twiener met ekseem
twiener met ekseem

Velsorgwenke vir jou twiener met ekseem of sensitiewe vel

Die goeie nuus as jy ’n twiener met ekseem of ekseemhet, is dat ongeveer 50% van kinders ekseem kan ontgroei teen puberteit. Hier is velsorgwenke en raad deur kundiges; van hoe om vir jou kind te verduidelik wat ekseem is, tot hoe om vir sy/haar vel te sorg. Deur Suzanne Kotzé

Ons het by Kaapse dermatoloog dr. Suretha Kannenberg en by Charize Neill van Eau Thermale Avène aangeklop vir raad en hulp.

Tekens dat jou twiener sensitiewe vel het

Jou twiener kla dikwels oor die volgende aangaande sy/haar vel

  • stekerigheid,
  • branderigheid,
  • pyn
  • jeuk
  • en prikkeling.

Tekens dat jou twiener atopiese ekseem het

Soos bo, maar die chroniese veltoestand kom waarskynlik al vanaf baba-dae af aan. Dit word gekenmerk deur

  • geweldige jeukende vel
  • droë skilferende vel

Dit gaan dikwels gepaard met

  • hooikoors,
  • chroniese sinusprobleme,
  • asma en soms
  • voedselallergieë

As een van die ouers ook atopiese ekseem of een van die bogenoemde het, is die kanse goed dat die kind dit ook geneig sal wees tot atopiese ekseem.

Hoe om vir jou kind te verduidelik hoekom hy/sy ekseem het

Gedurende die twienerjare begin kinders vrae vra oor hoekom hulle velle so jeuk en wat dit is en hoekom dit so is. So kan jy vir hulle verduidelik:

1. Dis nie hulle skuld nie

Kinders dink dikwels dat hulle iets verkeerd gedoen het of dat daar iets fout is met hulle. Dit is belangrik dat ons bevestig dat dit glad nie so is nie.

2. Dit kom dalk van ma of pa af

Gesels met jou kind en verduidelik dat of ma of pa ekseem of hooikoors, asma, sinus ens. het en dat dit deel is van sy/haar genetika en dat dit ’n groot bydraende faktor kan wees hoekom hy/sy dit het.

3. Gebruik vis se skubbe as ’n anologie vir sperfunksie

Verduidelik vir jou kind dat ons velle se heel boonste lagie onder ’n mikroskoop amper soos ’n vis se skubbe lyk. Gewoonlik lê die skubbe plat, maar met ’n veltoestand soos ekseem, staan van die skubbe regop. Die skubbe beskerm die vis en ons velle. As die skubbe regop staan,  maak dit dat ‘slegte goed’ ons vel kan binnedring en dat vog uit ons velle kan ontsnap. Daarom jeuk jou vel of is dit rooi.

4. Om room aan te smeer is belangrik

Baie kinders is weerstandig om room aan te smeer. Verduidelik vir hulle dat die room help om die ‘skubbe’ weer toe te maak, sodat slegte goed nie kan binnekom nie. En om weer vog terug te sit. Die room help dat die vel nie so jeuk en rooi is nie.

Jou twiener met ekseem se velsorgroetine

Soos ons reeds genoem het, kan 50% van kinders ekseem ontgroei teen puberteit wanneer hulle vel meer olierig word. Dit beteken dat jou kind een van die gelukkige 50% kan wees wat dit ontgroei of miskien die ander 50% wat steeds daarmee gaan moet saamleef.

Wat wel ook waar is, is dat selfs as hulle dit wel ontgroei, meer as die helfte van daardie groep iewers deur hulle lewe weer episodes van opflikkering kan hê van hulle ekseem.

Verspreiding is dan gewoonlik anders. Dit kan steeds mikke soos elmboë of knieë aantas, maar dis veral hande en ooglede wat die swaarste getref word. Indien hulle dit nie ontgroei nie, kan dit regtig enige plek op hulle liggame wees, maar die areas soos genoem is gewoonlik die ergste.

Twieners met ekseem is meer geneig tot ’n algemene droë vel en moet wegbly van 

  1. Seep met aggresiewe skuimmiddels
  2. Parfuum en velsorgprodukte met baie alkohol en kleurmiddels
  3. Kraanwater en swembadwater (glo dit of nie: te veel tyd in die water droog jou vel uit!) en
  4. Warm water (warm water laat jou vel jeuk, wat maak dat jy gaan begin krap, wat dan jou ekseem vererger).
  5. Lang naels – hou jou kind se naels kort om beserings tydens krap te vermy
  6. Klere wat te styf sit of krapperige material. Katoen is ‘n goeie opsie.

