Ons assosieër Somer met buitekuier en luilekker middagetes wat so lank aanhou dat kersies aangesteek moet word, en oorskietkos later weer opgewarm moet word. Hier is die mooiste tafeldekgoed nou op ons wenslysie. Deur Suzanne Kotzé
Gebruik gerus meer kleur vir jou buitekuier-tafeldek
Die meeste van ons het dalk ’n meer neutrale kleurpalet in ons eetkamers, en gewoonlik dek ’n mens jou tafel om by jou dekor se kleurskema te pas. Buite is egter ’n ander storie. Hier kan jy na hartelus kleur en patrone gebruik wat jy nie noodwendig binne sou gebruik nie.
Vir wanneer die wind nie wil saamspeel nie
Dis so irriterend as jy jou tafel voor die tyd wil dek, en dan kom die wind op en wapper jou tafeldoek so dat alles weer omval. Tafeldoekgewiggies (veral vir Kapenaars) is so handig.

Blompot
’n Swaarder tipe blompot is ideaal vir buite. Sit gerus eerder groenigheid uit jou tuin in jou blompot as jy bang is blomme gaan verlep.

Plekmatjies
Plekmatjies beskerm nie net jou tafeldoek nie, maar gee ekstra tekstuur en interessantheid aan jou tafel. Jy kan dit natuurlik net so ook dek op ’n mooi houttafel.





Tafeldoeke
Kleurvolle tafeldoeke met ’n patroon skep nie net ’n prettige gevoel nie, maar steek ook potensiële vlekke beter weg as effekleurige tafeldoeke.


Ons is nie mal oor ’n plastiektafeldoek waaraan arms vaskleef nie, maar as jy ’n aparte tafel het waarop jy kos uitpak, is hierdie dalk ’n goeie plan (en dit is net te mooi om nie in te sluit nie).


Wenk: Ek gebruik dikwels ’n opslaan kamptafel om kos op uit te pak as ons baie mense is of baie kos het en gebruik dan ’n lang tafeldoek om die lelike tafel weg te steek.
Hou water of sap byderhand
Gegeurde water of ’n welkomdrankie waar gaste hulself kan help, terwyl jy dalk nog rondskarrel is altyd ’n goeie plan. ’n Groot glashouer werk ook wonderlik veral as daar ’n magdom kinders is wat altyd dors is. So hoef hulle nie die heeltyd te kom vra vir koeldrank of water nie, hulle kan hulself net help.

Hou jou slaai vars (en sonder vlieë)
Vir die lastige vlieë en om jou slaai vars te hou.


’n Mooi opdienbak


Steek kerse aan
Daar is niks soos flikkerende kerslig wat ’n heerlike atmosfeer gee nie. Glashouers om te keer dat die wind jou kerse uitwaai is ’n moet.


Hou drankies koud




Identifiseer jou drankie
Vermy “Is die my glas?” met drankie ‘merkers’.






