Oulike dogtertjie kamerdekor idees en wenke

Kinderkamer-dekor beweeg al hoe verder weg van pienk en pragtig met oordrewe karakterkamers. Die grootste neiging van die oomblik? Skep ’n ruimte wat saam met jou kind kan groei en haar unieke persoonlikheid weerspieël.

Ons deel 4 dogtertjie kamerdekor trends en 5 handige wenke om in gedagte te hou vir ’n dogtertjiekamer. Deur Justine Kroes

4 Dogtertjie kamerdekor trends

Kleurvolle strepe

Een van die grootste dekorneigings van 2026 is kleurvolle strepe. Waar strepe vroeër bekend was vir “huisie by die see” dekor, verskyn dit nou oral. Dink aan beddegoed, matte, muurpapier, selfs gordyne en lampskerms.

Foto: Pinterest

Dink aan sagte kombinasies soos pienk en rooi, bottergeel en room, ligblou en groen of selfs reënboogstrepe, ideaal vir goedvoel dopamiene dogtertjiekamers.

Die geheim is om die strepe met eenvoudiger meubels en natuurlike materiale te balanseer sodat die vertrek vars en tydloos voel, eerder as om die spasie met strepe te oorlaai.

Die kersietrend

As jy onlangs deur Pinterest of Instagram geblaai het, het jy waarskynlik die kersie of Cherry trend raakgesien.

Foto: Pinterest

Hierdie speelse motief verskyn op kussings, beddegoed, muurkuns, lampies en selfs klein dekorbykomstighede. Anders as groot tema dekor werk kersies as subtiele aksente wat kleur en karakter by ’n spasie voeg sonder dat die kamer kinderagtig voel.

Foto: Pinterest

Kombineer kersierooi met sagte pienk, roomwit en natuurlike hout vir ’n vars, vrolike voorkoms.

Skulprande (scallop) op alles!

Skulprande (meer bekend as scalloped edges) bly een van die mooiste, sagste en vrolikste dekor trends van die oomblik.

Foto: Pinterest

Van spieëls en rakke tot bed kopstukke en matte. Hierdie sagte golwende lyne voeg ’n romantiese, handgemaakte gevoel by enige slaapkamer.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Selfs klein bykomstighede soos ’n skulprand op bedlinne of ’n dekoratiewe raam kan die vertrek onmiddelik meer speels maar ook stylvol laat voel.

Strik verskrik

Foto: Pinterest

Die Bow Trend is al ’n ruk ’n gunsteling, en is vir lank nie verby nie. Van mode (skoen, handsakke en rokke) tot strik naelkuns kan ons verstaan hoekom die dekorwêreld vir klein dogtertjies ook strikverskrik is!

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Strik elemente en aksente laat die kamer dadelik meer vrolik en vroulik voel, maar steeds speels en prettig. Kyk net hoe mooi is al hierdie strik items:

5 Slim planne vir jou dogtertjiekamer dekor en uitleg.

Skep ’n leeshoekie

Elke meisiekamer behoort ’n plekkie te hê waar sy kan ontspan.

Foto: Pinterest

’n Gemaklike vloerkussing, ’n sagte kombers, leeslampie en klein boekrak. Verander ’n ongebruikte hoekie van die kamer vir haar eie ontspan en leesarea. Dit is ook ’n eenvoudige manier om kinders aan te moedig om te lees!

Foto: Pinterest

Meng oud en nuut

Nee jy hoef nie als splinternuut te gaan koop nie, meng oud en nuut, nie net om jou sak te spaar nie maar ook jou dogtertjiekamer warmer en spesiaal te laat voel.

Dink aan verskillende maniere waarop ou meubelstukke of dekorelemente weer in die spasie gebruik kan word. ’n Vintage bedkassie langs moderne beddegoed, ’n erfstuk-spieël of ’n ou houtstoel wat oorgeverf word, gee karakter en sorg dat die kamer uniek voel.

Hierdie benadering is nie net meer volhoubaar nie, maar ook begrotingsvriendelik.

Sagte beligting maak die grootste verskil

Foto: Pinterest

Beligting is gewoonlik die laaste element waaraan ’n mens dink, maar dit maak die grootse verskil!

In plaas van net een helder plafonlig, maak gebruik van ’n paar verskillende tipes beligting wat ’n warmer en meer uitnodigende atmosfeer skep.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kies ’n mooi bedlampie, papierlantern, sagte fairy ligte of ’n herlaaibare lampie vir aandlees. Onthou warmer laat enige slaapkamer dadelik meer knus voel.

Persoonlike galerymure vertel haar storie

In plaas daarvan om onpersoonlike kunswerke te koop, maak die muur haar eie.

Foto: Pinterest

Skep ’n galerymuur met ’n druk/plakbord, veral as jy heilig is oor jou geverfde mure.

Foto: Pinterest

Versier die bord met haar gunsteling fotos, illustrasies, haar eie kunswerke, inspirerende aanhalings en selfs ’n klein spieël.

Foto: Pinterest

Só word die kamer ’n weerspieëling van haar persoonlikheid, eerder as net nog ’n mooi vertrek.

Mooi én praktiese bêreplek

Wie hou nie van ’n goed georganiseerde (en netjiese!) kamer nie?

Foto: Pinterest

Skep vir jou dogter sisteme en slim bêreplekkies vir al haar items. Maak gebruik van mooi stoormandjies, oop boekrakke, muurhakies en “floating shelves” wat nie net funksioneel is nie, maar ook deel vorm van die dekor.

Wanneer speelgoed, boeke en jou dogtertjie se gunsteling items maklik bereikbaar is, is dit makliker vir kinders om self op te ruim.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
spieel
’n Spieël vir jou spasie, hier is dekorraad
error: Content is protected !!