Vinnig mooi, hier is raad vir haastige Ma’s

Jy kan ons min van ‘vinnig mooi’ vertel, want nes jy, waarskynlik, voel dit asof ons lewe een groot gejaag is. Hierdie twee haastige ma’s het ’n paar nuwe staatmakers ontdek in ons stryd om betyds te wees. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotzé

Vinnig mooi met gemaklike, dog stylvolle klere

Ons het elkeen ’n staatmaker-uitrusting nodig wat eerstens. goed voel en tweedens, jy net kan gryp en aantrek, want want jy weet net, dit werk. Hierdie Sage Frill Skirt (R620) en Blouse (R660) van The Romantic Collective is een van daardie stelle wat vir nog lank ’n tydlose gunsteling in ons en jou klerekas gaan bly.

Nie alleen is die materiaal lieflik sag en sit dit gemaklik nie maar die stel is baie veelsydig en jy kan meng en pas na hartelus. Dra jou romp met jou gunsteling slogan T-hemp en tekkies of dra die bloes by jou gunsteling denim en enkelstewels. Die styl-opsies is eindeloos!

ghd Max Styler

Die ghd Max styler (R2900) se plate is 70% groter en wyer as die gewone ghd stileerder, wat dit tot dusver die heel grootste ghd hitte-stileerder maak. Die groter en wyer plate beteken nóg vinniger stilering omdat die Max-stileerder meer hare deur die plate kan pas, belangrik vir enige Ma!

Vinnige sjiek en reguit hare in ’n paar minute, of as jy al die golwende krul-truuk bemeester het, vir meer volume in ’n japtrap.

Pssst: as jy erg laat is en jou hare erg wild staan, trek die ghd Max net deur jou boonste lagie hare sodat dit ten minste glad en netjies lyk.

Getinte bevogtiger

As jy soos ons nog party oggende in jou japon sit en werk en as jy weer sien moet jy blitsvinnig grimering aanwend voor jy laat is, is ’n getinte bevogtiger ’n goeie keuse. Dit gee ligter dekking as onderlaag, maar laat jou vel meer natuurlik lyk. Dit smeer ook vinniger aan (omdat jy nie so baie hoef te ‘blend is your friend’ nie). Die Luma Tinted Beauty Balm (R300) is hidrerend en gee ook pragtige glans danksy die fyngemaalde pêrel deeltjies.

Vlek vir jou lippe en wange

Een produk vir jou lippe en wange werk lieflik en wend so maklik aan. Ons tik Luma se Lip & Cheek Tint (R370) aan ons lippe en die appels van ons wange. Boonop ’n wenproduk om in jou handsak rond te dra om blitsvinnig jou grimeervoorkoms op te skerp en verfris.

Wenkbroue

Afgeronde wenkbroue raam jou oë en is veral opsigtelik saam met maskers. Justine wil graag haar yl wenkbrou voller en meer gedefineërd laat lyk, terwyl Suzanne haar ruwe wenkbroue moet tem. Die Luma Beyond The Brow (R130) werk soos maskara vir jou wimpers, en wend super vinnig aan. Dit gee kleur aan ligter wenkbroue, laat dit voller lyk en tem dit.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nêrens Noord-kaap seisoen 2
Hoera vir Nêrens, Noord-Kaap seisoen 2
error: Content is protected !!