Hier is wegpakwenke en bêrehouers vir jou wintersklere, want na ’n lang, nat winter (in die Kaap) skyn die son uiteindelik weer en met lente in die lug is dit tyd om te ‘spring clean’. Dis tyd om die winterserpe en woljasse weg te pak om plek te maak vir somersrokke en swemklere. ’n Ou tas bo in die kas het jare gelede goed gewerk, maar deesdae is daar die oulikste houers beskikbaar. Deur Natascha Mostert van ORDEN.
2/09/2023
As huis-organiseerders pak ons hierdie wegpaktaak gereeld aan. Die meeste kliente sien eenvoudig net nie kans om die taak self aan te pak nie omdat hulle net nie weet hoe nie. Die sleutel tot sukses is om die regte houers te koop en so ’n volhoubare sisteem in plek te kry. Sonder ’n plan gaan jy oorweldig opeindig tussen ’n hoop klere.
Kies so jou bêrehouers
Begin so. Meet eerstens die spasie waarin jy die houer wil gebruik. ’n Houer wat jy bo in jou klerekas gaan bêre gaan anders lyk as ’n houer wat in die motorhuis gestoor gaan word. Kies houers wat jou spasie komplementeer, lugdig seël en goed op mekaar kan stapel. Onthou om die meeste van vertikale spasie te maak, so hou dus die hoogte van jou kasspasie ook in gedagte.
Bêrehouers vir die motorhuis of stoor
Funksie en bekostigbaarheid
As funksie en bekostigbaarheid jou grootste oorwegings is, is ons gunstelinge die Addis 110 liter Rough Tote of die Magyver 110 liter Black Storage Box. Ons verkies groot 110-liter houers vir die motorhuis omdat heelwat klere daarin pas, veral groot jasse wat baie plek opneem. Hierdie houers word van stewige swart plastiek gemaak en die wiele aan die onderkant maak dit maklik om houers rond te beweeg. Ons hou veral van hierdie houers met pers knippe!
Ons gebruik krytmerkers om aan die buitekant van hierdie swart plastiekhouers te skryf. Die krytpenne kom in verskillende kleure en kan op ’n later stadium weer afgevee word. Onthou om aan die mees sigbaarste kant te van die houer te skryf sodat jy die etiket maklik kan sien as die houers opmekaar gestapel is. Geel krytpenne werk besonder goed op swart houers omdat dit so sigbaar is – veral in ’n spasie waar daar nie goeie beligting is nie.
Voorkoms en kwaliteit
As voorkoms en kwaliteit jou grootste oorweging is en jy nie van ’n swart houer hou nie, dan stel ons die deursigtige 68.5L Addis Store N Guard Storage Box voor. Hierdie houers is perfek om tussen die huis en stoorareas te roteer. Die knippe is van uitstekende gehalte, van BPA-vriendelike plastiek gemaak en hou stof, vog en insekte uit. Die deursigtige plastiek maak dit ook maklik om te sien wat binne-in die houers is sonder om houers van mekaar af te haal.
As die Store N Guard Storage-reeks nie in jou begroting pas nie, kan jy gerus die Addis Clear Storage set (56L, 26L+ 11L) combo koop. Hierdie stel houers maak dit moontlik om klein en groot houers op mekaar te stapel en met twee stelle van hierdie houers gaan jy definitief vêr kom. Pak jasse en wintersklere in die 56-liter houers; lang stewels sal goed pas in die 26-liter houers en kleiner seisoenale items soos musse en serpe sal goed werk in die 11-liter houers.
Bêrehouers vir jou klerekas

Ons vind dat 32-liter deursigtige houers ideaal is vir meeste standaard klerekaste soos die 30L Addis Clearly Neat Storage Box. Vier van hierdie houers pas perfek in ’n standaard dubbeldeur 900 x 550mm dubbelkas.
As jy van ’n meer afgeronde voorkoms hou, is ons gunsteling houers vir sommer ALLES, die Venus. Hierdie houers het ’n minimalistiese voorkoms, kom in verskillende groottes en in ’n verskeidenheid kleure soos Taupe, Cool Grey, Sky Blue, Mint Green en wit voor. Hierdie houers het ’n deksel en hoewel dit mooi lyk, seël dit glad nie dig nie. Dit is dus glad nie geskik vir klam areas nie.
As jy ’n oplossing nodig het vir jou skoene, stel ons Addis se Women’s Shoe Boxes voor. Dit is uiters bekostigbaar, stapel goed op mekaar en seël ook lekker dig. Om klammigheid te absorbeer, plaas ’n laag sneespapier ook in die houer. Neem ’n foto van die paar skoene binne in elke houer en plak dit dan op die buitekant. So skep jy verseker ’n boetiek- voorkoms!
As jy plastiek wil vermy, is ’n materiaalsak ideaal. Daar is ’n groot verskeidenheid van hierdie sakke aanlyn beskikbaar. Ons verkies ’n omgewingsvriendelike materiaal wat waterdig is om reuke, vog en stof uit te hou. Let wel op die kwaliteit van die ritssluiters. Materiaalsakke is nie net geskik vir ekstra klere nie, maar ook om jou winterbeddegoed in weg te pak tot volgende seisoen.
Orden se top-9 houers om jou wintersklere in weg te bêre.









Besoek gerus orden.co.za of stuur vir Natascha ‘n epos: hello@orden.co.za