Vyf maklike sakpas maniere om jou voorkoms te verander

Is jy lus om jou voorkoms te verander, maar weet nie hoe nie of het nie nou die begroting vir ’n drastiese nuwe voorkoms nie. Probeer gerus een van die sakpas maniere vir ’n subtiele verandering. Jy sal verbaas weet watter groot verskil dit maak. Deur Suzanne Kotzé.

Idees om jou voorkoms te verander

1. Verander jou paadjie

Dra jy jou paadjie aand die een kant, oorweeg dit gerus om jou paadjie aan die teenoorgestelde kant, of self in die middel te dra. Jy sal selfs effens meer volume kry, aangesien jou hare nog nie geleer het om plat te lê by jou nuwe paadjie nie.

Sypaadjies is groot nuus vir die jaar; so as jy gewoonlik ’n middelpaadjie dra oorweeg gerus ’n sypaadjie. Die sypaadjie is vleiend vir die meeste gesigvorms en ook ’n goeie keuse as jy fyn hare het.

Die voorkoms wat op die oomblik baie in is as dit by sypaadjies kom, is die sogenaamde ‘flip over’ voorkoms. Dit moet lyk asof jou hare sommer net so oorgegooi is, sonder ’n drastiese sigbare paadjie. En dit werk juis goed as jy jou paadjie verander het aangesien die hare nie net plat lê nie.

    2. Probeer ’n nuwe kleur lipstiffie

    Die meeste van ons gryp na ’n natuurlike kleur vir elke dag, of rooi vir uitgaan. Probeer gerus ’n rooi lipvlek in plaas van jou natuurlike kleur vir elke dag, of ruil jou staatmaker rooi vir skelpienk of koraal.

    3. Wend jou blosser anders aan

    Is jy gewoond daaraan om blosser op die appel van jou wange aan te tik? Dit is immers hoe die meeste van ons geleer is om dit te doen?

    “Indien jy ouer as 40 is behoort jy nie op die appels van jou wange (na ondertoe) blosser aan te wend nie – hierdie metode trek die gesig af ondertoe”, verduidelik grimeerkunstenaar Cheryl Parker. Wend jou blosser aan jou wangbene aan en “blend” of meng op en uitwaarts na jou slape (tempels) toe vir ’n “gesig lig” tegniek wat meer jeugdig sal voorkom.

    4. Bemeester kontoerkuns

    Die naughties se kontoering is terug, maar net baie meer subtiel.

    Wend kontoerprodukte, gevolg deur blosser en beklemtoner aan.

    Onthou donkerder kontoerpodukte ‘steek weg’ en beklemtoner trek aandag.

    Grimeerkunstenaar Raine Tauber het hierdie oulike skets vir ons gemaak om te wys waar ons wat moet aanwend. Dit is natuurlik bloot ’n riglyn en daar is natuurlik spesieke kontoering wat jy kan doen vir verskillende gesigvorms, voorkopgrootes en selfs neusgroottes. Maar hierdie is ideaal vir elke dag kontoering. Jy kan selfs jou kontoerprodukte aanwend voordat jy onderlaag aanwend, as jy die sogenaamde meer subtiele onderverf tegniek wil probeer.

    5. Kies die regte kleur oogskadu/oogomlyner vir jou oogkleur

    Net soos met lipstiffie is meeste van ons geneig om by dieselfde natuurlike oogskakerings te bly. Hoekom nie effens waag en ’n klein bietjie kleur inbring nie.

    As dit te intimiderend is om jou oogskadu-kleur heeltemal te verander, is ’n maklike manier om die kleur van jou oogpotlood te verander. Dit is ’n subtiele verandering, maar tog sal dit anders lyk en jou oogkleur beklemtoon.

    Bruin /Neutbruin oë

    Kies “koeler” skakerings om jou oë die meeste te laat uitstaan:

    • Vlootblou, pers, pruim en donker mosgroen skakerings.

    Vir ’n meer natuurlike grimeervoorkoms, kies warmer skakerings soos:

    • Goud, mosterd, koper, brons en warm bruine

    Groen oë

    Kies van hierdie skakerings om jou oogkleur te laat uitstaan:

    • Grys, pers, donker mosgroen, vlootblou en houtskool

    Vir ’n meer natuurlike grimeervoorkoms kies warmer skakerings soos:

    • Goud, mosterd, koper, brons en warm rooie en bruine

    Vir ’n meer dramatiese/uitstaan voorkoms kies:

    • Oranje, koper en ander warm skakerings.

    Blou oë

    Vir ’n meer natuurlike voorkoms:

    • Bronserige pienk, warm bruin, goud en mosterd skakerings.

    Lees meer hier: Kies só die regte kleur oogskadu vir jou oogkleur

    Stylvol

    Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

    Oor ons

    Stylvol sosiale media

    Nog Stories
    13 Wenke vir ’n gehidreerde wintervel
    error: Content is protected !!