Wenke vir ’n glansende vel

Gesonde, jeugdige-glansende vel is op die meeste van ons se wenslysie wanneer dit by ons veltekstuur kom. Namate ons ouer raak, verdwyn daardie jeugdige glansende vel – en baie van ons sukkel met ’n dowwe gelaat, meestal as gevolg van die vel se verminderde vogvlakke en stadiger velvernuwing. Hier is 5 leefstylwenke vir ’n glansende vel en daarby Clarins se moet-hê ‘glansrome’ in jou 40’s, 50’s en 60’s. Deur Justine Kroes

01/07/2022

Promosie

5 Leefstyl wenke vir ’n glansende vel

Ons verwonder ons altyd aan Jody Bunkell – Clarins se kommunikasiebestuurder – se kundige manier van produk informasie verduidelik en haar gawe om handige wenke te deel oor velsorg en leefstyl. Jody deel haar 5 top leefstylwenke vir ’n glansende vel met Stylvol:

1. Afskilfering

Eerstens is dit altyd belangrik om jou vel goed af te skilfer, dit sal jou vel se natuurlike glans verbeter. Kies ’n ensiemafskilferaar wat ’n dieper uitwerking het op die vel. Of selfs ’n fisiese afskilferaar wat dan meer gereeld gebruik moet word omdat dit nie op dieper lae van die vel werk nie. Dit is ook belangrik om versigtig te wees met ’n fisiese afskilferaar om sodoende nie die vel te irriteer of die boonste lagie van jou vel te beskadig nie.

2. Hidrasie

Hidreer daagliks jou vel – van binne en buite. ’n Serum is ’n moet om by jou daaglikse velsorgroetiene in te sluit om hidrasievlakke te beheer. Daarby is dit ook baie belangrik om genoeg water daagliks in te neem.

3. Kry genoeg slaap

Kry genoeg slaap – hierdie is noodsaaklik, ’n moeë lyf en liggaam wys op jou vel. Moet nooit die waarde van ’n aand se goeie nagrus onderskat nie.

4. Oefening is belangrik

Om oefening by jou daaglikse roetine in te sluit maak ’n reuse verskil, nie net aan jou vel nie maar jy sal meer energiek voel, en wanneer daardie endorfiene inskop, sal jy gelukkiger voel met jouself en die wêreld rondom jou.

5. Beskerm teen uv-strale

Beskerm jou vel met ’n “city screen” dit beteken ’n sonskerm wat teen besoedeling en UV strale wat reflekteer beskerm.

Die serum vir elke ouderdom

Clarins Double Serum (R1450 vir 50ml)

Clarins se kragtigste teenverouderingsformule is die Clarins Double Serum. Hierdie serum met twee serums in een bevat 21 plantekstrakte en bied ’n fermer vel met versagde plooie, ’n helderder gelaat met porieë wat minder sigbaar voorkom daarby. G’n wonder daar word elke vyf sekondes ’n botteltjie van Clarins se ikoniese Double Serum wêreldwyd verkoop nie!

Clarins se Double Serum stimuleer die 5 belangrike vel funksies vir ’n onmiddelike jeugdiger voorkoms.

“Om die Clarins Double serum in samewerking met ’n Clarins glansroom te gebruik, verbeter die doeltreffendheid van hierdie rome om die effek van teenveroudering oor alle ouderdomsgroepe te versterk.”

Jody Bunkell

Kies ’n glansroom volgens ouderdom:

Vir jou 40’s

Clarins Extra-Firming Energy Radiance-boosting wrinkle-control day cream (R1150)

Die room is ideaal vir vroue in hul 40’s wat op soek is na ’n gesigroom net so energiek soos hulle. Die room bevat Clarins laboratoriums se unieke Glow Plus Complex wat fermer, glansende vel vol energie beloof.

Die samestelling van van vrugte-ekstrakte;

Organiese goji bessie; stimuleer energie.

acerola saad ekstrak; besorg glans terug aan die vel.

Organiese appelkoosolie; voed jou vel terwyl;

’n Knypie paprika; sorg vir ’n meer stralende veltekstuur.

Die room bevat ligreflekteerende pêrels vir daardie ekstra tikkie glans.

Vir jou 50’s

Clarins Rose Radiance Cream Super Restorative Rose Radiance Cream (R1750)

Spesiaal saamgestel vir vroue in hul 50’s – is dit hierdie “glow”-room se doel om daardie rooskleurige glans aan jou vel terug te besorg, die noukeurig uitgesoekte bestanddele sluit in;

Hibiscus sabdariffa blomekstrak se sure word gebruik om sagkens vel af te skilfer wat selvernuwing aanhits. Die eindresultaat – ’n sagter en fyner veltekstuur.

Hierdie rooskleurige room beloof verder ’n eweredige veltekstuur met behulp van vitamien C wat dag na dag die voorkoms van donker vlekke en pigmentasie sal verminder. Die subtiele pienk/roos skakering gee ’n onmiddelike glansende effek wat verder die voorkoms van foutlose glansende vel versterk.

Hierdie room bevat boonop Clarins se “anti-pollution” kompleks wat verder die vel beskerm teen omgewingsbesoedeling.

Vir jou 60’s

Clarins Nutri-Lumière Revive Skin tone enhancing, revitalizing and firming day cream (R2095)

Hierdie Clarins Nutri-Lumière Revive bevat agt organiese plantekstrakte vir ’n plomper en meer soepel gelaat met die voorkoms van versagde plooie daarby:

Kaki ekstrak; verminder die effek van glykasie wat daardie gelerige gelaatskleur veroorsaak in ouer velle.

Organiese wildekastaiingblom; aktiveer die vel se mikro-nutrientenetwerk.

Wakame ekstrak; versterk en beskerm die vel.

Galambotter en jojoba olie; bevorder velsoepelheid

Organiese harungana ekstrak; ondersteun die produksie van kollageen (wat afneem namate ons ouer raak) vir ’n voller, fermer vel.

Organiese “leaf of life” ekstrak; stimuleer die vel se natuurlike hidrasieproses.

Organiese dadelekstrak; moedig ’n eweredige veltoon en tekstuur aan

Organiese hawermoutsuikers; bied voordele vir ’n fermer vel.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
pruike
Kies so jou pruik
error: Content is protected !!