6 Wenke vir ’n stylvolle sweetpakvoorkoms

In 2025 is sweetpakke nie net vir gim toe nie. Verhef vanjaar jou sweetpakvoorkoms en kombineer dit met lae, teksture en die regte bykomstighede. Mits jy jou sweetpak reg stileer is daar eindelose stylopsies vir jou snoesige tweestuk. Ons deel 6 wenke en idees om die meeste dra uit jou sweetpak te kry, plus die mooiste sweetpakke nou op ons stylradar. Deur Justine Kroes

30/05/2025

6 Wenke vir ’n stylvolle sweetpakvoorkoms

1. Kies ’n moderne sweetpak

Laat gaan daardie ou uitgewasde sweetpak en kies ’n modern, meer gedetailleerde sweetpak.

Vlei jou lyfvorm

Kies ’n ontwerp wat jou liggaamsvorm vlei – byvoorbeeld; lyk jy beter in wyepypbroeke of joggerstyl broeke wat ingetrek word rondom jou enkels?

Kyk mooi na die materiaalinhoud

Kies jou sweetpak in ’n goeie materiaal wat nie net duursaam lyk nie maar boonop vir jare lank sal hou.

Pas jou sweetpak aan

Maak seker die sweetpak pas jou goed – moet nie te oorgroot of te styfpassend kies nie – beide sal onvleiend lyk. Kyk ook dat die materiaal van jou sweetpak dik genoeg is en nie deursigtig en onvleiend is nie.

Bypassende stelle is veelsydig

’n Bypassende stel is gewoonlike ’n veelsydige kopie wat jy saam of elke stuk apart kan dra vir meer stileer- en uitrustingopsies.

Besluit op die regte kleur sweetpakvoorkoms vir jou

Indien jy op soek is na ’n modieuse kopie, kies jou sweetpak in een van die seisoen se grootste skakerings, bruin, wynrooi, olyfgroen of ligblou. As jou styl meer tydloos en klassiek is, kies ’n sweetpak in ’n neutrale skakering wat jy weet jy sal bly dra.

Hier is ’n paar goeie kopies op ons eie wenslys:

Hannah Lavery Barrel Pants Grey Melange (R1 200); Dylan Top (R1 400)
Just Cruizin Clothing Blake Fleece V Neck Jersey (R1 199); Charlie Fleece Wide Leg Pants (R1 375)
Bena Woman Quinn Track Suit Set Crema (R1 980)
Kinda The Track Hoody Trellis (R899); The track Pants trellis (R850)
Canvas Studios Sweat Pants Burgundy (R599); Branded Crew Sweat Top (R599)
Uniq Women’s 1/4 Zip Fleece Sweatshirt (R399); Brushed Fleece Women’s Jogger (R349)

2. Stileer met lae in gedagte

“Layering” is ’n ou modetruuk wat nie net stylvol lyk nie maar boonop diepte en dimensie skep in jou uitrusting.

Dra jou soldatestyljas of ’n oorgroot blazer baadjie bo oor jou sweetpak vir ’n netjiese, meer formele voorkoms.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

3. Werk slim met bykomstighede

Hou jou bykomstighede minimaal maar steeds sterk – ’n handsak wat oor jou lyf kruis, ’n sonbril wat ’n stelling maak of selfs ’n luukse horlosie om jou pols. Bonkige metaalringe en gestapelde oorbelle skep ook natuurlik daardie ekstra tikkie cool.

’n Bofbalkeps en ‘n lekker groot serp vir ’n meer gemaklike voorkoms lyk ook super modieus.

Bena Woman Quinn Track Suit Set Crema (R1 980)

4. Skoene

Vir ’n skoon gemaklike voorkoms, kies ’n paar minimalistiese tekkies (retro-style werk hier goed). Of dalk is jou stylpersoonlikheid meer maximalisties- kies tekkies met ’n tikkie kleur.

Jy kan ook natuurlik jou wyepyp sweetpakbroek meer formeel dra met ’n paar loafers of ballerinaskoene.

5. Probeer die high-low aantrekstyl met jou sweetpakvoorkoms

High-low verwys na die aantrekstyl waar jy duurder, netjiese of meer luukse klere-items meng en pas by informele klere-items vir ’n vars, treffende en trendy voorkoms.

Foto: Pinterest

Dit is ’n maklike konsep indien jy die goue formule onthou – kies meer formele items en kombineer dit met iets gemakliks, sportiefs of minimalistiese items.

Foto: Pinterest

Dra byvoorbeeld jou sweetpakbroek by ’n opknoophemp en netjiese skoene vir ’n meer formele voorkoms.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

6. Hier is ’n paar uitrusting-idees:

Hierdie manier van aantrek gee vir jou die geleentheid om jou defitge klere meer alledaags te maak, en andersom. Ons lewe in ’n tyd waar ons baie mooi moet dink wat ons koop en waaraan ons geld spandeer, daarom is dit belangrik dat jou klerekas vir jou werk.

Kies ’n trendy sweetpaktop

Indien jy nie ’n bypassende sweetpak (bostuk en onderstuk) wil koop nie, kies net ’n sweetpaktop. Jy sal baie dra uit so ’n top kan kry – dra dit by jeans, netjiese werksbroeke of kombineer met rompe of bo-oor rokke vir ’n modieuse sportmode-voorkoms.

Loer hier vir inspirasie:

Fotos: Pinterest

Kies ’n trendy sweetpakbroek

Danksy Adidas se luiperdmotief-tekkies wat steeds vinniger uitverkoop as 1,2,3 het hul ook die allerbekende luipermotief sweetpakbroek vrygestel – en modeliefhebbers (ek inkluis) staan steeds tou om ons hande op ’n paar van ons eie te kry.

Foto: Pinterest

Kyk net hoe slim stileer die modetendensrigters hierdie sweetpakbroek, van netjies tot meer gemaklik. Die stylopsies is byna eindeloos.

Na die luipermotief is groen, rooi, wynrooi en swart wyepyp sweetpakbroeke ook steeds ’n gunsteling onder modebekendes en modeliefhebbers:

Dra jou sweetpakbroek by jou wit opknoophemp, tekkies of hakskoene vir die perfekte high-low uitrusting kombinasie.

Womens Me and Be Burgundy Ponti Pant with Contrast Rib (R799)
Adidas Adicolor Classics Firebird Track Pants (R1199)
Puma Women’s Leo Luxe Multicolour Pants (R1 399)  

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 grootste modefoute volgens kenners
error: Content is protected !!