en ander weer ’n meer vroulike of minimalistiese weergawe.

Loer hier vir ’n paar opsies:

Luella Tassel Loafers (R799)
Country Road Dahlia Loafer (R1 299)
Zara Soft Leather Loafers with Buckle (R1 199)

4. Metaalkleurige skoene

Mango Leather Boots with Kitten Heels (R2 299)

Silwer is steeds gewild in modekringe en so ook natuurlik silwer skoene. Maak nie saak of dit silwer stewels, ballet pumps, tekkies of puntskoene is nie.

Oor die afgelope tyd is selfs ander metaalskakering skoenstyle gewild – van goud tot sagte roosgoud metaalkeure.

Mango Metallic Ballerinas (R1 299)

Kyk net hoe mooi is hierdie metaalkleure vir jou voete:

Country Road Sylvie Derbie (R1 599)
Poetry Valerie Western Boot (R1 999)
Mango Metallic Lace-up Sneakers (R1 299)

5. Deursigtige mesh skoene

Zara Mesh Mary-Janes (R899)

Deursigtige “mesh” of gaasskoene is tans volop. Van ballerinaskoene tot hakskoene – bang vir koue voete? G’n plobleem dra ’n paar gekleurde sokkies daarby om ’n behoorlike mode stelling te maak.

Kyk net hoe mooi:

Cotton On Amy Round Mary Jane Ballet Shoes (R499)
Mango Ballerinas with Mesh Bracelet (R1 299)
Mango Rhinestone Ballerinas (R1 299)

6. Gekleurde tekkies

Ons het onlangs ’n gunstelinge artikel gedeel oor hierdie helder skoenstyl, loer gerus hier.

Hier is ’n paar steeds op ons kooplysie:

Adidas Originals Womens Gazelle Bold Pink Sneaker (R2 199,95)
Puma Palermo Purple Orange Sneaker (R1 799,95)
Adidas Originals Women’s Gazelle Bold Blue Sneaker (R2 199,95)

7. Stewels

Elke winter is stewels natuurlik bo aan ons kooplysie – hierdie seisoen is dit die volgende stewel-style wat almal opgewonde het: Oor die knielengtes, die “slouchy” sagte stewel en natuurlik daardie unieke stewel met verskil. Hetsy dit nou ’n patroon is of ’n silwer stewel is – waag ’n slag en kies iets buitengewoon!

Woolworths Pointy Slouchy Long Boots (R999)
Zara Metallic Over The Knee Boots (R2 499)
Zara Leather Block Heel Gaitor Boots (R2 799)

8. Balletskoene

Ballerina skoene of ballet “pumps” is danksy die “balletcore” tendens die moet-hê skoen van die oomblik. Lees meer oor die balletcore trend, wat dit is en hoe om dit te dra hier.

Hier is ‘n paar pragtige ballerinastyl skoene:

Cotton On Gia Square Ballet (R399)
Woolworths Tie Up Mary Jane Pumps (R399)
Country Road Claudia Ballet 2.0 (R1 299)

9. Skoene met strikke

Zara High-Heel Slingback Shoes With Bow (R999)

As jy gereeld Stylvol se mode-artikels volg sal jy teen die tyd weet dat strikke op klere, in jou hare en ja selfs op jou skoene vanjaar ’n modieuse stelling maak.

Loer hier na ’n paar skoene met strikke op ons kooplysie:

Zara Heeled Mules With Bow (R899)
Mango Bow Heeled Denim Shoes (R1 199)
Mango Bow Leather Shoes (R1 599)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 Blazers op ons winter/herfs wenslysie
error: Content is protected !!