Wenke vir jou winter velsorgroetine

Ons gee so baie aandag aan hoe ons ons somerklerekaste omswaai na winter toe. Maar dieselfde hoeveelheid aandag word selde gegee aan ons winter velsorgroetine en hoe ons dit behoort aan te pas van somer na winter. Skin Fundi se Sonette Donker deel haar kundige velsorgraad en ons gee ‘n paar van ons eie wenke daarby. Deur Justine Kroes

20/05/2022

9 Wenke vir jou winter velsorgroetine

1. Meer vog!

Sonette verduidelik, “Jou vel het meer vog en ’n klein bietjie olie nodig tydens die kouer wintermaande. My voorstel is, kry vir jou ’n gesigolie wat jy in die aand voor jou serum en vogroom aanwend. Dit gaan voorkom dat jou vel uitdroog en sodoende ook enige velsensitiwiteit voorkom.

Gatineau Age-Benefiting Oil-Serum (R1650, Woolworths)
Nimue Hyaluronic Oil (R433, La Belle aanlynwinkel en uitgesoekte spa’s en winkels)

2. Verander jou reiniger

“Vervang jou skuimreiniger deur ’n gel- of roomreiniger. Of kry ’n skuimreiniger wat xylitol, gliserien en ureum bevat, dit sal jou vel se vogvlakke in stand hou en verbeter.

Exuviance Gentle Cleansing Creme (R654, SkinMiles)
Gatineau Thérapie Purete Micellar Milk Cleanser (R495, Woolworths)

3. Kies ‘n ryker vogroom

Kry vir jou ’n vogroom wat ’n rapsie ryker is as jou somervogroom. Jy het meer vog nodig in die winter as in die somer. Dit kan so maklik wees as om die cream/ balm eerder as lotion te kies van jou huidige velsorgreeks.

Instutut Esthederm Eau Cellulaire Melting Moisturzing Cream (R840, Dis-chem)

4. Gesigmasker meer gereeld

Gebruik ’n gesigmasker wat ryker is en baie vog bevat, ’n roommasker is die beste. Gebruik jou masker ten minste 3 keer ’n week of soms amper daagliks as jy voor die kaggel sit in die aand. Die vuur droog jou vel uit, en jou masker sit dadelik daardie vog terug, verduidelik Sonette. Ek slaap party aande met ‘n hidrerende gesigmasker aan – die volgende oggend voel my vel soepel en gehidreerd, sê Justine.

Lumi The Brightening Bomb Sheet Mask (R99, Lumi Glo)

5. Gesigsproei vir hidrasie

Kry ’n tonikum/essence wat jou vel bevogtig in (’n spuitbotteltjie werk lekker) en wend gereeld gedurende die dag aan om jou vel bevog te hou, is Sonette se raad.

NUXE Creme Fraiche Cream-In-Mist (R395, Woolworths)
Eau Thermale Avéne Thermal Spring Water (R249, Woolworths)

6. Serum is ’n moet

Sonette sê “Kry vir jou ’n lekker serum wat hialuroonsuur en niasienamied bevat wat jou vel sal bevog, rooiheid verminder en sensitiwiteit onder beheer sal bring.

7. Skilfer af!

Onthou om daardie dooie velle af te skilfer, is Justine se raad. Dooie velselletjies en geblokte porieë sal verhoed dat jou serum en vogroom goed absorbeer. ’n Chemiese afskilferaar werk vir my die beste. Probeer om meer gereeld tydens die wintermaande af te skilfer, maar wees versigtig as jy ’n sensitiewe vel het om dit nie te oordoen nie.

NeoStrata® Glycolic Renewal Serum (R860, Skinmiles)

8. Sonroom bly belangrik

Hou aan met jou sonroom! So baie van ons dink net omdat die son wegkruip, dit nie nodig is vir daardie lagie SBF nie. Onthou jou SBF beskerm teen UV strale wat selfs deur donker wolke kruip, is Justine se raad.

Heliocare Ultra 90 Gel SPF 50+
(R410, dermastore)

9. Vermy oormatige temperature

Vermy liefs daardie vuurwarm bad en stort, dit is moeilik, ons weet! Oormatige warm water temperature kan die vog uit jou vel laat syfer. Probeer dalk korter, louwarm storte, veral as jy sukkel met ’n droë wintervel.

Sluit produkte met die volgende bestanddele by jou winter velsorgroetine in:

Hialuroonsuur – Hidrerend.

Aalwynekstrak – Strelend, helend en hidrerend.

Panthenol – Helend en hidrerend.

Niacinamied – Anti-inflammatories, bevogtigend en hidrerend.

Gliserien – Hidrerend.

Ureum  – Voedsaam vir die vel (nie gepas vir olierige velle wat sukkel met aknee nie)

Xylitol – Voorkom dehidrasie.

Silikone – Beskerm die vel. Dink daaraan soos ’n beskermende lagie oor die vel.

Vitamien K – ‘n Helende vitamien, help jou sensitiewe vel tydens die winter.

Vitamien E – Voedsaam vir jou vel en is ’n vitamien vol anti oksidante.

Galambotter – Bevogtig en behou die sperfunksie van vel, ook ryk in vetsure en voedsame vitamiene.  

Komkommerkruidsaadolie – Verminder inflammasie in die vel.

Sonette is die eienaar van die bekende velsorgkliniek Skin iD in Johannesburg. Sonette het die vermoë om moeilike velkundige konsepte maklik verstaanbaar te maak en is beslis haar gawe – volg haar op Instagram hier en Facebook hier, glo ons met elke “post” leer selfs ons iets nuuts! Besoek ook Sonette se webtuiste www.skinfundi.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Simoné Pretorius
Simoné Pretorius se vinnige mooilyk-wenke
error: Content is protected !!