Is jou Kate Spade geurpersoonlikheid energiek en vars, sensueel en glansryk of vroulik en vrolik? Deur Suzanne Kotze
Promosie
Vrolik en vroulik: Kate Spade New York

Jou modestyl: kleurvol en energiek, jy is nie bang om jou eie stempel af te druk nie.
Jou gunsteling blomme om te ontvang: kleurvolle rose wat lekker ruik en kammetjies

Geurfamilie: Vrugtige blommegeur
Note
- Top-note: sitrus, wilde aarbei en bergamot.
- Middelnote: roos en kammetjies
- Basisnote: Ambroxan en Cashmeran
Kate Spade New York original is soos die New Yorkse Kate Spade-modehuis; kleurvol en energiek. Elke noot is geskep om jou liggaam se unieke chemie te vier en te beklemtoon.
Energiek en vars: Kate Spade New York Bloom

Jou modestyl: vroulik, maar modern.
Jou gunsteling blomme om te ontvang: ’n elegante bos kleurvolle blomme wat heerlik ruik.

Geurfamilie: Vrugtige blommegeur
Note
- Topnote: Granny Smith appel, suurlemoen en soetlemoen.
- Middelnote: lemoenbloeisel, wit kamelia,ilang-ilang.
- Onderste note: sederhout, Cashmeran en sandelhout.
Net soos ’n bos pragtige blomme, weerspieël hierdie fyngeur ’n spektrum van kleur. Van die varsste tot die mees omhullende; geprojekteer op delikate bloeisels wat blom rondom die vertroostende geur van hout en muskus.
Sensueel en glansryk: Kate Spade New York Sparkle

Jou modestyl: glansryk, sjiek en gesofistikeerd
Jou gunstelinge blomme om te ontvang: Pioenrose

Geurfamilie: Vrugtig
Note
- Topnote: swartbessies en pienk peper.
- Middelnote: pioenrose en meidoring
- Onderste note: Crème Brulee, vanielje en sederhout
As jy na hierdie note kyk, is dit duidelik dat die vrou wat Sparkle dra nie bang is om aandag te trek nie. Sy is verleidelik en vol selfvertroue, en huiwer nie om ’n skittererende blinkeritem aan te trek nie. Sparkle is ’n sensuele, vroulike vermenging van vrugte en blomme.
