10 Grootste naeltrends van die oomblik

Naels vir nou – hier is van 2024 se mees gewilde naeltrends, van helderrooi tot sagte pienke en minimalistiese naelkuns. Onthou naelverf is nie vir ewig nie – probeer ’n slag iets nuuts, dit is immers net tydelik! Deur Justine Kroes

1/03/2024

10 Naeltrends wat nou groot nuus is

1. Embossed (Geëmbosseleerde) naels

@lolo.nailedit op Instagram
naeltrends
@lolo.nailedit op Instagram

Nadia Stroh van The Nail Room in Stellenbosch sê: “Geëmbosseleerde naelkuns is iets wat ek al hoe meer sien – mense begin nou eksperimenteer met teksture op naels en ek is sommer opgewonde daaroor! Blommotiewe lyk veral na gewilde keuses op die oomblik.

naeltrends
Foto: @beautyhaven_byjodie op Instagram
naeltrends
Foto: @The_nailartstudio op Instagram
naeltrends
Foto: @bodyskinnails op Instagram

Hierdie driedimensionele effek kan op al jou naels of net ’n paar aangeverf word.

2. Balletcore

Foto: @jinsoonchoi op Instagram by Michael Kors se SS2024 modevertoning
Foto: @overglowedit op Instagram

Die “clean girl aesthetic”, ook bekend as balletcore, bly vanjaar ’n gewilde naeltendens. Skoon, ultra netjiese gemanikuurde naels met ’n effense sagte pienk naellakskakering.

Foto: @beautyhaven_byjodie op Instagram

Hierdie sagte pienk, skoon naeltrend is ook eie aan die “quiet luxury” (stille luuksheid) tendens waar die fokus op ’n goed versorgde en afgeronde voorkoms ls.

Die moet met hierdie trend is naels wat gesond lyk, dit beteken, onthou om gereeld jou naelolie en handeroom aan te wend vir gesonde naelvliesies wat nie droog lyk nie.

Hierdie Bio Sculpture produkte is ons antwoord teen droe naelvliesies en gesonde naels (pssst – klik hier en ontvang tot 10% afslag op jou bestelling, afslag sal outmaties toegedien word).

Bio Sculpture Almond Nail Oil (R130)
Bio Sculpture Vitamin Dose (R130)
Bio Sculpture Hand Cream (R130)

3. Franse manikuur (wat dryf)

Op modeloopplanke by ontwerper Staud Clothing se modevertoning in New York was die “floating French” op die modelle se naels amper meer gewild as die kledingstukke self.

naeltrends
Foto: @Julieknailsnyc op Instagram
naeltrends
Foto: @Julieknailsnyc op Instagram
naeltrends
Foto: @Julieknailsnyc op Instagram

Hierdie grafiese weergawe van die Franse manikuur hou jou eie naelpunte steeds deursigtig – die plasing van die streep is bietjie laer af na die middel van jou nael se kant toe.

naeltrends
Foto: @jinsoonchoi op Instagram

4. Helderrooi naels

Hierdie is natuurlik te danke aan die “mob wife”, meer-is-meer modetrend. Dink aan groot hare, rooi lippe, luiperdmotief klere (met leer), goue juwele en natuurlik rooi naels!

naeltrends
Foto: @jinsoonchoi op Instagram

Ons sal liefs die rooi naels (oukei en dalk die rooi lippe) kan dra sonder al die bogenoemde daarby. Daar is maar net iets omtrent ’n pragtige rooi manikuur wat ons gelukkig laat voel. Wenk: hou die lengte kort vir ’n meer moderne rooi nael voorkoms.

Bio Scultpure Gemini Polish in Blazing Lacquer 166 (R120)
CatriceIcons Nails Gel Lacquer (R75,95) in Vive l’Amour
Essie Classic Nail Polish in shade 5th Avenue (R140 Bash)

5. Minimalistiese naelkuns

Eenvoudige, minimalistiese, skoon naelontwerpe is terug. Vanjaar by ontwerper Jason Wu se SS2024 modevertoning het al die modelle ’n superdun, fyn strepie en kolletjie  in swart op skoon naels (op van die naels) geverf gehad.

naeltrends
Fotos: @jinsoonchoi op Instagram
naeltrends

Die idee van hierdie trend is om jou naelontwerp jou eie te maak – niks hoef simmetries en perfek te wees nie – jy kan besluit waar jy ’n strepie wil trek of dit nou dwars oor die nael is op een nael en vertikaal op die ander ander nael. Maak dit jou eie.

