Hier is grimeerkunstenaar Renée de Witt se vyf beste wenke vir rooi lippe. Rooilip-liefhebbers Leandie du Randt, Zoë Brown en Jackie Burger verklap ook wat hulle gunsteling rooi lipstiffies is! Of jy nou rooi lippe op ’n romantiese aand uit wil dra, na die raadsaal, of vir ’n ete saam met vriendinne, hierdie klassieke staatmaker pas by alles en gee dadelike ’n wow-faktor aan die mees vervelige uitrusting. Deur Suzanne Kotze
Rooi lippe is gelykstaande aan mode se swart rokkie, ’n klassieke staatmaker. Die rooi lippe van so ’n paar dekades gelede het van van ‘sexy’ (en soms goedkoop) aanbeweeg na sterk en vol selfvertroue. Vandag simboliseer dit vir ons vroue wat gemaklik in hul eie vel voel. Vroue wat sterk staan. Vroue wat goed voel. Vroue wat vir hulself wil mooi en sexy lyk en voel.
Grimeerkunstenaar Renée de Wit se vyf beste wenke vir rooi lippe

1. Dra jou goedvoel rooi lippe
Ek glo nie aan die reël van koue veltone moet koue skakerings rooi lipstiffie dra, of warm veltone moet warm skakering dra nie. Ek glo dat as jy goed en vol selfvertroue voel in enige skakerings lipstiffie ‘gooi hom’!
2. Skilfer jou lippe af; jou lipstiffie sal langer aanbly
Ek skilfer altyd eers die lippe af deur lipbalsem te gebruik en van daardie weggooibare maskaraborseltjies (waarmee jy ook jou wenkbroue kan opkam). Wend die lipbalsem aan en borsel saggies oor jou lippe met die borseltjie.
3. Wend verbloemer aan die buitelyne van jou lippe
Ek wend altyd ’n klein bietjie verbloemer om die buitelyne van die lippe sodat die lipstiffie nie ‘bloei’ nie.
4. ’n Vloeibare langaanbly lipstiffie werk goed onder jou masker

Vir onder ’n masker werk ’n vloeibare langaanbly lipstiffie soos Stila Stay All Day Lipstick (R395, Superbalist). Dit beweeg nie.
5. Klad jou lippe op ’n sneesdoekie voordat jy jou masker aansit
Ek klad altyd my lippe met ’n sneesdoekie voordat ek my masker aansit. (maar met die Stila is dit nie eens nodig nie).
Bekendes deel hul gunsteling rooi lipstiffies
Leandie du Randt se gunsteling rooi lipstiffies


1. Revlon Matte 017 Crushed Rubies R140, Superbalist
2. Elizabeth Arden Beautiful Color Moisturising Lipstick In Red Door Red (R325, Clicks)
3. Mac Retro Matte Lipstick in Ruby Woo (R280, Mac)
4. Catrice (Cosmetix SA) – Glossy Lip Oil Powerful 5
Zoë Brown se gunsteling rooi lipstiffies


1.Mac Retro Matte Liquid in Dance With Me (R350, Mac) 2.Mac Retro Matte Lipstick in Ruby’s Crew Ruby Phew (R360, Mac) 3.Mac Retro Matte Lipstick in Ruby Woo R280, Mac)
4.Mac Matte Lipstick in Chili (R280, Mac) 5.Mac Matte Lipstick in Chili D for Danger (R280, Mac) 6.Mac Matte Lipstick in Russian Red (R280, Mac) 7.Maybelline Matte Lip Colour Pioneer (R132,97, Clicks)
Jackie Burger se gunsteling rooi lipstiffies

Ek het nog altyd meer van mat lipstiffies gehou. Hier is my top drie.

2.Mac Matte Lipstick in Russian Red (R280, Mac), my heel eerste ontdekking van die ‘ultimate red’. Die blou ondertoon werk goed saam met my veltoon. Hierdie is my staatmaker lipstiffie.
3.Chanel Rouge Allure Velvet Extrême in Pivoine Noire (R780, Woolworths).