Is NARS-grimering orgasmies en waaroor die bohaai?

Ons gesels met NARS se hoofgrimeerkunsteaar in Suid-Afrika (ja, dit is nou hier beskikbaar!) en leer meer oor die grimering, wat ons eens net met ‘Orgasm’-skakerings, grimeerkunstenaar-gunstelinge en bekendes geassosieer het. En natuurlik toets ons dit ook. Deur Suzanne Kotzé

Ons moet bieg, ons het nie veel van NARS geweet nie, behalwe dat mens dit raakgelees het in onderhoude met van die oorsese bekendes se grimeerkunstenaars. En kyk jy TikTok is jy waarskynlik ook bewus van die ‘Orgasm’ skakerings. En dat jy dit nooit in Suid-Afrika kon koop nie. Dit het egter verlede jaar verander met die opening van die NARS-boetiek in Sandton, en dit is ook nou in Arc-store winkels en aanlyn beskikbaar. Ons het verder ook ’n voëltjie hoor fluit oor ’n moontlike Kaapse boetiek …

NARS se hoofgrimeerkunstenaar, Marco Louis Ackers, het in Kaapstad kom kuier en ons genooi om te kom kuier in Arc-store, Tygervallei om meer te leer oor NARS en met die produkte te kom speel terwyl hy ons grimering gedoen het. Marco is onlangs gekies as een van NARS se internasionale span, ’n geweldige groot eer, aangesien NARS maar slegs ’n paar maande in Suid-Afrika beskikbaar is.

En ja, ons vertel jou nou nou meer van die ‘Orgasm’ blush en lipkleure wat ons natuurlik moes toets.

Meer oor NARS-stigter Francois Nars

Daar word gereeld gespot dat Francois Nars die enigste man is wat nog nooit nie vir ’n vrou ’n Orgasm(e) gegee het nie. Natuurlik met verwysing na NARS se welkbekende ‘Orgasm’ reeks.

Die Fransman was van jongs af gefassineer deur grimering en het gereeld sy ouma en ma dopgehou terwyl hulle grimering gedoen het.  Nadat hy by die bekende Carita grimeerskool in Parys studeer het, is hy na New York, waar hy vinning opgang gemaak het as grimeerkunstenaar. Van Vogue fotosessies tot grimering vir bekende modehuise soos Marc Jacos, Calvin Klein en Versace.

Nadat hy frusteerd geraak het met die beskikbare lipstiffiekleure het het sy eie 12 lipstiffiekleure, vandag bekend as ‘The original’, laat meng. Dit was eers net in Barney’s, New York, beskikbaar maar was so gewild dat meer winkels en produkte gevolg het.

NARS is bekend vir:

Grense verskuif, vreemde, uitdagende name (die bekende Orgasm-reeks), ikoniese grimeerprodukte en hoë kleurpigement. “Meer as al hierdie, is NARS bekend daarvoor dat ons die grimeerdraers se behoeftes vestaan,” vertel Marco.

“Om vel/onderlaagprodukte aan te bied wat soos vel lyk, en kleur wat daarmee saamgaan. Daar is waarlik iets vir almal.”

Wat maak NARS anders?

Daar is werklik ’n fokus om grimering te skep wat die grimeerdraer verwag, en meer, deur ook na velsorgbehoeftes om te sien. “Die onderlaag bestaan byvoorbeeld uit meer as 70% velsorgbestanddele. En ander produkte, soos byvoorbeeld, lipkleure bevat ook velsorgbestanddele,” vertel Marco.

Die orgasmiese NARS-skakerings

Byna 25 jaar gelede is die skitterende pienkerige perske Orgasm blosserskakering geskep. Hieruit het lipstiffieskakerings, vloeibare blossers en selfs ’n Afterglow Orgasm reeks gevolg.

TikTok het dit egter weer opnuut ontdek, en kyk jy op nars.com sien jy by die skakering ‘As seen on TikTok.’ “Ons kry gereeld giggelende tieners wat kom vra: ‘May I have an Orgasm’ please?’, vertel Marco. En ja die naam alleen lok dalk sekerlik kliënte na NARS, maar die Orgasm reeks is veel meer as net ’n naam.

Tot vandag bly die oorspronklike Blush in Orgasm die topverkoperblosser in die VSA.

“Dit maak soveel sin, aangesien hierdie skakering (regdeur die reeks) universeel is en by alle veltone pas.  En dit is natuurlik vandag in veel meer as net die oorspronklike blosser. Van Orgasm lippe tot luukse wangprodukte, almal kan hulself met die ‘Orgasm’ fenomeen bederf.”

Die Orgasm-skakerings wat ons getoets het

Marco het die oorspronkike NARS Blush in Orgasm, gevolg deur die Liquid blush original in Orgasm op Justine se wange gebruik.