naeltrends
@paintboxnails op Instagram

6. Sagte pastel en nude skakerings

Neutrale, sagte en effense pastel skakerings is ook in. Melkerige wit/pienk, sagte pienk en ligte lila-pers skakerings is gewild. Bio Sculpture se nuwe ‘Flutter By’ reeks is hier in die kol met hul skakerings.

naeltrends
Bio Sculpture se nuwe “Flutter By” reeks

Hierdie mooie sagte skakerings pas byna by elke veltoon en jy kan besluit of jy ’n effense deursigtige naelvoorkoms verkies (minder lagies) of meer duidelike kleur (drie of meer lagies) van die reeks. Justine het elk van haar naels ’n verskillende skakering van die nuwe reeks geverf – “ek kry so baie komplimente en mense wat vra ‘wat is hierdie of daardie naelkleur se naam’”.

Bio Sculpture Shade ‘313 Transparent Beauty’
naeltrends
Bio Sculpture Shade ‘315 Wings of Grace’

Gelukkig werk Bio Sculpture altyd so slim met nuwe naelkleur vrystellings – die skakerings is beskikbaar in jelvorm vir die wat graag die salon besoek, en ook in naellakskakerings vir die wat eerder tuis naels wil verf.

Bio Sculpture jel en naellak skakerings beskibaar in die nuwe “Flutter By” reeks

7. Kort vierkantige naels

Stylkenners sê kort vierkantige naels wat in die 90’s groot nuus was, is terug; hierdie jaar is die kante net effens meer rond.

naelstrends
Foto: @beautyhaven_byjodie op Instagram

As jy graag ’n ander vorm wil probeer, maar vierkantig is dalk nie vir jou nie – probeer “squoval” naels, ’n kombinasie van “square” en “oval” naels.

Foto: @beautyhaven_byjodie op Instagram
naeltrends
Foto: @beautyhaven_byjodie op Instagram

8. Strikaksente

@overglowedit op Instagram

Kyk dit is geen geheim dat strikke behoorlik die modewêreld vanjaar oorneem nie – en ons kon net raai dat hierdie gewilde (en o so prettige) tendens sou oorspoel na die skoonheidswêreld toe.

@overglowedit op Instagram
@Mynameosmikinail op Instagram

“Coquettes” of strikke op naels kan geverf wees, ’n drie dimensionele effek hê of selfs naelplakkers wees. Ons hou veral van die vroulike speelsheid van strikke op naels en beslis ’n trend wat ’n probeerslag werd is.

naeltrends
@overglowedit op Instagram

Strikkies, klein of groot, op een nael of op al die naels – toets dit en probeer dit.

9. Jellienaels

Kyk net hoe oulik is hierdie manikuur deur naelkunstenaar vir die sterre Betina Goldstein. Betina het hierdie jellienaels vir Barbie aktrise Margot Robbie ontwerp, geinspireer deur Barbie se jellie skoene.

Fotos: Betina Goldstein op Instagram

Die idee agter jellienaels is dat dit ’n helder kleur is, maar sag en amper uitgewas lyk. Jou eie nael moet deurskyn vir daardie perfekte jellienael voorkoms.

Bio Sculpture Shade 314 “sheer admiration” in die nuwe “Flutter By” reeks

Kies in die salon ’n effens deursigtige naellak om daardie jellie afwerking te kry. Tuis kan jy ’n piepklein druppel van jou gunsteling skakering met ’n deursigtige naellak meng om jou eie unieke jellie naelkleur te skep. Onthou minder lagies naelverf sal daardie jellienael voorkoms skep sodat jou nael steeds sigbaar is onder die kleur.

10. Aura naels

naeltrends
@lolo.nailedit op Instagram

Aura naels verwys na naelkuns waar skakerings van kleur (gewoonlik in die middel) van die nael geverf word en in ’n ander skakering invloei. Die idee kom van die idee dat iemand omhels word deur die kleur van hulle “aura”.

naltrends
@lolo.nailedit op Instagram

’n Duidelik bars van kleur in die middel van die nael wat uitvloei, amper in ’n wasige effek in ander skakerings (soortgelyk aan ombre naels), die plasing en tegniek word net anders aangewend. Hier is ’n paar pragtige inspirasie idees:

naeltrends
@overglowedit op Instagram
naeltrends
@nailsbymh op Instagram
naeltrends
@lolo.nailedit op Instagram
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Amalia Uys
Amalia Uys se nuwe lob en nog 9 mooi lob-haarstyle
error: Content is protected !!