Voel jou vel ook droog? Hier’s hidrerende hulp!

Ons velle voel besonders droog, uiterste temperature van buite se koue na warmer temperature binne, lugreëlings en verwarmers help nie juis ons saak nie. Hierdie faktore droog die lug en so ook ons velle net verder uit. Hier’s hulp vir jou gedehidreerde wintervel. 5 haalbare stappe tot hidrerende vel, plus ons gunsteling produkte om droogheid en dehidrasie te beveg. Deur Justine Kroes

02/08/2024 Promosie

Verskil tussen ’n droë en ’n gehidreerde vel

Dit is belangrik om heel eerstens die verskil tussen ’n droë en ’n gedehidreerde vel uit te ken, albei het soortgelyke tekens wat mag ooreenstem.

’n Droë vel

’n Droë vel verwys na jou veltipe, jou veltipe is geneties, en jy word daarmee gebore. Jou veltipe kan verander namate jy ouer raak en die meeste mense se veltipe word hier droër.

Tekens van ’n droë vel, jou vel voel styf en ongemaklik en ook partykeer branderig wanneer jy produkte aanwend. Jou vel word vinnig rooi en jy ontwikkel van vroeg af lyne en plooie omdat jou vel van nature meer droog is.

’n Gedehidreerde vel

Ongeag jou veltipe kan jy steeds met ’n gedehidreerde vel sukkel. Hierdie verwys na ’n tekort aan vog in jou vel en velselle. Jou vel voel dalk styf, trekkerig, en ongemaklik.

5 Stappe tot ’n gehidreerde vel

1. Skilfer af

Begin by die begin, indien jy met ’n gedehidreerde vel sukkel, is stap een altyd om jou veloppervlak af te skilfer. Wanneer jou vel gedehidreerd is, is daar gewoonlik fyn dooie velletjies wat op die boonste lagie van jou vel opeenhoop. As hierdie velletjies nie afgeskilfer word nie, sal jou velprodukte nie behoorlik die dieper lae van jou vel kan binnedring nie en dit mag ’n impak hê op jou vel se vogvlakke en sperfunksie. Dus is dit baie belangrik om minstens een tot twee keer per week tuis met ’n ensiem-afskilferaar jou vel af te skilfer.

Nuut in die Clarins Hydra-Essentiel reeks

2. ’n Serum is ’n moet

’n Serum werk anders as ’n vogroom – ’n serum is ’n produk wat ’n klein molekulêre struktuur het. Dit beteken hierdie gekonsentreerde bestanddele kan diep tot in die verskillende lae van die vel inbeweeg. Tydens kouer wintermaande is ’n hidrerende serum ’n moet op ons badkamerkassies. 

Een van moet-hê bestanddele in so ’n serum is gewoonlik  hialuroonsuur. Hialuroonsuur kom natuurlik in ons velle voor en werk soos ‘n glas water vir jou vel. Die slim bestanddeel werk as ’n bevogtiger en trek watermolekules aan wat velselle opplomp en jou vel hidreer. So ’n hialuroonsuur molekule kan tot ’n 1000 keer sy gewig in water dra.

Clarins se nuwe Hydra-Essentiel [HA2] Bi-Phase Serum (R940 vir 30ml)

Clarins se nuwe Hydra-Essentiel [HA2] Bi-Phase Serum (R940 vir 30ml) bevat dubbel die hoeveelheid hialuroonsuur as die vorige reeks. Die kombinasie van ’n duo hialuroonsure plus die planbestanddeel Organic Leaf of Life Extract werk saam om vir langer as tevore hidrasie te bied en jou vel se voglakke te herbalanseer. Boonop plomp dit die vel op en herstel jou vel se sperfunskie.

Ons gebruik hierdie serum direk na gesigwas op ’n effense klam vel. Hierdie serum is lieflik lig en het ook nie ’n olierige tekstuur nie, selfs al bevat die “bi-phase serum” lipiedes. Dit word blitsvinnig geabsorbeer en ons velle voel werklik asof dit een groot sluk water geneem het.

3. Hidrerende of aanbly masker

Om verder jou vel se vogvlakke te verhoog, is ’n meer intensiewe produk soos ’n hidrerende of strelende gesigmasker nodig. Wend altyd jou masker na jou tuisafskilfering aan vir die beste resultate.

Ons gunsteling masker vir ekstra hidrasie is Clarins se nuwe Hydra Essentiel [HA²] Restoring Cream Mask (R595). Die masker is ryk aan seramiedes, lipiedes en hialuroonsuur wat natuurlik in jou vel se sperfunksie voorkom. Hierdie seramiedes streel en herstruktureer jou vel se sperfunskie om sodoende enige vogverlies te voorkom. Die kombinasie van die Clarins [HYALURONIC POWER COMPLEX +] en die seramiedes bied intense hidrasie en versterk ook jou vel se sperfunksie.

