Sysagte, blink hare word met ’n jeugdige voorkoms geassosieer. Wie wil nou nie hare hê wat blink, gesond en bonsend lyk nie, ongeag jou ouderdom. Deur Suzanne Kotzé
Dowwe, droë hare kan jou laat ouer lyk
Nadat ek onlangs by ’n sosiale geleentheid was waar ek baie van die gaste byna 10 jaar gelede laas gesien het, het ek agtergkom hoe hare ’n mens kan laat ouer lyk. Natuurlik word die meeste van ons se hare dunner soos ons ouer word, maar wat my veral opgeval het, is hare wat dof en droog lyk, en te min beweeg. (Baie van ons soek so na volume, dat ’n mens dalk bietjie te oordadig is met haarsproei, of te veel swaar stileerprodukte gebruik.)
Redes waarom jou hare beskadig is en breek
Soos ons ouer word, tel jare se skade natuurlik op, en daarom begin ons skade al hoe meer sien.
Soos ons ouer word, tel jare se skade natuurlik op, en daarom begin ons skade al hoe meer sien.
“Hare word verswak deur hittetoestelle (soos haarysters, krultange ens.), sonblootstelling en verskeie behandelings (kleur, bleik, gladmaak, ens.) Al hierdie faktore dra by dat jou haarskubbe (waarvan gesonde hare s’n glad is) opgelig is. “Verhewe haarvliesies dra by dat jou hare breek omdat dit die gladde beskermende laag van die haarskag ontwrig, wat dit meer kwesbaar maak vir skade en hare wat begin breek en dof en grof word. Jou hare koek makliker en gesplete punte verskyn. Kragtige borselwerk, veral van gekoekte hare, kan dit vererger. Dit is dus raadsaam om herstellende produkte in jou haarversorgingsroetine in te sluit, en ook produkte wat jou hare tydens stilering beskerm,” is Chloé Dos Santos, Doktor in aptekerwese vir NUXE se wetenskaplike kommunikasie, se raad.
Sysagte hare met Nuxe Hair Prodigieux
Nadat Nuxe Hair Prodigieux verlede jaar bekendgestel het, het dit so goed gedoen dat dit vandag onder die top 10 haarsorgreekse in Europa is. En as jy dit eers gebruik het, is dit maklik om te verstaan hoekom.
’n Mens se hare ruik heerlik (die haar-reeks het dieselfde kenmerkende geur as die oorspronklike Huile Prodigieuse – Nuxe se ikoon produk), blink mooi (danksy die pienk Kamelia-olie, vir eeue al deur Japanese geishas gebruik om hul hare blink te hou), en dit voel voller.
Die oorspronklike reeks bestaan uit

Pre-Shampoo Nourishing Mask (R845)
Wend dit aan voordat jy jou hare was en los dit vir 5-10 minute aan.
High Shine Shampoo (R495)
Die sjampoe is is silikoon- en sulfaatvry. Dit reinig en voed sonder om jou hare swaar te laat voel.
High Shine Conditioner (R595)
Die opknapper bevat ook geen silikoon nie en help om van koeke ontslae te raak. Wend dit aan jou midlengtes tot punte aan. Onthou om eers jou gewasde hare effens droog te druk, voordat jy dit aanwend. Los aan vir ’n minuut en spoel af.


Intense Nourishing Leave-In Cream (R575)
Hierdie ruik nie net ongelooflik nie, maar beskerm jou hare ook teen hitte. Wend aan voor jy jou hare blaas of hittestileer op jou midlengtes tot punte.
Die twee nuwe toevoegings
Nuxe Hair Prodigieux Le Baume Intensive Repair Hair Mask (R865)
Hierdie ryk, romerige masker voed en herstel jou hare, wat dit teen breekbaarheid beskerm. Soos die ander NUXE haarprodukte bevat dit geen silikoon (‘n bestandeel wat Nuxe vermy, omdat dit nie bioafbreekbaar is) nie. Behalwe die pienk Kamelia-olie bevat dit ook Panthenol (Pro-vitamien B%) en galambotter. Dit voed jou hare sonder om dit swaar en pap te laat voel.
Nadat jy jou hare gewas het, druk dit droog met ’n mikroveselhanddoek (onthou om nie te vryf nie, want dit kan jou hare breek). Wend dan die masker van jou midlengtes tot punte aan, en kam dit met ’n spesiale kam deur. Los dit vir drie minute aan, en spoel af. En onthou as jy dink jy het genoeg afgespoel, spoel weer (om seker te maak jy los geen oortollige produk in jou hare nie, veral as jy fyn hare het!).


Nuxe Hair Prodigieux Le Lait Detangling Leave-In Hair Milk (R575)
Hierde ligte melkerige sproei is ideaal vir die van ons met dunner, fyner hare wat op soek is na volume en bons. Dit help dat jou hare nie koek nie, en bied ook hittebeskerming! Dit laat jou hare lieflik sag voel. Spuit dit aan (as ek tyd het, doen ek dit in seksies, anders spuit ek maar net rond en bont) voordat jy jou hare droogblaas.
Om wegvlieghaartjie te tem, kan jy dit weer nadat jy jou hare stileer het ook liggies aanwend. Spuit eers ’n klein bietjie in jou handpalm en vee dan oor jou wegvlieghaartjies. .
Die Nuxe Hair Prodigieux reeks is beskikbaar by Orleans Cosmetics, Woolworths, Superbalist en Bash
* Die reeks is skoon en veganisvriendelik.





