perfeksie
perfeksie

Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan en eerder Wabi-Sabi toe te pas

Om te streef na perfeksie kan goed wees in sommige opsigte, maar toksiese perfeksionisme kan ons psigies en fisies siek maak. As jy hiermee sukkel (en baie van ons doen, veral danksy die onrealistiese beelde op sosiale media), is dit dalk tyd dat jy die Japanese se ‘wabi-sabi’ beginsel toe te pas en waardering vind vir die skoonheid in eenvoud, onperfekthede en die verganklike. Deur Suzanne Kotzé

Wat presies is pefeksionisme?

Die definisie van perfeksionisme is: “’n kombinasie van uitermatige hoë persoonlike standaarde en algemene kritieke self-evaluasie.” 

Kunstenaar Salvador Dali het die volgende te sê gehad oor perfeksionisme

“Moenie perfeksie vrees nie. Jy sal dit nooit bereik nie.”

Volgens ’n studie deur twee bekende sielkundiges (professors Paul L. Hewitt en Gordon L. Flett)  is daar drie tipes perfeskionisme. 

1. Self-georiënteerde perfekionisme verwag van die self om perfek te wees.

Hulle is self-krities en sit baie druk op hulself om te presteer, voel baie druk om die beste te wees en is bang vir verwerping indien hulle nie die beste is nie.

2. Ander georiënteerde perfeksionisme

Hulle is krities oor ander mense (en nie noodwendig hulself nie). Dit is moeilik om verhoudings met hierdie tipe te bou.

3. Sosiaal voorgeskryfde perfeksionisme

Hulle is georganiseerd en presies. Hulle voel die sosiale (ander) veroordeel hulle en dat hulle perfek moet wees om aanvaar te word. 

Vyf redes om jou strewe na perfeksie te laat gaan

1. Jy is nooit ‘klaar’ nie

Jy sukkel om take af te handel en klaar te maak, omdat dit nie perfek genoeg is nie. En dit kan jou laat angstig voel omdat jy nie die genoegdoening het om dit van jou lysie af te merk nie. 

2. Jy is onproduktief

Jy streef dalk om uitmuntend te wees, maar dit kan ook self-saboterend wees. 

  • Jy sukkel om te onderskei tussen onbelangrike en belangrike take en om vinnig aksie te neem of take aan ander te gee (wat dit dalk nie so perfek soos jy kan doen nie). 
  • Jy voel verplig om meer en beter te doen.
  • Jy het rigiede werksgewoontes, maar dit is dalk nie effektief vir die taak waarmee jy besig is nie, of die gewoontes is uitgedien. 

3. Dit is sleg vir jou geestesgesondheid

Angstigheid, depressie, eetsteurnisse en selfmoordgedagtes is van die geestesgesondheidsprobleme waarmee veral sosiaal voorgeskrewe perfeksioniste sukkel. 

’n Studie wys dat meer as die helfte van mense wat weens selfmoord gesterf het, deur hul geliefdes as perfeksionisties beskryf is. 

4. Dit kan hoë bloeddruk veroorsaak

As dinge nie perfek is nie, kan dit dalk jou bloeddruk opjaag. Sommige studies wys dat hoë bloeddruk meer voorkom onder perfeksioniste.

5. Dit kan jou verhoudings moeilik maak

Veral as jy nie net hoë vereistes aan jouself stel nie, maar ook aan jou naastes. Omdat perfeksioniste reeds so self-krities is en na aanvaarding streef, kan enige kritiek (selfs opboudende kritiek), soos verwerping voel en seermaak. Dit kan die perfeksionis reaktief of verdedigend laat optree. 

Die kuns van Wabi-Sabi

Wabi-Sabi (uitgespreek [ wah-bee-sah-bee ] is ’n estetiese Japanese konsep wat die mooiheid en vreedsaamheid vind in voorwerpe, landskappe, ontwerpe ens. wat eenvoudig, onperfek en verganklik is. 

In die Japanese kuns van kintsugi word stukkende kleivoorwerpe (soos bakkies of beeldjies) reggemaak deur boomgom wat met goud, silwer of platinum besprinkel word. Die gebreekte dele en lasplekke word nie weggesteek nie, maar eerder beklemtoon en gevier as ’n voorwerp met ’n geskiedenis. 

In sy boek Wabi-Sabi Simple verduidelik outeur Richard Powell dat wabi-sabi sorg vir outentiekheid deurdat dit hierdie drie realiteite erken

  1. Niks hou nie
  2. Niks is klaar nie
  3. Niks is perfek nie

So volgende keer as jy hard is op jouself, herhaal hierdie drie dinge. Dalk help dit ook om die angstigheid, besluiteloosheid en uitstel wat dikwels met perfeksionisme gepaard gaan, te verminder. 

Onthou onperfekthede wys karakter en uniekhede. Wat jy as jou ‘foute’ sien, is dalk glad vir ander nie foute nie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Andriette de la Harpe
Bakterapie; Andriette de la Harpe deel hoekom bak so terapeuties is
error: Content is protected !!