Haus Yukon Fur in Mocha
Haus Yukon Fur in Mocha

Snoesige winterkombersies vir jou leef-area

Hier is die mooiste snoesige winterkombersies vir fliekaande voor die TV of boeklees op die bank. Want opkrul en tuisbly is tog te lekker gedurende die winter. Deur Suzanne Kotzé

02/06/2023

Kies jou snoesige winterkombersies só

Kalinka Lombaard van The Home Collective gee raad.

Dit is goed om jou somer en winterkombersies uit te ruil, want die tekstuur en hitte van die seisoene is verskillend.

1. Die kleur moet komplementeer

Kyk mooi na hoe jou dekor in jou leefarea lyk en kies ’n komplementerende kleur. Jy kan dit óf neutraal hou óf ’n spatsel kleur inbring as jou kleurskema reeds neutraal is.

Haus Honeycomb Throw in Irish Cream (R2600, hertexhaus.co.za)
Haus Honeycomb Throw in Leaflet (R2600, hertexhaus.co.za)
Acrylic Waffle Throw R389
, Mr Price Home)

’n Kombersie is n goeie manier om ‘n tikkie kleur by jou dekor te voeg.

Country Road x St Albans Throw (R 3,999, Woolworths)

2. Patrone

As jy reeds patrone in jou dekor het, kies eerder kombersies sonder patrone. As jou dekor egter eenvoudig en sonder patrone is, kan patroonkombersies dit goed komplementeer.

Logan Waffle Coral Fleece Throw (R849, Woolworths)

3. Kies snoesige teksture vir die winter

Kies tekstuur soos gebreide wol, ‘faux fur’ of vliesstof.

Haus Yukon Fur in Mocha (R3500, hertexhaus.co.za)
Linen House Harry faux fur throw (R2200 Bespoke Home)
Chunky Knit Throw (R1199, Woolworths)
Haus Yukon Fur in Creamy (R3500, hertexhaus.co.za)
Luxury Faux Fur Ombre Stripe Blanket (R599, Mr Price Home)
W. Collection Decadence Faux Fur Throw  (R2,499. Woolworths)

4. ’n Mooi mandjie of stoorplek is ’n moet

Large seagrass storage basket – beige 35 x 25 cm (R299, superbalist)
Mia Melange Floor Basket – Liquorice
(R2150)

Sorg altyd dat jy ’n plek het om jou komberse te stoor sodat dit nie net onnet op jou bank rondlê nie.

As jou kombersies baie komplementered is tot jou dekor kan jy dit mooi netjies op jou bank of stoel stileer of vou.

5. Gee dit sonlig

Hang jou kombersies gereeld in die sonlig om van stof ontslae te raak. Onthou ook om gereeld jou mandjie uit te stof.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
27 Strand-items wat jy die vakansie nodig het
error: Content is protected !!