Hierdie lipkleure saam met ’n minimalistiese grimeervoorkoms is presies wat nou in die mode is. Dit maak ’n stelling sonder om oordadig te wees. Deur Suzanne Kotzé. Foto’s CHANEL Beauty
02/06/2023
Die lipkleure om nou te dra
“Lippe wat ’n stelling maak, is beslis op nou groot mode,” vertel Kelly Paitaki, grimeerkunstenaar vir CHANEL.
Die ‘geen-grimering-grimeervoorkoms’ met ’n lip wat aandag trek is beslis my gunsteling-grimeervoorkoms op die oomblik.
Dit is die perfekte kombinasie van subtiel en aandag trek.
Vel wat gesond lyk, saam met versorgde wenkbroue en wimpers gee jou lippe die kans om die kollig te steel.
Die lippe maak ’n stelling sonder om oordadig te wees.”
Kelly se wenke om die lipkleure te dra
- Ek hou daarvan om die lipstiffie wat ek dra liggies op die appels van my wange te tik. Dit gee ’n mooi eenvormige voorkoms. (Onthou, speel gerus met jou grimering, en geniet dit!)
- Vir ’n sterk lipvoorkoms, gebruik ek graag eers ’n lippotlood om die lippe te vorm en vul daarna die lippe in. Dit help ook om jou lipkleur meer intens te laat lyk en om dit langer te laat aanbly.
- Lippotlode is terug. Ek sien taamlik baie donker lippotloodkleure met lipkleur effens ligter. Dit werk veral goed saam met natuurlike en helder kleure.
- Natuurlike (nude) lipkleure werk baie goed saam met die minimalistiese grimeervoorkoms. Dit is baie romanties en sag, maar terselfdertyd ook sterk.
Stylvol wenke
- Min van ons kan wegkom sonder ooggrimering. Hou jou ooggrimering baie natuurlik. En onthou om die verskillende skakerings goed te meng sodat daar geen sigbare lyne is nie.
- Om jou wimpers voller te laat lyk, trek ’n lyntjie aan die binnekant van jou boonste lid (nie jou onderste lid waar dit sigbaar is en hard lyk nie). Dit skep die illusie van voller wimpers en gee definisie aan jou oë sonder dat daar ’n streep is op jou ooglid. Onthou jy wil lyk asof jy geen grimering aan het nie.
- Vir ’n vinnige naweekvoorkoms, gebruik jou ringvinger en tik ’n rooi lipkleur aan jou lippe. Dit gee daardie natuurlike lipvlek, pas gesoende voorkoms.