Die meer-is-meer ‘mob wife’-voorkoms

Meer is meer as dit by die virale ‘mob wife’ voorkoms kom. Dink GROOT (hare en brille) en GLANS (grimering). Deur Suzanne Kotzé.

09/02/2024

Wat is die ‘mob wife’-voorkoms?

Die ‘mob wife’-voorkoms het natuurlik sy ontstaan op TikTok nadat ’n video van Kayla Trivieri aangekondig het dat die stil luukse (quiet luxury) trend uit is en die glansryke ‘mob wife’ voorkoms nou in is. Die statige, ingetoë (understated) styl van laasjaar se ‘ou geld’ voorkoms is uit die pad gestamp vir die nuwe geld, ‘mob wife’ styl. En die belangrikste is glo om die ongeêrgde houding te hê van ’n vrou wat geld het om uit te gee en nie tyd het om te mors nie.

(En verskoon ons gebruik van die Engelse term, want ons sukkel met die vertaling en die bendebaas-voorkoms, dit voel net nie reg nie!)

Die voorkoms word geïnspireer deur die TV-en filmkarakters van die tagtigs en negentigs.

Die Sopranos se Carmela Soprano (vertolk deur Edie Falco), Gabriella Dante (vertolk deur Maureen van Zandt) en Adriana La Cerva (vertolk deur Drea de Matteo). Michelle Pheiffer as Scarface se Elvira en Married to the Mob se Angela de Marco is van die inspirasie-karakters.

Maar hoekom ewe skielik die obsessie met hierdie karakters van flieks en TV-reeks van so lank terug? Ons kan net dink dat die gewildheid van die nuwe Netflix-reeks Griselda (vertolk deur Sofia Vergara) wat handel oor die Kolombiaanse dwelmbaas Griselda Blanko se lewe bygedra het daartoe.

As die voorkomste vir jou dalk te veel is, dink eerder aan ‘die glansryke Italiaanse ouma wat jy nooit gehad nie’ vir ’n effens meer stylvolle voorkoms.

Skep die ‘mob wife’-voorkoms so

Ons neem natuurlik altyd trends met ’n knippie sout en dit is beslis nie iets wat ons slaafs navolg nie. Dit is wel pret om so nou en dan met ’n nuwe trend rond te speel. Ons is beslis lus om ’n bietjie pret te hê en dit te probeer.

1. Glansryke sonbrille

Of dit nou kat-oog of oorgroot is, ’n sonbril wat glans verleen is ’n moet.

Burberry BE4393 ( R3260. Sunglass Hut)
Tifanny RF4196 (R4810, Sunglass Hut)
Mango Sunglasses Jenni (R359, Superbalist)

Hare

Haarstilis Francois van der Walt van Tosca salon, Tygervallei gee raad oor die ‘mob wife’ hare

2. Groot hare

“Hierdie tipe styl is nie vir die swakkes van hart nie!”

Miley Cirus by die ongangse Grammy toekennings. Foto: Instagram
Rita Ora. Foto: Instagram

Produkte wat jy nodig het om hierdie tipe style te stileer:

Francois sê hierdie is wat jy nodig het:

Haar mousse

Wend mousse aan voordat jy jou hare blaas. Dit verseker dat jou hare die regte grip het vir die groot volume styl.

Groot borsels

Blaas jou hare droog en gebruik ’n groot ronde borsel. Dit is ’n moet om die hoogte van die Mob wife haarstyl te kry.

Ghd the Blow Dryer Radial Brush Size 4 (R450, ghdhair.com/za en uitgesoekte salonne)
Velcro rollers

Vir nog ekstra volume, draai velcro rollers in. Dit help om ekstra oemf aan jou groot hare te gee.

Haarsproei

Om seker te maak die styl bly reg die hele dag lank.

Schwarzkopf Silhouette Super Hold Hairspray (van R290 vir 300ml, everythinghair.co.za)
Ghd Perfect Ending Final Fix Hairspray (R380, ghdhair.com/za

3. Die ‘mob wife-bob’

Hierdie bob is op sy eie ook ’n reuse trend. Dit is egter nie net net lae of ’n bob nie. Dink aan ’n groot kuif met ’n tikkie misterie en sofistikasie.

Die fokus is ook op tekstuur en kleur wat dit persoonlik maak. Blondines met stralende platinum en vanielje ligstrepies rondom die gesig om ’n ‘halo’ effek te skep. Ryker sjokolade en mocha skakerings werk goed vir brunette.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

4. Haarserpies

Foto: Pinterest

Haarserpies en bande is ’n maklike manier om ’n tikkie glans aan enige voorkoms te gee. Hetsy jy ’n meer Italiaanse-tipe patroon of ’n tikkie luiperdpatroon verkies.

Silky Scarf Blue beige (R171,50 atelejee.co.za)
Black Fabric Vintage Double Print Scarf (R270, Lovisa)

Grimering

Grimeerkunstenaar Reneé de Wit gee raad oor die grimeervoorkoms.

Grimeerkunstenaar Reneé de Wit (wat self hoop dat die trend gou verby is) beskryf die mob-wife voorkoms as volg:

“Meer is meer! Die voorkoms is baie glansryk en maksimalisties.”

4. Bruin ooggrimering

Sjokoladebruin skakerings vir jou oë en baie maskara. Dink 90’s glam

Clarins 4-Colour Eyeshadow Palette (R795, clarins.co.za)
Catrice Hot Mocca Eyeshadow Palette (R152, Superbalist)
NARS Climax Mascara (R615, arcstore.co.za)

5. Maroen of rooi lippe

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Die fokus is nie net op die oë nie, maar ook op jou lippe. Maroen of rooi. Bruinerige neutrale skakerings is die meer natuurlike keuse.

Sisley Phyto Lip Twist in Cherry (R710, Sisley)
W Beauty Hydro Lipstick in Amore ( R139, Woolworths)

Onthou jy hoef nie all out te gaan nie. Hou jou persoonlike styl in ag. Dalk is dit ’n tikkie meer volume as jy jou hare blaas, met ’n serpie, natuurlike grimering en rooi lippe. Of dalk is dit meer as meer.

‘Mob wife’ mode-elemente

Die skoonheidsvoorkoms gaan natuurlik hand aan hand met die mode. Jy kan of die ‘high-low’ voorkoms kies (bv. ’n leer broek, T-hemp en bonkige ketting) of die styl omhels deur die meer is meer aantrekstyl te volg.

  • Bonkige goue oorbelle en kettings
  • Luiperdmotief
  • Kunspels
  • Leer
  • Groot handsakke
  • Hoë stewels

Links na regs: The Minki Chunky Gold Necklace (minki.co.za), Nagemaakte leerbaadjie (Zara), Hannah Diamante Strap Satin Dress (Forever New), Mango dresss Caude (Superbalst), The Print Wrap Dress (Me and b), Aldo Ocical black bag (Superbalist), Organic Shape Earrings (Me and b), Lisa Faux Leather Slim legs pants (Poetry)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Pamperlangpresente vir velsorgfoendi’s, grimeerkoninginne en meer
error: Content is protected !!