5 Wenke vir kanttafels kies

Hier is handige raad vir wanneer jy weer kanttafels vir jou leefarea of selfs slaapkamer moet kies –binneshuisversierder Marcia Leader deel haar top 5 wenke. Saamgestel deur Justine Kroes

08/07/2022

1. Grootte van kanttafeltjie

Hou die grootte van die kanttafeltjie in gedagte wanneer jy op soek is na een,  kyk vooraf langs wat jy die tafeltjie gaan plaas en of dit daar sal pas of werk – meet altyd! Meet die spasie asook die tafeltjie om te sien of dit die regte grootte sal wees. In ’n leefarea is die tipiese kant- tafeltjie hoogte net onder die rusbank se armgedeelte. Maar wanneer ek ‘n spasie ontwerp kies ek eerder ’n effens hoër kanttafeltjie vir ’n meer moderne voorkoms.

Hertex Haus Hotzel Sidetable in Black (R2099 Elevenpast)

2. Oppervlak

Dink altyd vooraf of die oppervlak se afwerking goed sal werk binne die spasie. Byvoorbeeld as jy die oppervlak baie gaan gebruik, vermy eerder ’n spieël oppervlak, dit lyk wel baie mooi en bied ’n reflekterende element maar dit krap maklik en kan ook maklik kraak of breek. Kies eerder oppervlakke soos hout, glas, keramiek of steen.

3. Hou dit interessant

Meng en pas – of dit nou ’n kanttafeltjie is vir die slaapkamer of leefarea is – hou dit interessant en kies verskillende tipes tafelontwerpe in een spasie. Meng style, materiale en skakerings, soos byvoorbeeld ’n hout-en-chroom kombinasie of selfs ’n marmer-en koper-afwerking tafeltjie.

Knus Baas Side Table (vanaf R13090)

4. Werk slim met spasie

As jou spasie klein is – kies kanttafeltjies wat slim in die spasie werk soos “nesting tables” wat jy onder mekaar kan instoot om meer spasie te skep. Trek dit eenvoudig uit wanneer gaste kom kuier of as addisionele spasie om op te werk. Netjies en kompak – beslis ’n moet vir kleiner spasies.

Haus by Hertex Osaka Side Table Set of 2 (R2800)
Iconomy Pebble Nesting Tables Oak (R3599)
Haus by Hertex Marbel Table in Carra (R1900)

5. Hou die doel in gedagte

Vra jouself vooraf – wat is die doel met hierdie kanttafeltjie? Wil jy ’n lampie daarop stileer met spasie vir ’n paar boeke en ’n kers, of gebruik jy dit net as ’n aksentitem in jou spasie. As jy nog stoorplek benodig, probeer ’n dubbele ‘tiered’ tafeltjie. Om plante of boeke in die onderste lagie te pak skep tekstuur as ’n mooi dekor element.

Yamakazi Tosca Side Table (R1599 Superbalist)

Hier is ‘n paar gunsteling op ons wenslysie:

Knus Mid-Centure Side Table (R1200)
@home Martini Side Table (R2999)
Pedersen Lennard Escarpment Side Table (R2255)
Weylandts Rio Side Table (R8999)
Sixth Floor Riley Side Table (R1699)
Pedersen Lennard Butchers Side Table (R2695)

Meer oor Marcia Leader

Marcia het meer as 25 jaar ervaring in die ontwerpindustrie wat strek van verkope, bemarking tot konstruksie en projekbestuur met binneshuisversiering en inteurierontwerp. Met kennis van projekbestuur, bemarkingsbestuur en ontwerp daarby, bied Marcia ’n sterk tegniese voordeel vir haar kliënte en die projekte wat hul saam aanpak. Kontak vir Marcia, besoek haar webtuiste hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Paastafel met ’n tikkie oordaad
error: Content is protected !!