Clarins Hydra Essentiel [HA²] Restoring Cream Mask (R595)

Dit is g’n wonder dat vroue in ’n onlangse opname deur Clarins (100 vroue) na een keer se gebruik van die masker die volgende te sê gehad het nie:

  • 90% van vroue het opgelet hul velle is gladder.
  • 88% voel hul velle het ’n hidrasie hupstoot ervaar met ’n plomper velvoorkoms.

Hierdie masker het ’n luukse romerige tekstuur en wend soos ’n droom aan, dit word vinnig geabsorbeer en is ideaal om sommer as ’n aanblymasker te gebruik.

As jy weet jy vir ure tuis voor die verwarmer of kaggel gaan deurbring, wend hierdie masker lekker dik aan wat boonop sal verhoed dat daar enige trans-epidermale waterverlies plaasvind terwyl dit jou vel streel en hidreer.

4. ’n Hidrerende sproei hupstoot

Daar is darem niks so lieflik soos ’n hidrerende gesigproei wat jy sommer so deur die loop van die dag ’n paar keer op jou gesig kan aanspuit nie. Ons nuwe gunsteling wat ons oraloor saamdra:

Clarins Hydra-Essentiel [HA²] Hydrating Multi-Protection Mist (R615)

Clarins Hydra-Essentiel [HA²] Hydrating Multi-Protection Mist (R615) is ’n super hidrerende gesigsproei wat vel hidreer, opplomp en glansend laat terwyl dit boonop die vel teen omgewingsbesoedeling beskerm.

Hoekom hierdie gesigsproei ’n Stylvol gunsteling is:

  • Nie net hidreer hierdie sproei jou vel nie, maar beskerm ook teen jou foon en rekenaar se blou lig.
  • Dit is gepas vir enige veltipe, droog, normaal, kombinasie en olierig.
  •  Gebruik dit soggens as ’n voorberedingslagie voor jy grimering aanwend en dan weer na grimering aanwending, albei stappe laat grimering set en langer hou.
  • ’n Hidrerende hupstoot wanneer jou vel iewers gedurende jou dag styf en trekkerig voel as gevolg van die kar of kantoor se lugreëling.
  • Gebruik dit namiddag om vanoggend se grimeervoorkoms te verfris en vars te laat lyk.
  • Dit lig dadelik jou gemoed en gee vir jou ’n oomblik om te stop, spuit en asem te haal in die gejaag van ’n besige dag.
Clarins Hydra-Essentiel [HA²] Hydrating Multi-Protection Mist (R615)

Hierdie slimsproei bevat ’n kragtige kombinasie van hialuroonsuur vir hidrasie. Furcelleria en White-horehound plantbestanddele beskerm die vel. Organic Leaf of Life ekstrak stimuleer die vel se eie hidrasie meganismes en Nipplewort ekstrak maak gebruik van anti-oksidante wat teen besoedeling en vrye radikale beskerm.

Moenie van jou lippe vergeet nie

Die uiterste temperature en daarby ook die droë lug het ’n groot impak op jou lippe se vogvlakke. ’n Hidrerende lipsalf is ’n moet. Ons het al op vele fotosessies gesien hoe grimeerkunstenaars ALTYD voor lipstiffie aanwending eers ’n hidrerende lipsalf op modelle gebruik – dit laat nie net jou lippe minder styf voel nie maar laat ook die lipstiffie eweredig aanwend en langer hou.

Clarins Hydra-Essentiel [HA²] Moisture Replenishing Lip Balm (R340)

Clarins se nuwe Hydra-Essentiel [HA²] Moisture Replenishing Lip Balm (R340) is ’n baanbreker lipsalf wat nie net lippe hidreer en restoureer nie, maar boonop beskerming bied om daardie ongewenste droë lippe te verhoed. Dit is die heel eerste keer wat Clarins ’n hialuroonsuur in ’n lipformulasie gebruik en ons is hierdie winter veral dankbaar vir die ekstra hidrasie wat die bestanddeel bied. Die lipsalf bevat ook organiese kakaobotter wat lippe voed, kakaopoeier met polifenole wat lippe streel en sonneblomolie wat bevog en beskerm.

Hierdie lipsalf wend soos ’n droom aan en binne minute voel jou lippe plomp en gehidreerd. Die tekstuur is ryk maar glad nie taai nie en beklemtoom jou lippe met ’n pragtige sagte glans. Nadat ek die lipsalf aan my lippe aangewend het, druk ek ’n klein hoeveelheid hiervan op my vingerpunte en vryf dit in my droë en seer naelvliesies in, die verskil wat dit maak is merkwaardig!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Justine en Suzanne multi-funksionele oorbelle
Ons dra nou: Multi-funksionele oorbelle
error: Content is protected !!