Wat is velimalisme? En is dit die antwoord op ’n volbhoubare roetine?

Meer en meer mense kies die sogenaamde velimalisme (of skinimalism soos die in Engels bekend is). Dit is nie net meer volhoubaar nie, maar kan ook minder sensitiwiteit veroorsaak. Deur Suzanne Kotzé

Wat is velimalisme?

Velimalisme beteken bloot ’n minimalistiese velsorgroetine. Minder is meer. Navorsing van Mintel wys dit het reeds 2019 begin, en dat al hoe meer vroue ’n eenvoudige velsorgroetine verkies. Dit kan sekerlik as ’n tipe van rebellie gesien word, nadat vele van ons behep was met K-beauty se 10 of 12 stap roetines). En na die een TikTok velsorgtrend (slugging, glass skin, noem maar op!) na die ander, met meer en meer produkte, is dit geen wonder dat velimalisme in 2025 weer ’n gonswoord is nie.  

Die voordele van velimalisme

Meer volhoubaar

Die beste velsorgroetine is een waarby jy gaan hou. Anders begin ons dalk vuur en vlam met ’n nuwe roetine, vir die produk hier en daai een onder of bo-oor, maar gee dit dan later prys omdat dit te lank neem of ons nie tyd het nie.

Dit spaar tyd

Minder stappe, meer tyd.

Meer omgewingsvriendelik

Totsiens tientalle halfgebruike botteljies en potjies wat jy nooit klaar gebruik nie omdat jy nie ’n 10 of selfs 12-stap velsorgroetine kan volhou nie.

Minder sensitiwiteit

Hoe meer produkte, hoe meer bestanddele en hoe groter die kanse dat jy sensitiwiteit kan ontwikkel. Die hoeveelheid produkte en bestanddele maak dit ook moeilik om agter te kom waarvoor jy sensitief is. As dit by velsensitiwiteit kom, is dit alombekend dat minder bestanddele beter is.

Beter vir jou begroting

Om geld uit te gee op velsorg is beslis nie ’n vermorsing nie, maar dit is ’n vermorsing as jy die produkte nie klaar gebruik nie (en later moet uitgooi.)

Die beginsels van velimalisme

Fokus op basiese produkte en ’n eenvoudige roetine

  • Gesigwas (bonus as dit afskilfer ook)
  • Serum (spesifiek vir jou vel)
  • Dag en nagroom
  • Oogroom
  • Sonskerm
  • Ekstras: Afskilferaar en masker

Fokus op basiese bestanddele (wat bewys is om te werk)

Dink hialuroonsuur, niasinamied, seramiedes, peptiedes, vitamien C ens.

Fokus op volhoubaarheid

Daar is ’n groter fokus oor die maakproses en hoe volhoubaar dit is ten opsigte van die omgewing. Minder produkte beteken natuurlik ook ’n kleiner ‘carbon footprint’.

Eau Thermale Avène Hyalorun B3 reeks

Ek het laasjaar tydens my besoek aan Frankryk saam met Avène hierdie reeks produkte begin gebruik en kon nie glo hoe wonderlik my vel gevoel het nie. Geen droogheid en senstiwiteit (soos gewoonlik wanneer ek reis nie.)

Skoonheidsredakteurs toets gereeld nuwe produkte, en al is dit hoe ’n groot voorreg, veroorsaak dit wel dat die meeste van ons sukkel met sensitiwiteit. Hierdie reeks (en veral die serum) het my staatmaker geword tussen-in produkte toets. Ek weet dit laat nie my vel sensitief voel nie, dit is super hidrerend en help om veroudering te beveg.

Nadat ons die Pierre Fabre (waarvan Avène deel is) hoofkantoor in Frankryk besoek het, het ek ook besef watter groot klem hulle op die omgewing plaas. Ek hou daarvan dat hierdie reeks uit 92% natuurlike bestanddele bestaan en ’n eko-vriendelike verpakking het.

