sperfunksie
sperfunksie

Wat is jou vel se sperfunksie en hoe hou jy dit gesond.

Die kanse is groot dat jy al van jou vel se sperfunksie (barrier function) gehoor het, maar weet jy wat dit is? Sonder ’n gesonde sperfunksie is ’n mooi vel onmoontlik. Deur Suzanne Kotzé

Bygewerk 23/04/2024

Wat is jou vel se sperfunksie.

Jou vel se sperfunksie verwys na die beskermende lagie bo op jou vel wat onder andere irritante, koue, hitte en wind buite hou

Hierdie buitenste lagie van jou vel bestaan uit selle en lipiede (vette). Die beste manier om te verstaan hoe die velversperring werk, is om dit met ’n baksteenmuur te vergelyk.Die bekende Amerikaanse dermatoloog Dr. Peter M. Elias beskryf die selle (korneosiete) as die bakstene en die lipiedlagie as die sement. Korneosiete is dooie velselle wat reg is om af te skilfer. Die “sement” (lipiedlagie) moet as ’n ondeurdringbare versperring dien wat keer dat vog ontsnap of dat skadelike mikro-organismes of irritante jou vel binnedring.

Die sperfunksie keer dat water en elektroliete deur jou vel verdamp; dit dien as ’n beskermende skild teen skadelike mikro-organismes; help om vel-immuniteit te behou en beheer inflammasie.

Tekens dat jou sperfunksie ongesond is

Kaapse dermatoloog dr. Suretha Kannenberg sê die volgende is tekens van ’n ongesonde sperfunksie. ’n Duidelike, sigbare droë vel. Veral as dit begin jeuk, branderig en rooi raak. ’n Ongesonde sperfunksie word algemeen gevolg deur episodes van ekseem of rosacea.

5 goed wat jy kan doen om jou spefunksie gesond te hou.

Dr. Kannenberg beveel die volgende aan

1. ’n Hidrerende gesigwas wat sagkens reinig

Vermy gesigwas wat aktiewe bestanddele bevat of gegeur is.

Exuviance Gentle Cleansing Crème ( Dermastore)
Cetaphil Gentle Cleansing Lotion ( Clicks)
Eucerin DermatoClean Cleansing Gel ( Takealot)
La Roche-Posay
Physiological Foaming Water (Clicks)
Eau Thermale Avéne Cleansing Foam ( Clicks)

 2. Skrop versigtig

Moenie meer as een tot twee keer per week jou gesig afskilfer nie, Wees veral versigtig vir gesigskrop wat growwe korreltjies bevat.

3. Bevogtig minstens twee keer per dag

Gebruik ’n vogroom wat geformuleer is vir jou vel se spesifieke behoeftes. ’n Room wat seramiedes bevat is altyd ’n goeie keuse as jy onseker is oor wat om te kies.

4. Sorg ook vir jou vel se mikrobioom

Jou vel se mikrobioom (wat die goeie bakteriëe bevat) is ook deel van jou vel se sperfunksie. Sommige vogrome help om jou mikrobioom te korrigeer en gesond te hou.

La Roche-Posay Effaclar H ISO-Biome (Dermastore)

5. Versigtig met aktiewe bestanddele

Wees versigtig om te vinnig te veel aktiewe bestanddele te te begin gebruik. Aktiewe bestanddele soos vitamien A word gewoonlik geleidelik aan die vel bekendgestel. Byvoorbeeld elke tweede tot derde aand, tot jou vel gewoond raak daaraan. Sommiges aktiewe betanddele word ook aanbeveel om nie op selfde aand gebruik te word nie bv – vitamien A (retinoied) en AHA/BHA. 

Wat doen jy as jou sperfunksie wel problematies is?

Indien jou sperfunksie wel problematies is, is daar spesifieke produkte wat teen inflammasie werk.  Al die mediese tipe reekse (bv Eucerin, Cetaphil, Bioderma, La Roche Posay, Eau Themale Avéne, …) het die een of ander anti-inflammatoriese bestandeel in hulle reekse.

Bêre eers jou ander produkte en vereenvoudig jou velsorgroetine totdat enige rooiheid en jeukerigheid bedaar.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Manispirasie: 22 Idees vir somernaels
error: Content is protected !!