Teledermatologie is die gebruik van ’n aanlynplatform soos DrDerma om dermatologiese diagnoses en -behandeling oor ’n afstand te fasiliteer. Jou rekenaar of selfoon word gebruik om foto’s, videos of ander digitale inligting aan jou dermatoloog te stuur, sonder om ’n spreekkamer fisies te besoek. Deur Lorinda Voges
Hoekom is Dr Derma en teledermatologie so gewild?

Dr. Willie Visser is die medestiger van Dr Derma en ’n bekende dermatoloog, wetenskaplike outeur en lektor wat ‘n beduidende bydrae lewer tot die veld van dermatologie, plaaslik sowel as internasionaal.
Drie woorde: toeganklik, doeltreffend en bekostigbaar.
Dr. Willie Visser
Dr Derma maak dit moontlik om spesialis-dermatologiese sorg in die gemak van jou eie huis te ontvang. Dit verminder wagtye vir afsprake en bied gehaltesorg vir mense in afgeleë gebiede. Die gerief van teledermatologie bespaar tyd en geld – ’n gewilde keuse vir die moderne persoon.
Hoe werk ’n Dr Derma-konsultasie
Stap 1: Besoek DrDerma.co.za en voltooi ’n vinnige aanlynvraelys. Heg foto’s, videos en enige relevante inligting aan.
Stap 2: Die dermatoloog van jou keuse bestudeer dan die inligting, maak ’n diagnose en stel behandeling voor.
Stap 3: Jy ontvang geskrewe en/of verbale terugvoer en ’n voorskrif.
Die 5 mees algemene veltoestande wat in ’n aanlynpraktyk gediagnoseer word
’n Wye verskeidenheid velkwessies kan aanlyn gediagnoseer word. Teledermatologie werk veral goed vir inflammatoriese veltoestande.
1. Aknee
Aknee is baie algemeen en kom gewoonlik by tieners voor as gevolg van verhoogde hormone, maar dit kan ook by volwassenes voorkom. Dit lei tot die vorming van swartkoppies en puisies op die gesig, bors, rug en skouers.
2. Rosacea
Rosacea is ’n veltoestand wat rooiheid, prominente bloedvaatjies en soms knoppies op die neus, wange, ken en voorkop veroorsaak. Dit word dikwels deur hitte, koue, alkohol, en stres geaktiveer. Genetiese faktore en ’n oormaat sonblootstelling kan ook ’n rol speel.
3. Ekseem/Dermatitis
Ekseem/dermatitis is ’n chroniese veltoestand wat jeuk, rooiheid en droogheid veroorsaak. Dit kan geneties wees of deur eksterne faktore veroorsaak word.
4. Hiperpigmentasie
Hiperpigmentasie is ’n toestand waar die vel donkerder word weens ’n oormaat velpigment. Dit kan veroorsaak word deur sonblootstelling, hormonale veranderinge of velbeserings wat lei tot donker kolle of vlekke op die vel.
5. Haarverlies
Haarverlies of dunner-wordende hare is ’n toestand waar die hoeveelheid en dikte van die hare verminder. Dit kan veroorsaak word deur genetiese faktore, hormonale veranderinge, ouderdom, medikasie of mediese toestande.
So, as iets op jou vel jou pla, voel vry om ‘n vinnige aanlynkonsultasie te doen. Dr Derma help jou graag op jou pad na ‘n gesonde en gelukkige vel.