So moet jou twiener met ekseem se velsorgroetine lyk

1. Seepvrye reiniger

Daar is wonderlike produkte op die mark wat mens as ’n seep-vervanging kan gebruik – iets wat jou vel skoonmaak, sonder om dit uit te droog, jou vel se suurbasis-balans gesond hou en jou bevogtig! Dit is seker een van die belangrikste produkte om reg te kry in ekseem- hantering, veral in almal se besige lewens.

Hierdie lyk dalk soos seep, maar dit bevat geen seep nie en is ultra-ryk om die vel te voed, beskerm en om jeukerigheid te verminder. Jou kind kan dit op sy/haar lyf en gesig gebruik en is geskik vir die hele familie (selfs babas).

Hierdie oliereiniger reinig sagkens, terwyl dit ook voed, beskerm en jeukerigheid verminder. Geskik vir gesig en liggaam en vir die hele gesin.

2. Aanwending van ’n ekseem-goedgekeurde vogroom

Die volgende stap is egter baie belangrik: gereelde (daaglikse) aanwending van ’n ekseem-goedgekeurde vogroom. Hier is dit belangrik om een te kies waarvan hulle hou en dit sal help as dit bekostigbaar is. As hulle nie daarvan hou nie, gaan hulle dit nie aanwend nie. Om ’n vogroom aan te wend is ’n kritiese deel vir die behandeling van ekseemvel.

  • Selfs al sien mens nie inflammasie/opflikkering op die vel nie is dit steeds onderliggend aan die gang en behoort dit onderhou te word om opflikkerings minder gereeld en minder erg te maak.
  •  Daar is verskeie tipes bevogtigende produkte: rome, ‘lotions’ en olies. Dit is belangrik om een te vind waarvan hulle hou.
  • Produkte wat vir die lyf gebruik word, kan natuurlik ook vir die gesig gebruik word. Hou dit eenvoudig en sag.
  •  Bly weg van geparfumeerde produkte en die wat kleurstowwe bevat. En natuurlik die wat salisiel- en glikoliese suur bevat.

Die balsem is 100% steriel en is geformuleer om die die vel se sperfunksie te herstel en om jeukerigheid te verminder. Dit bevat geen preserveermiddels of parfuum nie en is geskik vir die hele gesin (ook babas)

3. Sonskerm

Daaglikse sonskerm is van groot belang.

Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ is geskikvir die hele gesin; van babas tot ouers. Dit is ook geskik vir baie sensitiewe vel

Hoe gemaak as jou twiener ’n opflikkering of aktiewe ekseem het?

Wanneer opflikkering duidelik word behoort hierdie selfde vogrome meer gereeld aangewend te word – ’n mens kyk dan na so 3-4 keer/dag. Hierdie is soms genoeg om ’n opflikkering te stuit, maar soms benodig mens tog wel voorskrifmedikasies. So dit gaan oor die frekwensie van die aanwending van die vogrome. Onthou hierdie vogrome sal aandui dat dit vir ekseem is en sal nie parfuums of kleurstowwe bevat nie.

In tye van geweldige ongemak en jeuk, kan ‘n produk soos Eau Thermale Avène se Thermal Spring Water gebruik word om die vel te streel en jeuk te verlig

Hoe behandel jy puisies wanneer ’n kind ook ekseem het?

Besoek ’n spesialis/dermatoloog, want dit is moeilik om te behandel. ’n Fyn balans moet gevind word, want die een (ekseem) se behandeling vererger die ander (puisies) se toestand en ook andersom. Die behandeling is dieselfde as met aknee sonder ekseem, maar die balans moet gevind word.  Lees hier (skakel na aknee-artikel)

Ons weet natuurlik ook dat hierdie tyd van mens se lewe gekenmerk word deur vinnige verandering. Wat vandag werk gaan moontlik nie oor ’n maand werk nie.


Dr. Kannenberg se praktyk is in Durbanville, Kaapstad, maar jy kan ook ‘n aanlyn konsultasie met haar doen. Klik hier: dr.derma.co.za


Die artikel is geborg deur Eau Thermale Avène. Besoek gerus hulle webwerf: www.eau-thermale-avene.co.za

PFZA/202202010

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Alopecia
Wat is alopesie?
error: Content is protected !!