Was jou grimeerkwassies so

Was jou grimeerkwassies met ’n vrolike soliede kwas-reiniger en ’n silikoon-matjie. Dit maak die vervelige taak pret. Plus ’n video wys jou hoe met verskillende produkte.

Deur Suzanne Kotzé

Was jou grimeerkwassies so

Was jou grimeerkwassies is nie juis iets wat my al opgewonde laat voel het nie, todat ek hierdie oulike produkte ontdek het. 

Met ’n soliede kwasreiniger

Hierdie soliede kwasreiniger van Pink Cosmetics X-Raine is so mooi, dat ek dit amper nie kon gebruik nie. Tien baie vuil kwassies later lyk dit egter nog net so mooi!

Stylvol-vriendin en bekende grimeerkunstenaar Raine Tauber was verantwoordelik vir die liplekker ontwerp. Dit is te koop vir R240 by Therapy, Kenilworh, Kaapstad en ander ontwerpe is beskikbaar by Pink Cosmetics se aanlynwinkel. 

Die soliede reiniger bevat kakao-botter en olyfolie om vuilheid af te breek. Maak jou kwassie nat asook die bokant van die reiniger en draai jou kwas al in die rondte. Spoel jou kwassie af onder water (probeer om die handvatsel uit die water te hou, anders word die gom los). Spoel jou reiniger uit met skoon water. Gee jou kwassie nog ’n paar draaie as dit nog vuil is en spoel weer. 

Ek het grimeerkwassies gewas wat ek al met ander seep gewas het, en was verbaas om te sien hoeveel vuilheid daar nog uitkom met die soliede reiniger. Ek is beïndruk!

Druk jou grimeerkwassies op ’n silikoon matjie skoon

Ek het nog altyd net my grimeerkwassies op die agterkant van my hand rondgedraai en vuilheid onder die kraan uitgedruk. Nadat ek egter die matjies op YouTube gesien het, was ek bly om dit op Takealot (R159) te ontdek. Die silikoon het riffeltjies en randjies waaroor jy jou kwassie trek en dit maak al die vuilheid tussen die haartjies ook los. Aan die agterkant is ’n sponsie waarmee jy jou kwassie effens terug kan druk.

Laat jou grimeerkwassies so droogword

Op ’n handdoek, met die punte effens afwaarts sodat die water nie in die handvatsel in loop nie. Ek laat my kwassies so hang dat die kwasgedeelte oor die bad hang, en dit kry ook lekker son so.  

Lees ook: Die treffende ooggrimering

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Luukse velsorg vir jou aandroetine
error: Content is protected !!