Foto; Witchery

Verander so jou winter kapsuleklerekas in ’n somerklerekas

Die gedagte agter die kapsuleklerekas (Capsule Wardrobe) konsep is dat die meeste mense dit nie kan bekostig om items te koop wat net vir ’n seisoen gedra kan word nie. Items soos jou jeans, langbroeke, T-hemde, kraaghemde, rompe en rokke moet oor al vier seisoene gedra kan word. Voorkomskonsultant en stylkenner Simoné Lombard deel haar raad en wenke oor hoe om jou eie kapsuleklerekas tussen winter en somer te verander. Deur Simoné Lombard, saamgestel deur Justine Kroes

Koop bewustelik

Die fokus van jou Capsule Wardrobe-konsep is om meer doelbewus te koop. Daar moenie ’n groot verskil tussen jou somer/winter- en werk/naweek-klerekaste wees nie.

Daar sal natuurlik enkele items wees wat seisoenaal is, byvoorbeeld ’n warm pofjas, maar die meeste van jou kledingstukke moet oor al vier seisoene gedra kan word. Dink byvoorbeeld aan jou gunstelingdenim en ʼn wit kraaghemp.

Die keuse van materiaal is hier baie belangrik. Probeer om so ver as moontlik altyd natuurlike materiale te kies. Materiaal soos katoen, linne, rayon en satyn. Die materiale ‘haal asem’, absorbeer vog, en is dus perfek vir die winter en die somer. Vermy kunsmatige materiale soos nylon en poliëster.

Capsule wardrobe

Maak seker jy lees weer dié artikel om die basiese reëls en verduideliking van die Capsule Wardrobe te verstaan – klik hier:

Werkstaatmakers wat jy gerus by jou kapsuleklerekas kan voeg:

Dit is warm, en niemand wil meer dra as wat hulle hoef nie.  Hoe bly ’n mens dus steeds professioneel maar terselfdertyd koel? Hier is die keuse van materiaal weereens belangrik. ’n Linnelangbroek, mooi sandale en ’n wit kraaghemp sal altyd ’n geskikte somer-werksuitrusting wees.

Bostukke:

Kraaghem(de)

En ’n bloes (afhangende van hoe gemaklik jy is, kan dit kortmou of mouloos wees).

T-hemde

Formele baadjie

Boeke, rokke en rompe:

Rok wat net onder die knie val (dink aan materiale soos viskose, linne en katoen).

Wyepypbroeke

Cropped broeke of culottes  

Rompe (onder of net-net bo die knie)

‘n Broek- of romppakkie wat bymekaar pas

Broeke in neutrale kleure wat by jou liggaamsbou pas

Skoene:

Loafers of plat skoene met ’n punt.

Sneakers (verkieslik platformskoene).

’n Sandaal met ’n hak.

Trek so meer netjies aan vir werk:

’n Mens kan so maklik te informeel lyk vir werk in die somer. Hier is wenke om dit te vermy.

  • Dra iets met ’n kraag – ’n hemp, rok, selfs ’n jumpsuit.
  • Moenie te kort gaan nie. Dra eerder iets wat té lank is as iets wat té kort is.
  • Maak seker jou halslyn is geskik.
  • Vermy hemde wat nie jou bra-bandjies wegsteek nie. 
  • Blaas jou hare voor werk droog.
  • Vermy te veel bonkige en uitspattige patrone.
  • In plaas van sandale wat deur die tone gaan (visplakkies!) kies eerder ’n sandaal met ’n hak of een wat om die enkel vasmaak.
  • Dra ’n skoen met ’n hak by jou jeans.
  • As jy plat skoene dra, dra iets met ’n punt.
  • Steek jou hemp in.
  • Dra hemde wat meer struktuur het.

Naweekstaatmakers wat jy gerus by jou Capsule Wardrobe kan voeg:

Addisionele items wat aangeskaf kan word om deel te vorm van jou naweek Capsule Wardrobe:

Bostukke:

Tank-top’ (wit, swart, navy)

T-hemp (wit, swart, navy en gestreep)

Linne kortmouhemp OF bloes van jou keuse

Denimbaadjie vir daardie tussenin-weer dae 

Broeke, rokke en rompe:

Kortbroek. (Style soos ’n bermuda- en paperbag-broek)

Denim (lank of kort)

Pretpakkie/jumpsuit.

‘n Romp in ‘n neutrale kleur

Somerrokkie. Een wat jy strand toe kan aantrek en daarna met ‘n denimbaadjie en sandale vir skemerkelkies kan opkikker

“Midi”-lengte rok vir meer formele geleenthede

Skoene:

Sandale in ’n neutrale kleur (dink espadrilles en Birkenstocks)

Wighakke of mules

Tekkies

Bykomstighede:

Somerhoed

Sonbril

‘Sorglose’ handsakke

Een rokkie op verskillende maniere, Simone se raad:

Ek is gaande daaroor om dieselfde rok oor al vier seisoene te dra. Dan voel ek nie so skuldig om ’n bietjie duurder vir een te betaal nie.

Ek verkies meestal rokke wat driekwartlengte is (midi-lengte), want dis makliker om dié lengte rok oor verskeie seisoene te dra.  

Simone

’n Eenvoudige rok wat net ’n paar sandale, ’n hoed en ’n bril in die somer nodig het, kan met ’n rolnektrui, leerbaadjie en stewels in die winter gedra word. Gedurende herfs/lente kan jy dieselfde rok met ’n blazer en sneakers stileer.

Dieselfde vir rompe. Die bostuk en skoene kan volgens die seisoen verander word. Dra jou gunstelingromp so in die winter: rolnektrui, stewels en ’n jas.

In die somer kan jy dieselfde romp met ’n bloes en sandale/sneakers dra.

Simoné Lombard

Simoné Lombard is ’n stylkenner en voorkomskonsultant – bespreek jou stylanalise met Simoné by simlombardimage@gmail.com en volg haar op Instagram hier.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 Beste truisorg wenke
error: Content is protected !!