En ewe skielik is dit ysig; hier is warmbly-bykomstighede op ons wenslysies. Van hoede, serpe en handskoene tot bypassende honde truie! Deur Suzanne Kotzé
Ons het ’n draai by Desray gemaak en ’n paar warmbly-bykomstighede aangeskaf. Justine dra die Charcoal Oversize Lux Coat (R2950, Desray), Grey Cut off gloves (R220, Desray) en Charcoal Scarf Beanie (R490, Desray).(Suzanne hou so baie van Justine se Scarf-beanie dat sy ook een bestel het). Suzanne dra die Charcoal Cap (R330, Desray) en Architectural puffer (R1740, Desray)
Hoede, mussies en kepse
Jou kop sal beslis lekker warm bly met die Sherpa Faux Leather Panama Hat (R299, Woolworths)
Soos jy teen die tyd weet is luiperd (en ander dierpatrone) groot nuus. As jy huiwerig is om dit te dra is ’n keps ’n maklike manier. Drew Animal Peak cap (R329, Poetry)
So ’n satynserp gaan dalk nie wondere verrig om jou warm te hou nie, maar hierdie luiperdmotief een is net te mooi om nie in te sluit nie. En dit sal darem ’n klein bietjie help. Wenk; jy kan dit ook om jou handsak se band bind as ’n bykomstigheid. Leopard Print Satin Scarf (R229, Woolworths)
’n Oorgroot serp met ’n tikkie kleur sal ’n grou wintersdag sommer opvrolik. Jy kan die serp alkante dra. Lined Grid wrap | Red/Grey (R425, Ateljee)
Luiperd, maar maak dit pret! Leopard Wrap | Magenta (R425, Ateljee)
Mens kan jou sommer verbeel dat jou ouma hierdie serp gebry het. Fluffy Scarf in Burgundy and Pink (R499, Me and B) en daar is ’n bypassend trui ook! Fluffy Stripe Jumper in Burgundy Pink (R899, Me and B)
Bypassende truie; honde en eienaars
Hierdie is net die oulik om nie te in te sluit nie. Dit is nou nie streng gesproke bykostighede nie.
Dog Jumper in Red and Pink (verskeie groottes beskikbaar, R499, Me and B) en Colourblock Cardigan in Red/Pink (R1099, Me and B)