9 Wenke vir jou ingangsportaal

Het jy geweet jou ingangsportaal skep die eerste indruk van jou huis? Is joune ook propvol klotter omdat dit almal se “neergooi” plek is? Ons het vir die dekorkenners van The Home Collective raad gevra en na ’n paar oulike oplossings gekyk. Hier is 9 wenke en stoorplek-idees vir ’n netjiese en ook mooi ingangsportaal. Deur Justine Kroes

02/02/2024

9 Wenke vir jou ingangsportaal

1. ’n Tafel vir ’n welkom gevoel

’n Nou of klein tafeltjie by jou voordeur skep ’n warm en welkom gevoel, dit bied ’n spasie waar jy ’n vinnige asem kan skep en jou handsak en sleutels kan neerlê of gryp indien jy op pad uit is. Die tafel kan natuurlik ook versier word met dekorelemente soos plante, blomme of dalk foto’s van jou gesin. Hierdie elemente skep die eerste indruk van die styl of gevoel van jou huis.

Sugarapple Oak Look Entrance Table Open Console (R4 000)
Kingston Sideboard Sixth Floor (R8 999 Superbalist)
Click Furniture Charlotte Sideboard (R1 950)
Popstrukt Media Unit (Vanaf (R4999)
Leroy Merlin Entrance Hall Table Black (R3 199)
Acre Studio Simple Server with Shelf (R7 340)

2. Skep ’n fokuspunt

Heloise Sykes Louw van The Home Collective verduidelik “met ’n mooi groot spieël of kunswerk kan jy ’n interessante fokuspunt in die area skep”. Die refleksie van ’n spieël bied nie net ’n visuele belangstelling nie, die lig reflekteer hierin wat die spasie groter en oper sal laat voel.

Woolworths Pill Mirror (R1 499)

Pssst, ons gebruik dit graag om ons lipstiffie aan te wend as ons haastig op pad uit is!

Coal interiors Arch Mirror (R2 050)
Knus Riley Round Mirror (R3 590)
Coal Interiors Sunrise Mirror (R2 900)

3. ’n Lamp of lig

Baie mense se ingangsportaal is donker, ’n gloeiende lamp op die tafel se lig skep diepte in die vertrek en ’n welkom gevoel van warmte.

Arrange Studio Sunset Paradise Lamp (R6 800)
Acre Studio Fluit Lamp (R6 710)

4. Eenvoudige stoorplek

Geweefde mandjies onder die tafel is die perfekte oplossing vir klotter wat almal by jou voordeurarea laat rondstaan, is The Home Collective se raad.

Sixth Floor Seagrass Storage Baskets Set of 3 (R799)
Sixth Floor Combo Belly Basket Beige & White (R599)

5. ’n Houer vir sleutels

Dit is dalk ’n goeie idee om ’n houer, of bakkie vir jou huis of motorsleutels op die tafel in jou ingangsportaal te hê. Met hierdie handige truuk maak jy seker dat almal hul sleutels op een plek stoor en dat almal nie rondhardloop agter die soek van sleutels aan nie.  Die geheim is natuurlik om dit ’n gewoonte te maak om jou sleutels in die eerste plek in die gegewe bakkie te bêre.

Sixth Floor Mango Wood Trinket Tray (R349)
Jonothan Adler Snake Valet Tray (R1 520)
Burgundy Collective Valet Tray (R500)

6. ’n Kapstok of hake teen die muur

’n Kapstok of hake teen die muur is ideaal vir jasse en sambrele ophang in die winter en hoede vir die somer. Dit is ook natuurlik die laaste ding wat jy sien voor jy by deur uitstap, so hopelik sal jy nie volgende keer vergeet om jou hoed te gryp nie.

Knus Pill Coat Stand (R4 120)
Decofurn Ed Coat Rack (R499)

As daar nie spasie is vir ’n kapstok nie, werk hakies teen die muur net so goed, boonop verdubbel dit as ’n dekorelement wat jou huis komplementeer.  Die hake teen die muur werk ook goed om jou inkopie- sakke of handsak op te hang.

Pedersen Lennard Montreal 5 Hook (R1 600)
Coal Interiors Peg Rail (R590)

7. ’n Bankie of rusplek

Foto; Rebekah the DIY Mom

Dit is dalk nie in Suid-Afrika die norm nie maar in lande waar dit baie koud is of baie reën is daar by die ingang van die voordeur ’n sitplek om ’n blaaskans te neem en jou skoene uit te trek na ’n lang dag. The Home Collective span sê hierdie tipe “mudroom” of modderkamers vir ’n ingangsportaal raak al hoe meer gewild. ’n Bankie en ’n mooi stoorplek vir vuil skoene kan dalk ook in jou ingangsportaal werk afhangend van spasie.

Elula Furniture Johann Bench (R3 299)
Houtlander Carver Bench (R6 950)

’n Skoenrakkie om jou vuil skoene te stoor onder die sitplek van die bankie sal versker dat jou vloere skoon bly. Ons hou van hierdie idee, veral vir die nat Kaapse winter wanneer modderbedekte skoene oral oor vuil trap.

Bamboo Shoe Rack Bench (R759)
Little Whitehouse Tom Tom Foyer Shoe Bench Charcoal (R3 150)
Knus Copper Two Tier Shoe Rack (R1 950) 

8. Onthou dekor reël van 3’s

The Home Collective span verduidelik om dekorstilering aan te pak op jou “console” oftewel ingangsportaaltafeltjie is dit belangrik om in “drie’s” te werk. Byvoorbeeld ’n mooi fokus lamp in die middel van die tafel, ’n stapel koffietafelboeke met ’n kleiner dekorelement bo op, en dan aan die ander kant ’n mooi keramiekpot of kerskandelare.

9. ’n Plant bring lewe

Die Home Collective se laaste en byna belangrikste wenk “Rond jou spasie af met ’n mooi plant of selfs blomme. Dit bring lewe na die spasie wat daar dalk voorheen nie was nie.”

Foto: The Home Collective

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sakpas lanterns
Mooiste sakpas lanterns
error: Content is protected !!