Virtuele haarsalon

Met die 20 jarige vieringe van “good hair days” (het jy geweet dit is waarvoor ghd staan?) het ghd ’n virtuele haarsalon geskep -185 ghd house. Kom loer saam wat jy alles op die interaktiewe virtuele en 3 dimensionele haarsalon en platform kan leer! Deur Justine Kroes

Daar is ses verskillende “kamers” om te verken, van ’n drie dimensionele salonspasie, die tegniese laboratorium tot ’n kamer vol ikoniese haarstyle van die afgelope 20 jaar. Die agter-die-skerms-by-mode-week-kamer is beslis vir ons ’n gunsteling!

Volg die skakel hier om al die verskillende kamers te verken.

Virtuele Salon

Klik hier op die verskillende spieëls vir stileeradvies en wenke. Daar is iets vir elke haartipe, selfs videos daarby wat jou leer hoe om elkeen van die ghd-stileerders te gebruik. Style om uit te kies sluit in “beach curls”, luukse teruggekamde hare, en glansende golwe om maar net ’n paar te noem.

Jy kan ook interaktief verkeer met ghd se wêreldwye- handelsmerkambassadeurs Adam Reed, Charlotte Mensah en Zoe Irwin.

Agter die skerms mode hub

Hier neem ghd ons agter die skerms by groot modeweke om die nuutste haartrends te sien.

Loer na ontwerper Victoria Bekham se herfs/winter 2021-reeks asook Emilia Wickstead se herfs/winter 2021-reeks en daarby wat alles agter die verhoog gebeur by so ’n vertoning.

Hair-itage gallery

Hier kan jy 20 ikoniese hairstyle sien van die afgelope 20 jaar. Gebruik die pyltjies om vorentoe of agtertoe te beweeg en hou jou muis bo oor elke foto om meer oor daardie styl te leer. Hierdie terugflits-deur-die-jare wat haarstyle betref was beslis baie vermaaklik.

Tech Lab afdeling

Hierdie afdeling is vreeslik interessant – sien vir die eerste keer werklike eksperimente wat daagliks plaasvind by ghd se navorsings- en ontwikkelingsafdeling in Cambridge. Julle sal nie glo watter toetse elke stileerder moet deurgaan nie.

Het jy geweet jou ghd word 70,000 keer oop en toe geknyp?

Content Studio

Hier is ’n hele paar sosialemedia filters om uit te toets! Kyk net hoeveel pret het ons daarmee gehad.

Moenie vergeet om die winkel te besoek nie – hier kan jy die versamel-item ghd reeks aankoop. Die ghd Couture Collection is spesiaal ontwerp om 20 jaar van ghd te vier, beslis ’n versamelstuk!

Deelname word aangemoedig vanaf ’n rekenaarskerm of skootrekenaarskerm vir ’n optimale kykervaring. 

Lees ook: Lipstiffie glansend verusus mat

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Mooiste juweelkissies op ons wenslysie
error: Content is protected !!