Hierdie unieke matte van Arrange Studio het ons stylvolle harte gesteel. Die kurwes en verskeidenheid kleure laat enige spasie dadelik vars en modern lyk. Deur Suzanne Kotzé
As jy ’n dekorliefhebber is, ken jy waarskynlik Arrange Studio, bekend vir hulle Paradise Lights.


Roxanne vertel ons meer oor Arrange Studio Curvy-matte
Ons (Arrange Studio) wou graag saam met Yudu/Belgotex werk aangesien hulle bekend is vir fantastiese kwaliteit matte wat met trots en liefde in Pietermartizburg, Suid-Afrika gemaak word.
Ons wou graag met iets vorendag kom wat vars en modern is, en so is ons Curvy reeks matte geskep. Ons het ons gunsteling kleure gekies om hiermee saam te gaan.

Behalwe dat kurwes en rondings op die oomblik baie gewild is, het ons deur ons werk in veral winkelspasies gesien dat daar ’n groot behoefte is vir matte met rondings. Die geronde vorm verleen dit tot gebruik in soveel verskillende spasies en eindbestemmings.

Die matte met rondings of kurwes is ook ’n maklike manier om ’n vertrek wat te rigied of outyds voel, te versag & moderniseer.
Die regte grootte mat vir jou spasie
Die gewone mat-reëls van pote wat nog steeds (iewers) op die mat staan, geld nog steeds. Natuurlik nou nie die volle meubelstuk op jou mat nie. Dit is wel belangrik dat jou meubels iewers aan die matte raak en oorvleuel om jou spasie gegrond te laat voel. As jy twyfel, koop eerder te groot as dit klein. Mits jy natuurilk genoeg spasie het, meet jou vertrek se buitemates om seker te maak.
Hierdie matte werk goed in enige plek waar jy ’n bietjie sagtheid of ekstra kleur wil inbring, of net iets sags onder jou voet wil ervaar. Al die gewone plekke waar jy matte sou gebruik, soos jou sitkamer of slaapkamer, maar hulle werk selfs lekker in jou kantoor, winkel of ontvangskamer ook.

Die groottes en pryse van die Curvy matte
Die matte is in vyf verskillende groottes beskikbaar:

Die mini-mat is ons jongste toevoeging tot ons reeks, en ons is baie opgewonde daaroor! Dit is in twee groottes beskikbaar
Mini-mat 50 x 80cm (R700)
Mini-mat 60 x 100 cm (R900)
Die kleure van die Curvy matte

Die matte is in sewe verskillende kleure beskikbaar:

Jy kan die kleur van jou omstik/afwerking kies om dieselfde as jou mat se kleur te wees, of ’n kontrasterende kleur.

Kleurkeuse-wenk
“Kyk na watter ander kleure daar in die vertrek is waar jy die mat wil sit. Is daar dalk ’n kleur wat die mat kan optel, bv. ’n meubelstuk of skildery met ’n pienk / bruin/ perske ondertoon? Anders kan ’n mens ook kyk na komplementêre kleure bv. as jy pers iewers in jou spasie het, sal die geel (chartreuse) mat dit gewoonlik mooi komplementeer,” is Roxanne se raad.
Gratis mini-mat, spesiaal vir Stylvol-vriendinne
As jy ’n Curvy mat koop kan jy ’n mini-mat in dieselfde kleur gratis kry deur die kode ‘stylvol’ te gebruik. Jy kry die 50 x 80cm grootte gratis saam met die klein grootte Curvy mat, en die 60 x 100 cm, saam met die medium of groot mat.
Besoek Yudu.co.za om jou eie mat te ‘bou’ en te koop en om jou mini-mat gratis te kry.
