Jan Hendrik van der Westhuizen
Jan Hendrik van der Westhuizen

Velsorgwenke vir sjefs en Jan Hendrik van der Westhuizen gesels saam

Hier is velsorgwenke vir sjefs, want soos sjefs en selfs, Jan, ook weet, is die kombuis nie altyd die beste plek vir jou vel nie! Hier is kundige raad van pHformula en Jan deel ook wat vir hom werk. Deur Suzanne Kotze

22/07/2022

Ons proe heerlike gebak in ’n restaurant en sien in ons geestesoog hoe die deeg gemeng, geknie en gebak word. Wat min van ons besef is hoe daardie fyn meel ook op die bakker se vel gaan sit. Of ons smul aan ’n watertandlekker biefstuk sonder dat ons weet waardeur die arme sjef se vel voor die warm braai gaan. Geen wonder sjefs sukkel so met hulle velle nie.

Jan Hendrik van der Westhuizen se velsorgwenke vir sjefs

Jan Hendrik van der Westhuizen

My raad is eenvoudig. Kyk net na jou vel. Gebruik minder alkohol, HOU OP ROOK … en kies ’n velproduk wat jy kan bekostig en wat geakkrediteer is. Soos ’n bestanddeel in ons kos, moet ons presies weet wat in produkte ingaan.”

Sekere tye van die jaar is humiditeit erger en dan voel my vel meer olierig. Ek glo dan in ‘flash cleansing’. As ek ’n breek neem, was ek gou my gesig en smeer vogroom aan. Dis soos ’n vars begin en dit maak my sommer wakker.

Jan se vel na ’n dag in die kombuis

Ek het nog altyd ’n moeilike vel. Van my tienerdae af was ek op ’n twee jaar lange Roaccutane kursus. Ek het as gevolg daarvan gesukkel met selfvertroue en dan ook gesukkel met ’n vel wat ongemaklik gevoel het en met tye ook fisies seer was.

Ek onthou hoe ek so erg rooi geword het nadat ek ’n dag agter die braai seksie van die restaurant moes deurbring dat ek saans ’n pak gevriesde ertjies op my gesig gesit het om af te koel.

Jan Hendrik van der Westhuizen

Tyd voor die braai (grill) vererger beslis jou vel. Mens kan mos net dink dat as water en olie saam opgaan en dit sit aan jou vel vas dat dit soos ‘n ongesoute sous word! Horrible.

Olie en vet is die grootste probleem in kombuise en dit trek in jou vel, hare en klere in. Kyk, ek is erg oor higiëne en dis seker nommer een op my lys. Om dus aan ’n seer, olierige vel aandag te gee is vir my soos om ’n tafeldoek 100% wit te kry en te stryk. So ook om my bed op te maak en plat te vryf en die hoeke netjies in te steek.

Wat van sensitiwiteit?

My vel is sensitief en ek slaan met droë rooi areas uit, veral om my neus as ek gespanne is of as ek sleg slaap. Min slaap en spanning is meer as gewoon in my lewe. Dit is natuurlik vir elkeen anders. Baie van ons dink dit is maar net hoe ons velle is. Daar is egter gewoonlik ’n rede agter die sensitiwiteit. Die regte produk, het ek eers onlangs agtergekom, maak die wêreld se verskil           

Glo Jan aan ’n velsorgroetine?

Dis nuut vir my. Ek het altyd ’n produk gebruik en dan weer verander siende dat ek nie resultate gesien het nie. Min het ek geweet ek smeer iets op my vel waar ek óf deur verpakking mislei is óf net nie lank genoeg mee aangehou het om te sien watter verskil dit uiteindelik maak nie. Nou het dit vir my een van die belangrikste tye van my dag geword. Ek gee tyd daaraan. Ek ontspan terwyl ek dit doen en weet dis soos goeie kos vir een van die belangrikste organe van my ligaam.

En wat van professionele behandelings?

Ek het altyd hier en daar vir ’n behandeling gegaan. Min het ek geweet dit was alles kort termyn. Toe ek vir my eerste pHformula behandeling gegaan het, was my vel baie sensitief. My terapeut het vir my ’n volledige verduideliking gegee. Dit is amper soos die melkboer wat weet presies waar sy koeie loop. Hoe werk ons vel, wat moet ons doen om sekere probleme op te los en dat die vel van binne genees moet word en nie noodwendig vanaf die oppervlak nie.

Wenke om brandwonde te voorkom

Wees wakker! Vinnig dink en flink wees met wat jy doen. Dink vooruit. Wees ook op hoogte van wie en wat om jou is. Weet waar is die noodhulpkissie!

  • As Jan in Suid-Afrika is,besoek hy Skin2life in Kaapstad vir sy professionele velbehandelings.

Kundige raad; velsorgwenke vir sjefs

Ons het by Sunette Steenkamp, meesteropleier vir pHformula Suid-Afrika aangeklop vir raad. Sy deel met ons die volgende.

’n Gesonde sperfunksie is belangrik vir elke vel

’n Gesonde sperfunksie is nie net belangrik vir sjefs nie, maar vir elke vel.  Dit is die vel se eerste vlak van beskerming:  dit hou allergene en mikro-organismes soos virusse, bakterieë, fungusse en gis wat nie deel is van die normale mikroflora van die vel nie, uit.  Dit help ook met die balans tussen die goeie mikro-organismes wat wel op die vel leef.  Van binne af help dit ook om dehidrasie te voorkom en die vogbalans in die vel te handhaaf.

