Hier is geskenkidees vir jou skoonheidswenslysie; van fyngeure tot handige stelletjies, grimeersakkies en meer. Deur Suzanne Kotze
Fyngeure vir jou skoonheidswenslysie
La Vie Est Belle 100ml, 50 ml Body Lotion, Genefique 10ml en Spray 10 ml (R2780, beskikbaar by Superbalist, Edgars, Woolworths, Foschini, Truworths)
CHANEL No5 Eau de Parfum (R3015, Woolworths) verpak in die allermooste geskenkboks. Die verpakking alleen laat ons harte gelukkig bons.
Jimmy Choo I want Choo Forever (R1949, vir 100ml, Woolworths) is die nuutse toevoeging tot die I want Choo fyngeur en hierdie een is selfs nog meer glansryk! Die geur word as ’n ‘chypre gourmand amber’ geur beskryf.
Berdoues Eau de Toilette Musc & Neroli (R525,orleanscosmetics.co.za) is ’n klassieke, vroulike blommegeur.
Dior se gesogte Privee versameling spog nou ook met ’n reeks bypassende lyfrome, stortjel en seep. Vanaf R1830 (hydrating lotion) R2150 (cream), R800 (seep) en R1280 (handeseep). Beskikbaar by shop-beauty.dior.co.za Ons is onlangs bederf met die Hydrating Lotion en dit laat beslis my La Colle Noir (’n gunsteling wat ek al vir jare dra en gelukkig nog nie op is nie) baie langer hou en dieper ruik.
Selfs jou kar kan lekker ruik met hierdie beperkte uitgawe Gold Car Diffuser & Fragrance Duo Gift Set (R790, wickfragrances.com)van Wick Fragrances. Daar is verskeie geur olies om van te kies en jy kan die olie ook apart koop.
Alles op sy plek
Hou jou spieëltafel netjies met die Medium Cosmetic Organiser (R329, Woolworths)
Hierdie Thandana Makeup Bag (R145, thandana.co.za) is nie net mooi nie, maar hou verbasend baie grimering en die materiaal binne is gemaak van waterbestande materiaal.
Hierdie Multi Toiletry Bag Set 4 Piece (R479, woolworths.co.za) is ideaal vir vakansie. Dit bestaan uit een groot deursigtige sak (L: 27cm x W: 9cm x H: 20cm), een medium-grootte en twee kleintjies.
Oulike stelle
GLOV All Skin Types Makeup Remover & Skincare Set (R450, sparkleza.co.za) Ons het onlangs hierdie stelletjie geskenk gekry van Sparkle Cosmetics en ons kon nie glo dat hierdie handskoen en water ons swaar grimering van die dag verwyder het nie. Ons het dit gebruik op ’n dag waar ons vier keer van grimeervoorkoms moes verander tydens ’n fotosessie en elke keer het ons net ons gesigte met die hanskoen en water skoongevee.
Nuxe Florale Happy In Pink Christmas Set (R1195, woolworths.co.za) Glo ons jou lyf sal juig as jy hierdie pragtige geskenkstelletjie kry! Dit sluit 15ml Prodigieux® Floral Le Parfum, 100ml Huile Prodigieuse® Florale 100ml Prodigieux® Floral Shower Gel en ’n 70g Prodigieuse® Florale Indoor Candle in.
Ook beskikbaar in die klassieke Nuxe Huile Prodigieux weergawe.
Sorbet Dont Rush The Brush Set (R249, Clicks)
Clarins Loyality Multi-Active (R895, Woolworths) sluit 50ml Multi-Active Day Cream,50ml Micellar Water en 15 ml Multi-Active Night Cream in.
The Body Shop Essentials Gift Set Oranges & Stockings Spiced Orange (R390, The Body Shop)
Hierdie BioSculpture Home Care Retails Pack (R420, biosculpture.co.za) bevat alles wat jy nodig het om vir jou naels te sorg en is ’n ware staatmaker in die Stylvol kantoor. As jy dit eers begin gebruik, sal jy nie sommer maklik iets anders gebruik nie. Dit sluit ’n Ethos Kiwi Scrub, Vitamin Dose, Lavende Base, Almond Oil, Black File en 12 Remover Sachets in.
Kersbederf
Ons het laasjaar Afari se kersklappers so geniet en hierdie jaar is die Limited Edition Christmas Baubles net so mooi! Elke een bevat ’n 15 ml grootte Afari produk en die verpakking is ten volle herwinbaar. (pryse wissel van R145-R245 elk) beskikbaar by afari.co.za of arcstore.co.za
Jy kan hulle aan jou Kersboom hang en gaste bederf met een.
Soek
Stylvol sosiale media
Begin tik om resultate te sien of druk ESC om toe te maak