Op my het hy die Afterglow LIquid Blush in Orgasm gebruik.

En op my lippe die Afterglow Lip Balm in Orgasm.

Ons kon werklik nie glo hoe goed hierdie kleure op ons altwee gewerk het nie. Op Justine met haar warm, olyfkleurige vel het die skakerings heeltemal anders gelyk as op my kouer veltoon.

En ja, die subtiele kleur en glans wat dit gee laat dit beslis lyk of jy ’n lekker geheimpie of twee te vertel het.

Ikoniese topverkoper produkte waarvoor NARS bekend is.

“Die mees ikoniese produkte by NARS is bekend daarvoor dat hulle jou gelaatstrekke beklemtoon en verbeter eerder as om weg te steek. Vel moet altyd soos vel lyk, en enige kleur moet lyk asof dit van binne (jou) kom. Van die Skin Enhancing Light Reflection Foundation tot die Laguna Bronzer of die Orgasm Blush. Alles beklemtoon dit wat daar reeds is.

Marco het juis die Laguna Bronzer op Justine se ooglede ook gebruik. “Grimeerkunstenaara is geneig om altyd swaar grimering op my oë te doen, en ek hou niks daarvan nie. Dit is vir my so lekker dat Marco net die verbronsingspoeier gebruik het. Nou gaan ek dit self ook so doen.”

Aanwending met vingers

NARS is bekend daarvoor dat hulle onderlaag met vingers in plaas van onderlaagkwassies aanwend. Ons wou by Marco weet of dit nie vir hom ’n groot aanpassing was nie, aangesien hy sy lewe lank kwassies gebruik. “Dit was aanvanklik vreemd, maar toe ek eers sien wat ’n mens kan regkry, het ek nog nooit weer teruggekyk nie. Die onderlaag warm op tussen jou vingers en wend soveel makliker en meer natuurlik aan.”

Wat Marco by Francois Nars geleer het

Ek het een ding geleer wat uitstaan en vir my van kritiese belang is. Dit is:

“Don’t be so serious. It’s only make-up!”

Hierdie is ook NARS se filosofie.

Dit het regtig die manier verander waarop ek na grimering kyk en doen. Daar is ’n speelsheid om skoonheid te skep wat ek altyd in my werk sal gebruik. As ons nie daarvan hou nie, haal ons dit af en begin weer, en geniet die proses.  

Die top drie NARS produkte wat Marco glo elke vrou behoort te hê

“Sjoe, hierdie is moeilik. Om die perfekte gelaat te skep is die geheim agter suksesvolle grimering. Daarom sal ek die volgende drie produkte kies

Natural Radiant Longwear Foundation Primer (R840), Radiant Creamy Concealer (R675) en Light Reflecting Foundation in Vallauris (R1065)

Die NARS-produkte wat Marco op ons gebruik het

Suzanne

Natural Radiant Longwear Foundation Primer (R840), Light Reflecting Foundation in Vallauris (R1065), Radiant Creamy Concealer (R675), Laguna Bronzing Powder (R860)
Light Reflecting Setting Powder Mini (R470), erglow Liquid Blush in Orgasm (R760)
High-Impact Longwear Eyeliner in Mulholland (R585), Climax Mascara (R615) en Afterglow Lip balm in Orgasm (R625)

As ek drie produkte kon kies uit al hierdie sou dit wees

  • Light Reflecting Foundation in Vallauris (die dekking is werklik besonder natuurlik, maar dit kan ook opbou vir dae/aande wanneer jy meer grimering wil gebruik)
  • Afterglow Liquid Blush in Orgasm. Ek het nog nooit so ’n tipe glans en kleur met ’n ander blosser gekry nie. Subtiel, so asof dit van binne jou kom.
  • Afterglow Lip Balm in Orgasm. ’n Wonderlike elke dag kleur.

Justine

Natural Radiant Longwear Foundation Primer (R840), Light Reflecting Foundation in Punjab (R1065), Radiant Creamy Concealer (R675), Laguna Bronzing Powder (R860) Blush in Orgasm (R760), Light Reflecting Setting Powder Mini (R470), Liquid Blush Original in Orgasm (R760), High-Impact Longwear Eyeliner in Mulholland (R585), Climax Mascara (R615) en Powermatte Lip Liquid in SaveQueen (R625.

As Justine net drie produkte kon kies

  • Foundation in Light Reflecting in Punjab
  • Laguna Bronzing Powder (vir wangbene, kontoering en op my ooglede)
  • Liquid Blush Original in Orgasm. Hierdie kleur en effek is ‘amazing’!
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Haarbande en kopbande; ons gunstelinge
error: Content is protected !!