’n Gesonde sperfunksie vir sjefs is kardinaal

Hulle is konstant in kontak met hitte, stoom, olie, rook, sweet, selfs die stof van bestanddele soos meel. Die sperfunksie van hierdie vel is onder ongelooflike druk.

Daar is onlangs ’n kliniese studie gedoen waar die effek van water en temperatuur op die sperfunksie van die vel getoets is.  Dis net weer bevestig dat daardie konstante kontak met die stoom en hitte in die kombuis die sperfunksie gaan versteur, dehidrasie gaan vererger en op die uiteinde lei tot inflammasie in die vel.

Sjefs met olierige velle en aknee

Ons vel skilfer van nature af; ons verloor amper ’n miljoen dooie velselle elke dag.  Soos wat ons ouer word, word daardie proses stadiger en ons gee dit ’n hupstoot met professionele ‘resurfacing’ behandelings om weer daardie proses te stimuleer en normaliseer.  Tuissorg-produkte bevat ook ensieme en sure om die vel te onderhou tussen professionele behandelings.  Dit laat die vel beter funksioneer, produkte beter penetreer en as ’n bonus lyk die vel jonk, vars en stralend.

Die kombuis en jou vel wat ‘blok’

Daardie dooie selle wat ons elke dag verloor saam met die hitte, olie, stof, stoom, en sweet in die kombuis, klou aan jou vel, pak saam en kan selfs jou porieë blok.  Daar is ’n bakterie wat natuurlik in die porieë leef, genaamd Cutibacterium acnes.  Die bakterie hou daarvan as die porieë geblok raak – hulle floreer in daardie suurstof-arme habitat, wat beteken hulle eet lekker aan die olie (sebum), en natuurlik veroorsaak hulle defekasie, inflammasie en dan veroorsaak dit aknee.

Sorg so vir jou vel

Dit is uiters belangrik om vol te hou met jou velsorgroetine en ’n goeie produk te gebruik.

Reinig

Die beste ding na ’n lang dag in die kombuis is om jou vel behoorlik te reinig met ’n produk wat sal help om die opbou van dooie selle onder beheer te hou. ’n Produk wat nie die vel se sperfunksie gaan versteur nie en wat gaan help om die inflammasie te kalmeer en die vel te hidreer. 

pHformula E.X.F.O. cleanse doen presies dit. Dit bevat papain-ensieme (afkomstig van die papaja) om dooie selle te verwyder met die hulp van ’n poli-hidroksiesuur. Dit bevat ook laktobioniese suur wat glad nie die vel irriteer nie en help ook om jou vel te bevogtig (in samewerking met vitamiene B5). Dit bevat ook rooibos wat ’n goeie antioksidant is en help om saam met die vitamiene B5 jou vel te kalmeer.

Herstel

pHformula C.R. recovery is ’n aktiewe produk wat help om die vel se sperfunksie te herstel, inflammasie te verminder, die opbou van dooie selle te beheer en gaan ook help om oortollige olie te verminder en post inflammatoriese pigmentasie te verbeter. 

Bevogtig

Die VITA B3 cream is ’n voorskrifsterkte 5% niasienamied, 24-uur bevogtiger wat fenomenaal is om die sperfunksie te herstel en te verbeter, veroudering teen te werk, pigmentasie te verminder, rooiheid te verminder, die vogbalans in die vel te herstel, en selfs te help om die porieë beter te laat vertoon. 

Sonskerm

Beskerm jou vel bedags deur ook ’n C.C. cream SPF 30+ of U.V. protect SPF 50+ te dra.  

Professionele behandelings vir sjefs

Voordat ons enige professionele behandeling doen, het ons ’n baie spesiale produk, genaamd S.P. complex om die vel se sensitiwiteit te toets voordat ons begin met die resurfacing behandeling.  Ons moet weet of jou sperfunksie gesond is en ook bepaal hoe aktief ons op jou vel kan werk. Dit maak die behandeling veiliger en help ook sodat ons ’n unieke behandelingsplan kan saamstel wat spesifiek gefokus is op jou vel se behoeftes en wat jy wil bereik. 

Ons het selfs resurfacing behandelings vir sensitiewe velle, versteurde sperfunksie, asook rosacea.  Vir professionele behandelings en tuissorg is ons C.R. produkte gefokus om inflammasie te verminder en die sperfunksie te herstel. 

Produkte vir brandwonde

Ons fokus op die herstel en vernuwing van die vel; ’n gesonde vel werk beter, vertoon mooi en voel sommer lekker.

SOS Rescue Oil is ’n twee fase olie wat help om die vel se herstelprosesse te stimuleer en die sperfunksie te herstel.
SOS Repair Cream help om jou vel te kalmeer, die inflammasie te beheer, herstelprosesse te versnel en die vel te bevogtig.  Ons beveel dit ook aan vir iemand met sonbrand.

Een ding is seker, die regte velsorgprodukte en behandelings maak beslis die kool die sous werd!

Die artikel is geborg deur pHformula


pHformula is slegs by uitgesoekte velspesialiste beskikbaar. Besoek phformula.africa om jou naaste salon te kry.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
somernaels
Manispirasie: 22 Idees vir somernaels
error: Content is protected !!