Voel jy op die oomblik oorweldig en onproduktief? Al probeer jy hoe hard, sukkel jy om selfs die kleinste takie van jou moet-doen lysie af te tik? Hier is raad en praktiese wenke om vir jouself te bewys jy kan vir jouself opdaag en ’n handige wenk om ’n slegte gewoonte te verleer. Saamgestel deur Justine Kroes
25/ 08/2023
Klink die dalk soos jy?
Dit is belangrik om te weet dat dit oukei is om oorweldig te voel. Daagliks is daar so baie verskillende elemente wat ons beïnvloed – dit is oukei om oorweldig te voel” so vertel lewensafrigter en spreker Cherona D.
“‘70 plus persent van my kliente se stresreaksie van oorweldig voel is ’n aksie van vries. Dit is wanneer jou liggaam swaar voel, jy “scroll” eindeloos op sosiale media, of jy sit en kyk ure om na (binge watch) TV-programme.”
“Enige klein takie voel vir jou te oorweldigend om te verrig. Waar jy voorheen jou tekkies kon optel en gaan hardloop, voel jy dalk nou jy kan selfs dit nie eers vermag nie. Dit voel asof jy nie eers meer vir jouself daar is nie.” sê Cherona.
Voel minder oorweldig met haalbare praktiese wenke
Begin klein, is Cherona se plan, “ek gebruik twee praktiese oplossings vir kliënte om minder oorweldig te voel”.
1. Skryf in ’n joernaal
Probeer vir tien dae net vir jouself opdaag. Kry vir jou ’n A5-grootte joernaal en elke oggend of elke aand, skryf jy eenvoudig net neer wat in jou gedagtes rondhardloop.
Hier is nie ’n reg of ’n verkeerd nie. Dit gaan hier nie oor die skryf of die konteks waaroor jy skryf nie, of selfs om oplossings te probeer vind vir jou probleme nie. Wat hierdie oefening wys, is dat jy vir tien dae lank op hierdie klein manier opdaag vir jouself.
Doen dit so:
Skryf ’n bladsy vol – skryf jou gedagtes soos hul opkom vir minimum vyf minute, niks meer as tien minute nie, neer.
Sien dit amper as ’n uitwoedsessie (vent) sonder om oplossings te probeer vind – en merk dit in jou dagboek/skedule as “me time”.
Moenie “moet-doen” lysies optrek nie – dit gaan jou eenvoudig net meer oorweldig laat voel. En elke dag as jy nie alles op jou lysie aftik nie, sê jou brein vir jou “Jy’s ’n mislukking”. Jou brein gaan jou onbewustelik herhinner aan alles waarby jy nie uitgekom het nie. En nie fokus op die paar wonderlike, suksesvolle dinge wat jy dalk reggekry het nie.
Dit skep ’n nuwe neurale paadjie
Ons wil vir onsself kan bewys (eintlik meer ons brein) dat ons wel vir onsself kan opdaag – deur ’n nuwe neurale pad te skep (new neural pathway) wat sê “you can show up for yourself”, verduidelik Cherona.
Dit is ook belangrik om vir jouself grasie (grace) te gee. Dis om te besef dit is oukei as jy nie deur al die huiswerk gekom het met jou kind nie, of dalk iets nie kon klaarkry by die werk nie. Wees bewus van die grasie wat jy vir jouself vir die volgende tien dae moet gee omdat jy besig is om vir jou brein te leer jy beweeg uit ’n toksiese siklus.
Hierdie tien dae van gedagtes neerpen is veral ’n goeie oefening vir die mens wat dalk voel hy/sy begin altyd met iets maar maak dit nie altyd klaar nie. Of vir daardie persoon wat voel hy/sy stel doelwitte maar bereik nooit sy/haar doelwitte nie. Dus is dit belangrik om eers klein te begin. En vir onsself (eintlik ons brein) te bewys ons kan vir hierdie tien dae vir onsself opdaag.
Dit skep ’n nuwe neurale paadjie reg langsaan die een wat jou laat voel jy stel jouself, jou gesin, dalk selfs jou baas, teleur. En dit laat jou minder oorweldig en meer in beheer voel.
2. Probeer om “mindless scrolling” te verminder
Cherona sê “Die tweede praktiese stap is om ’n toepassing (app) op jou foon te installeer wat keer dat jy in die gat van “mindless scrolling” val. Wanneer ons onsself in hierdie oorweldige stresreaksie van “vries” bevind, is dit so maklik om te verdwaal en verlore te raak in sosiale media. Dit gaan jou dalk vir ’n rukkie laat beter voel, maar daarna eintlik net meer oorweldig laat voel.
Die One Second App help jou om jou sosiale mediagebruik meer bewustelik te reguleer. Wanneer jy dit op jou foon installeer, keer die toepassing jou voordat jy tussen verskillende sosiale media platforms rondbeweeg. Bv van Instagram na Tik Tok; hy laat jou ’n mindfulness aktiwiteit doen, wat jou net terugbring na jou realiteit toe.
Op sosiale media is wat jy sien nie gereguleer nie, verduidelik Cherona
“Jy het dalk iets hartseers gesien, en jou liggaam is nog besig om daardie hartseer te ervaar en te besef wat jy eintlik voel, en dan lag jy ewe skielik, want jy sien weer iets skreeusnaaks. En so bokspring ons emosies, ons serotonien, ons adrenalien, ons dopamien. Ons behoort so iets glad nie toe te laat in ons liggame nie, maar meer nog, in ons breine nie”.
Cherona D
Probeer hierdie toepassing wat jy kan installeer “The one second app” – dit is ’n gratis hulpmiddel en dit gee jou net ’n tweede kans om seker te maak “wil ek eintlik nou spring van die een emosie na die ander of kan ek dalk eerder nou daardie takie verrig wat ek netnou al moes gedoen het en wat my eintlik oorweldig?”.
Daar is natuurlik baie ander praktiese maniere om minder oorweldig te voel. Maar ek dink dit is belangrik om jou vireers op ’n praktiese manier weer te laat besef jy is in staat om produktief te wees en om minder oorweldig te voel.
Cherona D is ’n konneksie-sielkundige, spreker en afrigter en werk saam met organisasies en individue. Besoek gerus cheronad.com