spasie
spasie

Wenke vir klein spasies en afskaal

Die ‘tiny home’-tendens is ook besig om in Suid-Afrika pos te vat, en hier is wenke vir klein spasies en afskaal. Ons gesels met met die regisseur van die nuwe leefstylprogram, Spasie, wat fokus op hoe klein ruimtes in asemrowende wonings omskep kan word. Deur Suzanne Kotzé

Meer oor Spasie 

Die inspirasie vir die program het gekom van ’n gesin wat tydens grendeltyd met hulle vier kinders in ’n bus gaan woon het. “Die reeks het uit daardie idee gegroei en nou wys ons verskeie mense in Suid-Afrika wat só lewe.”

“Ons wys hoe klein spasies slim gebruik word en hoe mense wat afskaal hulle lewenswyse aangepas het juis deur met minder te lewe,” sê die regisseur, Elmi de Pauw. “Daar is heelwat mense wat die sogenaamde tiny home-tendens in Suid-Afrika aangegryp het, en ons het hulle gaan soek.”

Spasie is ingestel op die filosofie van ligter en met minder lewe. Soos een van ons huisbewoners sê: ‘Jy moet innerlik afskaal om uiterlik kleiner te lewe’. Die program gee ook praktiese inligting oor die wat en hoe.”

Spasie is te sien op Donderdae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144

Elmi se wenke vir klein spasies

Ons het Elmi gevra wat die beste lesse is wat sy geleer het tydens die program

1. Jy moet eers innerlik ook afskaal

Jayden, wat saam met sy vrou en twee kinders in ’n klein huisie bly wat hy self gebou het in die Paarl, het iets baie moois gesê:

’n Mens sal nie uiterlik kan afskaal en klein lewe as jy nie ook aan jou innerlike werk en afskaal nie. Dit laat ’n mens nogal dink.

2. Alles wat jy self wil doen neem langer

Jasmin het self haar paneelwa omskep in ’n mobiele bus

Jasmine, wat besig is om haar paneelwa in ’n mobiele bus te omskep het hierdie les geleer. Sy kyk al vir jare lank na paneelwa-omskeppings, maar het dit moeilik gevind om in Suid-Afrika die produkte te kry wat sy benodig. Dit het haar ’n volle 102 dae geneem om haar paneelwa te omskep.

3. Begin net

Marisa en Karla se piepklein huisie, regs.

Marisa en Karla wat in Rosendal in ’n super-piepklein huisie bly, het ook ’n goeie wenk. “’n Mens hoef nie te wag tot alles klaar, of reg, of jy genoeg geld het nie, jy moet net begin en dit doen.” Hulle huisie en minimalistiese leefstyl is iets waaraan hulle sal aanhou werk.

4. Stoorplek is nodig

Debbie in Rosendal vertel ons dat almal ’n stoorplekkie het, mens kan nie klein lewe sonder ‘n stoorplekkie iewers nie. Hulle het ’n wendy house waar sy al haar gereedskap bêre.

5. Skep slim bêreplekkies

Jaco van Gordonsbaai glo dat jy baie slim en oulike bêreplekkies kan skep wat weggesteek is in ’n klein huisie. Hy geniet dit vreeslik om klein te lewe: “Almal is bymekaar en gesels.” Hy sal nooit weer groot gaan in ’n huis met ’n klomp leë kamers nie, sê hy.  

Lees ook: Skep orde met ORDEN se regpakwenke

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Sukkel jy met jou groen vingers? Hier’s hulp vir jou huisplante
error: Content is protected !!