Die bestanddele-wenkombinasie: (suiwer) hialuroonsuur en niasinamied (6%)

Hialuroonsuur

Dink aan hialuroonsuur as ’n glas water vir jou vel wanneer jy baie dors is. Een van die groot redes waarom dit so ’n gewilde bestanddeel is, is omdat dit ’n bevogtiger (humectant) is. Bevogtigers trek watermolekules aan en verbind daarmee. Juis hierom is hialuroonsuur dikwels ’n bestanddeel in watergebaseerde serums en rome. Dit is is egter nie sommer enige bevogtiger nie, maar een wat tot ’n duisend keer sy eie gewig in watermolekules kan hou.

Soos ons ouer word, neem die vlakke van hialuroonsuur wat natuurlik in ons vel voorkom ook af (op 60 is dit byna die helfte minder as op 20!), en dra by dat ons plooie kry en ons vel minder ferm word.

Jy kry verskillende ‘gewigte’ (groottes) hialuroonsuur. ’n Hoë gewig hialuroonsuur help om jou vel op die oppervlak op te plomp en te hidreer. ’n Lae gewig hialuroonsuur werk dieper om jou vel met hialuroonsuur te herlaai.

Niasinamied

Ook bekend as vitamiene B3. Soos ons ouer word, verdeel ons velselle minder en van die selle word onaktief (bekend as senescent selle).Hierdie selle, ook genoem Zombie selle, steek ook die jonger, aktiewe selle, langs hulle aan om onaktief te word. Niasinamied (in ’n hoë konsentrasie van 6%) help om die verspreiding van die onaktiewe selle te keer en om dit stadiger te laat versprei. So help dit dan ook om plooie en fyn lyne te verminder, vel-elastisisiteit te verbeter en pigmentasievlekke te verminder.

Avène Thermal Spring Water

Word natuurlik ook in al die produkte gebruik om vel te streel en te versag.

Die reeks bestaan uit:

Eau Thermale Avène Hyalorun Active B3 Concentrated Plumping Serum (R789,95)

Hierdie serum is lieflik, dit trek so vinnig in en voel glad nie of jy iets op jou vel het nie. Nog ’n groot bonus is dat ek dit op my oogarea ook kan gebruik (die meeste serums kan nie hier gebruik word nie.)

Dit bevat 6% niasinamied en 1.5% hialuroonsuur. Hierdie serum bevat ook net agt bestanddele, wat dit geskik maak vir sensitiewe vel. Wat ’n staatmaker. Dit laat my vel heerlik bevogtig voel, en ek weet dit help om my vel ook fermer te maak, alles sonder enige sensitiwiteit.

Hyalorun Active B3 Cell Renewal Cream (R739,95)

Hierdie streelsagte room voel glad nie olierig nie. Dit het ’n effens kleur, wat jou vel dadelik mooi glansend laat lyk. Dit dien ook as ’n goeie voorbereidingslagie vir jou grimering (gee dit natuurlik net ’n rukkie kans om goed in te trek voordat jy jou onderlaag aansmeer).

Dit bevat niasinamied en hialuroonsuur.

Hyalorun Active Multi-Intensive Night Cream (R739,95)

Ek is absoluut mal oor die verpakking. Jy druk die potjie op die deksel sodat die room uitkom. Geen potjies oopdraai en toedraai nie. Hierdie room slaap sommer op my bedkassie sodat ek dit in die bed kan aansmeer. Die room werk terwyl jy slaap om jou vel te herstel.

Dit bevat Haritaki (’n antieke ajuvediese krui) ekstrak en die aktiewe bestanddeel Retinal (wat selhernuwing aanhelp en help om kollageen te vorm). Haritaki help ook keer dat hialuroonsuur afbreek, sodoende is daar meer hialuroonsuur in jou vel.

Hyalorun Active B3 Triple Correction Eye Cream (R469,95)

Die oogroom help met plooitjies, pofferigheid en donker kringe.

Dit bevat niasinamied, hialuroonsuur, Haritaki ekstrak en ‘Dextran’ sulfaat. Laasgenoemde help met mikro-sirkulasie wat op sy beurt weer help met donker kringe en pofferigheid.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou aand-velsorgroetine móét hierdie stappe bevat
error: Content is protected !!