As TV-aanbieder en aktrise, is Vicky Davis baie bewus van haar velvoorkoms. Dis soms maar ’n “love-hate” verhouding, en elke dekade bring opnuut sy eie uitdagings. Deur Vicky Davis en Suzanne Kotzé
19/08/2022
“Ek deel graag oor iets wat vir my na aan die hart lê – my vel,” sê Vicky Davis.
As TV-aanbieder en aktrise, wat die laaste 20 jaar aan-en-af voor die kamera was, is ek my hele lewe lank baie bewus van my velvoorkoms – hoe my vel lyk , moet lyk, en die toestand daarvan. Soms is dit ook maar ‘n “love-hate” verhouding, en bring elke dekade opnuut sy eie uitdagings. Eers is dit die “break-outs” van die tienerjare en twintigs, dan sonskade van die dertigs en helaas die fyn lyntjies en volumeverlies van die veertigs …”
Vicky Davis se vel na 40
“Baie vroue sal weet, na hierdie mylpaal, word die vergrootglas, en druk, geplaas op velsorg, spesifiek “anti-ageing” en die oormaat van info en opsies beskikbaar daar buite waarmee ’n mens gebombardeer word, is oorweldigend.”
Skielik word jy baie bewus van jou aanstap-ouderdom en hoe dit op jóú gesig vertoon. Daar is ook die aansteeklike, onrealistiese verwagtinge van sosiale media en die uber-rykes en bekendes om hierdie proses te “reverse” en vir ewig jonk te bly. Dan begin jy wonder of jy ook soos ’n Kardashian in die “miljoen-dollar filler pot” moet duik (met kug-kug armsalige randjies wat nie ver strek nie….)
Die soeke na ’n meer haalbare en bekostigbare oplossing
Vicky was nooit iemand wat van ’n kunsmatige voorkoms hou nie. “Maar ek het ook besef, ek gaan iets moes doen, want die realiteit is dat jou vel in jou 40’s ekstra sorg benodig, en dit noop jou om in die langdurigheid daarvan te investeer. So, ek het begin soek na n beter, meer haalbare oplossing. Ook een wat nie die bank gaan breek nie, en my nie gaan laat lyk as of ek in ’n byekorf vasgeloop het nie.”
In haar dertigs het Vickie vir gereelde velbehandelings, soos ‘facials’ en chemiese afskilferings gegaan. Haar skoonheidsdeskundige het egter voorgestel dat sy dalk ’n estetiese mediese dokter spreek vir ’n persoonlike konsultasie – al is dit eers net om te gesels.
Vicky Davis en haar estetiese dokter
Toe Vicky se paaie met dr Jan Nel van Kaapstad kruis, het sy besef hoe belangrik dit is om by die regte dokter uit te kom. Een wat jou behoeftes verstaan.
Vicky se behoefte was om ’n langtermynplan te hê; een wat vir langer as drie maande hou wanneer die botoks uitgewerk is.
“Ek wou dink hoe gaan ek my vel oor die volgende 20 jaar oppas en behandel sodat sy op haar gesondste en mooiste vertoon.”
En dit is presies wat dr Jan Nel van die CTDR praktyk in die Waterfront, Kaapstad, my gebied het. Ek was erg verras en verlig om te hoor hy voel dieselfde oor die ouerwordproses – dat dit ‘n langplanpad is en nie ‘n “quick fix” nie.
Die 5 vel-lesse wat Vicky Davis by dr Jan Nel geleer het.
In my gesprekke met dr Jan Nel het ek het gevoel hy praat my taal en luister na my vrae en onsekerhede. Hy het vir my ’n paar waardevolle wenke gegee (en ons kon sommer nog lekker “bond” oor sy tuisdorp Kakamas, waar ek al ’n magdom stories gaan skiet het en waar my gunsteling padstal in die land is!) Ek het die volgende 5 lesse geleer:
1. Verstaan die proses van veroudering en besluit hoe JY wil ouer raak.
Dit is belangrik om te verstaan wat met jou vel en gesig/nek en selfs beenstruktuur gebeur soos mens ouer raak, en om te verstaan watter van hierdie prosesse moontlik is om te voorkom en om te keer en watter onafwendbaar is.
Dit help jou om realistiese verwagtinge te hê oor die uitkoms van behandelinge en dus beter besluite te neem oor watter behandelinge om te kies. Ons kan byvoorbeeld nie aan ons beendere of ons ligamente verander nie, maar mens kan aan die velstyfheid of volume verander. Besluit dan hoe jy jouself wil sien ouer word en wat jou doelstelling is. Myne is om grasieus ouer te word en om bo alles ’n gesonde vel te hê. Ek wil goed lyk vir MY ouderdom, maar ek wil nie voorgee of probeer om ’n onbekombare jonger ouderdom te wees wat ek nie is nie.
2. Werk saam met ‘n dokter/terapeut wat jou visie deel
Dr Nel sê altyd hy “collaborate” met sy pasiënte en dit moet altyd kreatief en pret wees om saam te werk. Vind iemand wat JOU raaksien en vir jou luister en die beste uitkoms vir jou soek, en eerlik is oor wat werk en nie vir jou werk nie en nie net uit is om hulself of hul produkte te bemark nie.
3. Dink langtermyn
Beplan en begroot vir gereelde behandelinge en dink aan jou velplan in dekades, nie maande nie. Jou vel is jou grootste orgaan, jou eerste linie van verdediging en verduur baie. Jou vel verdien jou langdurige sorg en liefde, veral na 40.
