Wordle
Wordle

Wat de ‘Wordle’ is Wordle (en hoe speel jy dit?)

Wordle het omtrent die internet en sosiale media aan die gons. Tot so ’n mate dat The New York Times hierdie gewilde speletjie oorgekoop het. As jy van blokkiesraaisels en Scrabble hou, gaan Wordle beslis jou hart laat galop. En daar is selfs ’n Afrkaanse weergawe, Wortel. Deur Suzanne Kotzé

Skielik sien jy van jou Facebookvriende en Twittervolgelinge deel hierdie snaakse blokkies en begin wonder oor wat Wordle is. Jy google, begin speel en kan skielik nie wag vir die volgende dag se woord nie.

Wat de ‘Wordle’ is Wordle?

Die doel van Wordle is eenvoudig; jy moet ’n vyfletterwoord in ses of minder probeerslae probeer oplos. Hoe minder probeerslae hoe beter. Slegs een woord per dag word vrygestel. Dit is dalk ook een van die redes waarom die speletjie so gewild is. Jy kan nie ‘binge’speel en moeg raak daarvan nie. Wordle laat ons aan ons kinderdae se ‘hangmannetjie’ dink, maar vir grootmense, en jy kan dit alleen speel.

So speel jy Wordle

Wordle is deesdae beskikbaar op The New York Times se webwerf. Klik hier.

  1. Raai die woord in ses probeerslae
  2. Elke raaislag moet ’n bestaande vyfletterwoord wees
  3. Na elke probeerslag verander die kleur van die blokkies om te wys of die letter in die woord voorkom (geel), in die woord voorkom en op die regte plek is (groen) of glad nie in die woord voorkom nie (grys).
  4. Met elke probeerslag probeer jy dan nuwe raaiskote, en onthou om nie die grys letters van vorige probeerslae te gebruik nie.

Wordle wenke

  • Maak seker jou eerste raaiskoot bevat 5 verskillende letters
  • Die aanlyntydskrif Wired is so passievol oor Wordle dat hulle selfs ’n artikel met wenke geskryf het.
  • Volgens Wired is goeie letters om in jou eerste woord in te sluit: E, T, A, O, I, N, S en R
  • Hulle gee die volgende woorde as goeie opsies
  • NOTES, gevolg deur ACRID as jou tweede probeerslag
  • RESIN gevolg deur LOATH as jou tweede probeerslag
  • TARES gevolg deur CHINO as jou tweede probeerslag
  • SENOR gevolg deur DUCAT as jou tweede probeerslag

Wordle het ’n romantiese begin

Volgens The New York Times het sagteware-ingenieur John Wardle Wordle geskep om saam met sy lewensmaat (Palak Shah), wat baie lief is vir woordspeletjies, te speel. Na hulle dit op hulle familie se What’s App groep begin deel het, en dit ’n obsessie begin word het, het hy daaraan gedink om dit met die res van die wêreld te deel. Op 1 November het 90 mense aanlyn gespeel. Teen middel-Februarie het dit meer as 2 miljoen spelers gehad. Geen wonder dat dit deur New York Times opgeraap is nie. Nou moet ons net hoop dat ons dit kan aanhou verniet speel.

Hoekom is Wordle goed vir ons?

1. Dit laat ons goed voel

Ons goeie vriend dopamien (’n hormoon wat deur die bynier-medulla geproduseer word) word geaktiveer as ons al vyf blokkies groen sien. Dopamien word geassosieer met plesier, genoegdoening en motivering. Dalk net die regte manier om jou dag mee te begin!

2. Dit help met probleemoplossingsvaardighede

Speel jy Wordle kan jy jou probleemsoplossingsvaardighede verbeter. Veral as die woord meer kopkrap as gewoonlik verg.

3. Dit mag dalk jou kognitiewe vermoë verbeter

’n Studie het gewys dat mense ouer as 50 wat gereeld blokkiesraaisels doen se kognitiewe vermoë beter is as mense wat dit nie doen nie. Wordle is immers ’n tipe van blokkiesraaisel, so wie weet, dalk het dit die dieselfde byvoordeel. ’n Mens moet wel in ag neem dat mense wat aangetrokke voel tot hierdie tipe speletjie dit dalk juis speel omdat hulle kognitiewe vaardighede goed is en hulle dit geniet.

Die Afrikaanse ‘Wordle’, Wortel

Sagteware-ontwikkelaar Francois Botha het ’n Afrikaanse weergawe van die speletjie, Wortel, bekendgestel. In ‘n onderhoud met mybroadband.co.za vertel hy dat daar tans so 11 000 mense per dag is wat Wortel speel. Jy kan dit gratis speel by wortel.wrintiewaar.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Maak jy een van hierdie 5 tandeborselfoute en wat is ’n watervlosser?
error: Content is protected !!