In 2025 gaan vloere oor veel meer as net duursaamheid of mooilyk – dit gaan oor harmonie. Mense soek ’n interieur wat kalmerend is, verbind (connect) en met intensie geskep is. Deur Eben Barnard. Saamgestel deur Suzanne Kotzé
As eienaar van FLOER, ’n pasgemaakte vloermaatskappy, (in Kaapstad) het ek eerstehands gesien hoe kleur, tekstuur en funksionaliteit besluitneming na ’n slimmer, meer bewuste rigting dryf.
“Die wêreld waarin ons leef is besig om te verander, en so ook die vloere waarop ons leef.”
Eben Barnard, eienaar van FLOER.
1. Aardse skakeringvloere vervang koue gryse

Na jare van grys, van vertoonkamers tot Instagram, sien ons ’n sterk voorkeur vir warmer, natuurgeïnspireerde skakerings. Veral Suid-Afrikaners hou van hierdie kleure wat gegrond en blywend voel.
- Beige, sand en klei-skakerings bring sagtheid en aanpasbaarheid.
- Natuurlike eikehoute, dryfhout en okkerneut-vlek sit ’n tikkie onderskatte elegansie by. Warm steen en gedempte terazzo afwerkings is ook terug.
- Diep smarag en bronsbruine kom na vore as luukse aksentkleure.
Al hierdie skakerings werk pragtig saam met ’n wye verskeidenheid vloere. Of jy nou luukse vinielplanke, sagte matte of hout kies; dit bied ’n veelsydige basis vir gelaagde ontwerp wat ook uitdrukkingsvol is.
2. Tekstuur; die onbesonge held van goeie ontwerp

Terwyl kleur jou oog trek, trek tekstuur jou in. Oor alle vloertipes sien ons ’n trend na taktiele oppervlaktes waaraan mens wil vat.
Snystapelmatte (cut pile) met dieper, fluweelagtige afwerkings gee ekstra gemak aan ’n slaapkamer of leefarea. Liggies gekrapte of hand-geskuurde hout vir ’n mat, ingeleefde gevoel.
Reliëf viniel wat houtgroewe of sagte steen naboots, gee ’n warmer gevoel as tradisionele koue viniel.
In ’n wêreld wat al hoe meer deur skerms gedomineer word, soek mense spasies wat sensories en gegrond voel. Die regte tekstuur, hetsy dit ondervoet of slegs visueel is, gee diepte en dimensie aan ’n vertrek.
3. Vloere wat hard werk (en goed lyk)
Ontwerp gaan nie net oor wat goed lyk nie – dit gaan oor wat goed leef. Daarom is praktiese aspekte ’n toenemende oorweging in vloerbesluite:

Waterdigte vinielplanke is ideaal vir kombuise, badkamers en opwaskamers – veral in oopplan-huise waar eenvormigheid saak maak.

Gemanipuleerde hout bly ’n gunsteling vir mense wat die warmte van regte hout wil hê, maar die stabiliteit van vloerverhitting of groot glasfasades benodig.

Oplossing-gekleurde (nylon dyed) nylonmatte bied weerstand teen kleur wat vervaag, dit vlek nie maklik nie en beid sagte gemak. Ideaal vir kinderkamers, tuiskantore of gaste-ruimtes.
Ons kliënte wil vloerbedekking hê wat aan werklike behoeftes voldoen: maklik om skoon te maak, gemaklik om op te loop en veerkragtig genoeg vir troeteldiere, kinders en vermaak.
4. Soomloos is die nuwe luukse
Visuele en funksionele vloei, waar vloere moeiteloos van een vertrek na die volgende beweeg, is nog ’n trend waaroor ons mal is. Om byvoorbeeld vinielplanke van slaapkamers tot en-suite badkamers te neem skep kontinuïteit wat ’n hotelgevoel gee.


Om dieselfde basisskakering vir matte in verskillende vertrekke te gebruik laat die spasie samehangend en kalmerend voel.

En dit beteken allermins vervelig. Pasgemaakte patrone, randte en inlegsels word al hoe meer gewild as subtiele uitdrukking van persoonlikheid. Of dit nou ’n visgraat LVT uitleg of ’n stywe (flush) houtinsetsel is wat verskillende sones verdeel.
5. Jou vloer is ’n skilderdoek, nie ’n kunswerk nie
Van die beste raad wat ek vir kliënte gee is: laat jou vloer jou skilderdoek wees. Vloere is ’n groot belegging en dek ’n groot oppervlak. Dit moet tydloos, neutraal en aanpasbaar wees. Soek jy meer opwinding? Sit kleur en persoonlikheid by met los matte, meubels of kuns, maar nie deur jou vloer nie.

’n Klassieke eikehoutvloer of beige skakering mat, laat jou toe om jou styl oor die jare te vervars, sonder dat jy ’n algehele renovasie nodig het. Dit is slim ontwerp.
6. Detail is belangriker as trends
Watookal die materiaal, die een ding wat ’n vloer kan maak of breek is die installasiedetails.
- Reguit vlakke tussen die teël en hout
- Die regte ‘gripper’ legging en onderliggende hoogte
- Om te weet wanneer om ‘trims’ te gebruik en wannneer nie
- Vroegtydige beplanning rondom dikte en spasie onder die deur
Die beste vloer is die een wat moeiteloos voel. Maar agter daardie eenvoud is honderde klein details wat reg gedoen is.
Ten slotte: Die regte keuse vloer, is die een wat hou
In 2025 is mense wat vorentoe dink, nie mense wat trends najaag nie, maar wie goedingeligte besluite neem wat hulle leefstyle en waardes reflekteer. Hulle soek warmte, gemak, duursaamheid en vloei.