4. Stel ’n onderhoudsplan vir jou vel op
Besluit saam met met jou dokter/terapeut hoe jy jou vel wil onderhou. Dr. Nel glo die sukses van ’n langdurende gesonde velvoorkoms, veral vir vroue van 30 en ouer, lê in die onderhoud van die vel. Baie mense kom byvoorbeeld gereeld in vir botoks of vullers, maar gee nie aandag aan die tekstuur van hul vel nie, of sorg nie vir ’n holistiese aanslag nie. ’n Vel wat nie ’n mooi tekstuur het nie, lyk baie gou oud en verwaarloos. Daar is baie behandelinge wat vroue gereeld kan doen wat hierna omsien byvoorbeel my gunsteling, die PRP (Vampire) gesigbehandeling.
Dr. Nel is eerlik oor die feit dat jou dieet ’n groot rol speel. ’n Mens kan net soveel ekstern behandel, jy moet ook van binne na jou vel kyk. Jou liggaam, dieet en leefstyl. Dit is ook waar IV drips baie kan help – om die vel van binne met vitamines en minerale te voed.
5. Kombineer behandelinge
Jou beste resultate kom wanneer behandelinge gekombineer word. Soos byvoorbeeld ’n IV drip en ’n PRP gesigbehandeling, of doen booster behandelings waar jy een behandeling met ’n ander opvolg kort daarna.
Drie van dr Jan Nel se gunsteling-kombinasiebehandelinge:
1. Groeifaktor-stimuleringsterapie (growth factor stimulate therapy) – PRP/GFIT met ’n booster behandeling 4 weke later.
2. Pixel velhernuwingsbehandeling, met ’n booster 4 weke later of driemaandeliks.
3. Binne-aarse voeding (Revitalizing Skin IV drip) gedurende elke sessie of apart. Dit kan maandeliks gedoen word.
Meer inligting oor die PRP gesigbehandeling
Hierdie is Vicky se gunsteling-behandeling. (En myne ook! Ek het juis my heel eerste PRP behandeling vyf jaar terug by dr.Jan se praktyk gehad. SK)
“Dit is ook ideaal vir vroue wat skrikkerig is vir byvoorbeel botoks of vullers en met iets meer natuurliks wil begin,” sê Vicky.
Dr Jan Nel deel meer oor die PRP gesigbehandeling.
PRP (plaatjie-ryke plasma) word al vir ’n geruime tyd in die mediese veld bebruik om heling in verskillende beserings, veral sportbeserings, te behandel. Meer onlangs het PRP ook gewild geword in estetiese medisyne omdat dit bewys is om te hep om met die herstel en generering van nuwe selle vir velhernuwing.
Daar is ook geen gevaar van allergiese reaksie nie omdat jou eie bloed gebruik word.
Byna almal, behalwe pasiënte met bloedsiektes, is geskik vir PRP. Die meeste mense gebruik PRP op die gesig-area, maar dit kan ook op ander dele van jou lyf gebruik word.
So werk die PRP-behandeling
Na jou konsultasie word bloed getrek en gespin in ’n centrifuge. Die plaatjie-ryke plasma skei dan van jou bloed. Dit is hierdie plaatjie-ryke plasma wat ingespuit word in jou vel. Die velhernuwing begin onmiddelik na die inspuitings en dit neem gewoonlik ’n paar dae tot weke voordat jy resultate sien. Jou liggaam genereer dan kollageen en herstruktureer jou velselle. Die beste resultate behoort so ses tot agt weke na jou behandeling gesien te word.
Opvolgbehandeling
Meer as een behandeling is gewoonlik nodig, afhangend van jou vel. Dit kan binne een tot twee maande vanaf jou laaste behandeling gedoen word. Hierna word ’n opvolgbehandeling elke ses tot 12 maande aanbeveel.
Newe-effekte en nasorg
Nasorg is baie maklik en die belangrikste is dat die area waar jy ingespuit is, skoon gehou moet word. Sonskerm van minstens SPF30 word hoog aanbeveel. Rooiheid en ligte kneusing kan ook voorkom waar jy ingepuit is, en sal na so drie tot vyf dae weggaan.
Lees meer hier: https://www.dermav.co.za/prpindications
Meer oor dr Jan Nel
Nadat dr. Nel sy meestersgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, het hy ’n twee jaar lange Meestersprogram in estetiese medisyne en terapie aan die Unviersteit van Camerino in Rome, Italië behaal, waar hy met onderskeiding geslaag het.
Volg dr Jan Nel op Instagram @capetowndoctor_skinclinic
of besoek www.capetowndoctor.co.za vir meer inligting.
Die tuissorgprodukte waarin Vicky Davis glo
Reiniger
Ek kies ’n melkreiniger gedurende die winter omdat my vel gou droog word. Die skuimreinigers is geneig om jou vel droog te maak.
Serums
Ek is ’n groot aanhanger van vitamien C (bedags) en vitamine A saans.
Lees meer hier: 13 goed wat jy omtrent vitamien C en jou vel moet weet
Vogroom
Vogroom met hialuroonsuur is ’n moet.
Lees meer hier: 12 dinge wat jy omtrent hialuroonsuur moet weet
Sonskerm
SPF50 is ’n moet. Ek het onlangs vir my ’n poeierstafie met ’n mineraal-borsel gekoop met ’n SBF50. Dit pas in my broeksak en is die ideale produk om byderhand te hou as ons buite verfilm.
Oogroom
Omdat ons vel om ons oë dunner is en sensitief raak namate ons ouer word, gebruik ek ’n oogroom met bestanddele soos retinol, kaffiëne en hialuroonsuur.