Sweetpaktops is lankal nie meer net pasmaats vir sweetpakbroeke nie. Ons dra dit by alles, van jeans tot rompe en selfs bo-oor rokke. Deur Suzanne Kotzé
Hierdie sweetpaktops wil ons nou dra
Good Lounge Sweater in Olive (R790, Purr)
Hierdie kleur is so mooi! En kyk net die oulike borduurdetail. As jy hou van ’n tikkie ‘anders’ is hierdie ’n goeie keuse. Dit is ook beskikbaar in swart en ligroom.
Poetry Penny Sweater (R690)
Ons sukkel om te kies watter van die drie kleure on gunsteling is! Waarskynlik die wit of grys.
The Romantic Collective Heritage Tops (R620)
Ons het onlangs hierdie mooi tops persent gekry van The Romantic Collective en dit is so sag dat ons dit net die heeltyd wil dra.
Country Road Verified Australian Cotton Hooded Heritage Sweatshirt (R990, Woolworths)
Die sagte katoen met die hoedjie is ’n wenkombinasie.
Dra jou sweetpaktops so
Jou sweetpaktop moenie te styf sit nie, maar dit moet ook nie te los wees nie. Anders kan dit slonserig lyk. En jy wil juis jou top saam met soveel uitrustings as moontlik kan dra.
Die French Tuck
Steek net die voorkant (by jou middel) in en laat die kante en agterkant uithang. Dit gee meer definisie aan jou lyf.
Oorgroot
As jy losser, oorgroot tops verkies, dra dit saam met noupassende onderstukke.
Saam met rompe
As jy jou top saam met rompe wil dra, kies ’n top wat nie te los sit nie. Die French Tuck werk veral goed saam met rompe.
Kyk net hoe mooi lyk Donnalee Roberts dit met haar Romantic Collective Heritage top saam met ‘n romp.