Slim planne met jou kind se kuns

Ouers, is jy ook al raadop met al jou kind se kunswerkies en pragtige tekeninge wat op elke liewe oppervlak in jou huis rondlê? In ’n poging om toonbanke klottervry te hou, druk jy die kunswerke in jou naaste kas, maar dit raak net elke dag meer. Ons ken hierdie gevoel en boonop wil ons (seker nes jy) ook ’n brandgevaar vermy! Hier is ses oulike planne vir jou kind se kuns, van uitstal tot stoorplekidees. Deur Justine Kroes

17/05/2024

1. Slim fotorame vir jou kind se kuns

Kyk net hoe slim is hierdie fotorame – ’n magnetiese deurtjie wat maklik oop en en toe maak, jy kan hiermee daagliks jou kind se kuns teen die muur verander. Die heel beste gedeelte is natuurlik die rekkie gedeelte agter laat jou toe om tot en met 150 A4 bladsye te stoor.

Kid’s Artwork Storage Frame (R549 Takealot)
PMC Jewellery Plastic Art Frames Magnetic Open Front (R689 35 x 24 x 4 cm)
Wood Rectangular Kids Artwork Storage Frame (R474 takealot) Black and white available

Akriel fotorame

Hierdie fotorame lyk modern en treffend en maak dit net so maklik om gereeld jou kind se kuns te ruil, skroef eenvoudig die voorkant los en vervang die prent, en skroef die boonste akriellagie weer terug.

Love Coco Acrylic Artwork Frames (Pryse wissel vanaf R227 afhangend van die grootte).
Love Coco Acrylic Artwork Frames (Pryse wissel vanaf R227 afhangend van die grootte).

Magnetiese fotorame

Foto: Pinterest

Vir nog ’n eenvoudige uitruilbare fotoraamidee – loer na hout magnetiese fotorame, jy knip jou kind se kunswerk tussen die twee houtrame in en hang dit op. Daar is verskeie oraloor beskikbaar – loer hier:

Magnetic Poster Hanger Frame for Prints or Photos (R249 takealot)
Oh Nice Magnetic Frames (R300)

2. Koffietafelboeke

Koffietafel boek deur Bumble Box

Hierdie is ’n opsie wat ons beslis gaan probeer – en The Bumble Box www.thebumblebox.co.za maak dit so eenvoudig.

Stap 1: The Bumble Box lewer ’n leë boks by jou huis af.

Foto: Bumble Box

Stap 2: Vul die boks met jou gunsteling kuns, briefies, notas, feitlik enige iets wat jy graag wil onthou.

Foto: Bumble Box

Stap 3: Die Bumble Bee-span met hul towerstaffies omskep ’n reuseboks vol kuns tot ’n pragtige (en kompakte) koffietafelboek.

Stap 4: Die boek (en oorspronklike kuns) word na jou toe teruggestuur en afgelewer. Werklik so maklik! (Jy kan kies of hulle die kuns moet terugstuur of nie)

Foto: Bumble Box

Loer hier na die verskeie opsies vanaf R1 900 vir ’n 30 bladsy boek tot R5 200 vir ’n 200 bladsy boek.

Artsybooks is nog ’n Suid-Afrikaanse maatskappy wat ’n soortgelyke diens verskaf – loer gerus hier:

Foto: Artsybooks
Foto: Artsybooks
Foto: Artsybooks

3. Skep ’n digitale versameling met jou kind se kuns

Dit mag dalk soos baie moeite klink – maar dit hoef nie te wees nie. Skep ’n aanlyn (dink aan jou huis – klottervry!) versameling van jou kind se kuns. Doen dit so:

Stap 1: vind ’n aanlynstoorplek:

Hoe of waar ookal jy aanlyn belangrike dokumente en fotos stoor, hetsy dit op die “cloud” of jou eenvoudige “Google-drive” is.

Stap 2: Gee dit ’n naam:

Skep ’n “folder” vir elke kind, daarin weer ’n “folder” vir elke jaar. 

Stap 3: Skandeer, of selfs makliker, neem fotos van kunswerke, projekte, rapporte, en sertifikate. En laai dit eenvoudig in elke “folder”

Wenk: Hou ’n krat (in ’n kas wat kan toetrek) en plaas al jou kind se belangrike kunswerke, rapporte en sertifikate hierin. Neem dan een keer per maand tyd om behoorlik hierdeur te sorteer en fotos af te neem. Laai dan fotos op jou digitale versameling.

Om een keer per maand hierdie aan te pak mag dalk net vir jou minder oorweldigend voel.

Doen Dit Self Planne:

4. Knip dit vas

Hierdie lyk na ’n eenvoudige doen dit self uitstal plan. Gebruik twee tot drie (dun) houtplanke en maak dit onder mekaar teen die muur vas. Maak seker daar is genoeg spasie tussen die planke vir ’n kunswerk. Gebruik dan “clamps” en spyker of gom hierdie teen die hout vas. Siedaar – ’n maklike manier om jou kind se kunswerk uit te stal – sommer so ’n klompie langs mekaar.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

5. Herwin ou rame

Kyk hoe vrolik lyk hierdie gallerymuur met ou rame.

Foto: Pinterest

Gebruik verskillende groottes en vorms rame en verwyder die glas en agterkant van die rame.

Besluit op ’n kleurskakering en verf al die rame dieselfde kleur. Of verskillende kleure wat ookal die beste werk in jou spasie.

Hang nou die rame met ’n gallerymuur effek in gedagte teen die muur op (die agterkant van die muur sal wys).

Foto: Pinterest

En plak dan jou kind se kuns in elke raam teen die muur vas.

6. Rame muurplakkers

Foto: Pinterest

Hierdie is ’n wonderlike idee vir ’n fokusarea in ’n speelkamer. Plak die “rame” muurplakkers op en plak jou kind se kunswerk binne die rame. Nog ’n manier om gereeld kuns te vervang.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Gasvrougeskenke, hier’s 30 idees:
error: Content is protected !!