Vyf sakpas-dekorplanne om op te knap met wat jy reeds het

Gebruik dit wat jy reeds het en hierdie sakpasplanne om jou dekor op te knap; van blompotte verf tot meubels rondskuif. Kalinka Lombard van The Home Collective gee raad. Saamgestel deur Suzanne Kotzé

17/02/2023

The Home Collective se sakpas-dekorplanne

1. Verf ou blompotte

Gee ou blompotte nuwe lewe met hierdie verftegniek.

Voor
Na

Benodighede

Ou blompotte, koeksoda, twee of drie verskillende neutrale kleure verf, klein sponsies, ’n kwas en paprika.

Ou blompotte, koeksoda, twee of drie verskillende neutrale kleure verf, klein sponsies, ’n kwas en paprika.

Doen dit so

Gebruik enige verf, verkieslik een of twee neutrale skakerings wat jy reeds het.

1. Meng een teelepel koeksoda met een koppie verf. Dit laat die verf ’n effense korreltjierige/kleitekstuur kry. 

2. Verf jou donkerste kleur eerste aan.

3. Druk dan ’n ligter kleur (ook met koeksoda gemeng soos a) bo-oor aan. Gebruik ’n ou stuk lap, T-hemp of selfs jou vingers om die effek van tekstuur te kry.

4. Smeer bietjie paprika hier en daar aan, om daardie effense, dog subtiele geroeste gevoel te kry. Moet dit egter nie oordoen met die paprika nie.

5. Laat dit droog word.

2. Ontklotter

sakpas dekorwenke ontklotter
Wees selektief met vat jy uitstal. Gooi handseep en room in mooi houers om eenvormig te lyk.

Ons raak so gewoond daaraan om ons eie spasie te sien, dat ons dit later nie meer regtig sien nie. Na ’n ruk begin alle vertrekke ‘cluttered’ lyk. Kyk rond na wat onnodig is (oorvol boekrak, plante wat half dood is, te veel kussings op die bank) en gooi uit en pak reg.

3. Skuif dekoritems rond

Neem byvoorbeeld van jou eetkamer se dekoritems en stileer dit nuut in jou ingangsportaal. Die plante en kerse wat op jou eetkamertafel staan, kan dalk mooi lyk op die tafel in jou ingangsportaal.

4. Hergroepeer jou kunswerke

Skuif kunswerke rond in die huis. Hang dit in ’n nuwe groep (soos ’n art wall) of laat dit oorraam en nuwe lewe kry.

5. Gee jou huisplante ekstra liefde.

Knip dooie blare af of knip hulle terug. Spuit blare ook met ’n spuitbotteltjie en vee dit saggies met ’n lappie af om van stof ontslae te raak.

Besoek gerus thehomecollective.co.za

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Weet jy wat jou dekorstyl is?
error: Content is protected !!