hondjie vegan skoonheid
hondjie vegan skoonheid
Foto: Kristina Stojiljkovic. Model Nadine Doll Vuis

Vegan skoonheidsprodukte

Al hoe meer mense kies ’n vegan (veganistiese) leefstyl en dit sluit vegan-skoonheidsprodukte in. Maar wat presies is vegan-skoonheidsprodukte en watter bestanddele moet jy vermy? En dit is nie net vir veganiste nie. Dit is ook ’n gewilde keuse vir díe wat oor die omgewing en volhoubaarheid besorg is. Deur Suzanne Kotzé

Wat is vegan skoonheidsprodukte?

Veganistiese skoonheidsprodukte bevat geen diereprodukte of diere-byprodukte nie. Dit word gewoonlik ook nie op diere getoets nie.  

Dit is egter nie altyd maklik om te weet of ’n produk vegan is of nie, en dit sal dalk aanvanklik meer moeite wees om dit uit te soek. Gelukkig is daar reeds ’n baie wyer verskeidenheid produkte ’n paar jaar gelede en al hoe meer groter skoonheidshuise bied ook nou vegan-produkte. 

So kan jy jou skoonheidsroetine meer veganisvriendelik maak.

1. Kyk uit vir vegan-kentekens

Daar is sommige kentekens op die verpakking waarvoor jy kan uitkyk, maar nie alle handelsmerke wat veganis, dra noodwendig die tekens nie. 

Van die tekens waarvoor jy kan uitkyk is PETA (People’s Association for the Ethical Treatment of Animals) se Approved Vegan kenteken en The Vegan Society se sonneblom-kenteken. 

2. Weet waar om te begin soek  

PETA en The Vegan Society het ook soekfunksies op hulle webtuistes waar jy produk-/of handelsname kan soek. 

Ethical Elephant het ook ’n magdom produkvoorstelle, al die produkte is egter nie in Suid-Afrika beskikbaar nie

3. Weet watter bestanddele om te vermy

Die eerste bestanddele waaraan ons gewoonlik dink om te vermy is heuning, byewas en melk, daar is egter ’n magdom wetenskaplike name in die lyste van bestanddele en dit is nie maklik om te weet watter diereprodukte is en watter nie. 

Ethical Elephant het ’n omvattende lys van produkte en bestanddele wat nie vegan is nie. Kyk gerus hier vir ’n volledige lys. 

Van die bestanddele om te vermy sluit in: 

  • Byeprodukte soos heuning, propolis, byewas, koninginjellie (royal jelly).
  • Carmine (ook bekend as cochineal, cochineal ekstrak, crimson lake of carmine lake, natural red 4,[1]C.I. 75470,[1] of E120) wat veral in grimering voorkom. Die rooi kleur word verkry van fyngemaalde insekte.
  • Lanolien is die olie of vet wat van skaapwol afkomstig is. 
  • Kollageen (as dit nie ’n sintetiese kollageen is nie) kan van visgrate en dierebene af kom. 

Van die bestanddele wat op Ethical Elephant se lysie is kan egter van diere of groente afkomstig wees, so hier sal jy ook maar jou huiswerk moet doen. 

3. Begin klein

Moet eerder nie al jou produkte wat dierebestanddele bevat in die drom gooi nie. 

Vervang eerder produkte soos dit opraak met vegan-produkte. Begin by produkte wat jy baie gebruik soos lyfwas en sjampoe.  Hierdie is ook ’n maklike keuse as jy nie vegan is nie, maar net jou skoonheidsroetine groener wil maak. 

Gewoontes is nie maklik om te verander nie, so wees realisties en moenie te veel druk op jouself plaas nie. Enige verbetering, al is dit een produk in jou roetine, is beter as niks. Jy kan miskien daaraan dink omtrent soos Meatless Monday. 

.  

Nuwe vegan produkte om te probeer. 

Ons het die nuwe produkte ontvang en getoets. 

vegan skoonheidsprodukte
Ons het hierdie vegan skoonheidsprodukte getoets

NUXE Bio Organic Chia seeds Essentail Antioxidant Serum (R795 vir 30ml) en Sesame Seeds & Citrus Extract Radiance Detox Mask (R495 vir 50ml)

NUXE Bio Organi Chia Seeds Essential Antioxidant Serum (R795 vir 30ml) en Sesame Seeds & Citrus Extract Radiance Detox Mask (R495 vir 50ml) is deel van NUXE se splinternuwe Bio Organic reeks. Die reeks het uitgebreide sertifisering van Eco-Cert (wat aandui dat dit uit 99% van natuurlike produkte vervaardig is en ten minste 52% organiese bestanddele bevat), dit is goedgekeur deur die Vegan Society.

Die Antioxidant Serum (R795 vir 30ml) voel heerlik en trek besonder vinnig in. Chia-sade is bekend as ’n ‘supervoedsel’ en is ’n goeie anti-oksidant. Die serum bevat ook vitamien C en bevorder ’n meer glansende gelaat. Die donker glasbotteltjie (wat van 30% herwinbare materiaal gemaak is) kry volpunte!

Die Radiance Detox-masker voel heerlik sensories. Die jeltekstuur verander in ’n olie soos jy dit aanmasseer en word melkerig as jy dit afwas. Dit help om van gifstowwe ontslae te raak sodat jou vel meer glansend lyk. 

Authentic Beauty Concept Replenish Balm (R425)

Alle Authentic Beauty Concept haarprodukte is deur The Vegan Society goedgekeur. Toe ek aanvanklik die reeks leer ken het, het ek gedink dit is net nog ’n reeks wat al die ‘regte’ woorde gebruik, maar ek was aangenaam verras. Behalwe die regte woorde (soos ‘fairtrade’, bio-afbreekbaar, silikoonvry, vry van parabene, kunsmatige kleurmiddels ens) hou ek ook baie van die reeks en het al ’n verskeidenheid van hul produkte getoets.  

Die  Replenish reeks is vir beskadigde hare en ek gebruik die Replenish Balm, veral nadat ek ligstrepies ingesit het. Ek wend ’n klein hoeveelheid van die Replenish Balm (R425) aan my hare nadat ek dit gewas het en voordat ek my hare droogblaas. Dit ruik heerlik, voed my hare en laat dit sag voel. Dit is beskikbaar by uitgesoekte haarsalonne en pryse wissel na gelang van die salon

.  

Dermalogica AGE Smart Phyto-Nature Firming Serum (R2599)

Dermalogica AGE Smart Phyto-Nature Firming Serum is ’n twee-fase serum met twee dele binne-in die houertjie. Die een kant fokus op jou vel se fermheid met onder andere saffier-peptiedes wat jou vel glo help beskerm. Die ander kant fokus om jou vel te ‘lig’ en bevat aktiewe plantbestanddele. Die serum voel en ruik heerlik en volgens Dermalogica sal dit help om fyn plooitjies minder sigbaar te maak. Ek het dit pas begin gebruik (soggens en saans) en my vel voel reeds sterker. Die afgelope ruk het my vel amper broos begin gevoel. 

Nie al Dermalogica se produkte is veganisties nie. Klik hier om te sien watter produkte veganisties

Inoar Résistance Bamboo Duo Kit (R590 vir die stel, 250ml elk)

Inoar het ’n verskeidenheid haarprodukte wat vegan is en word deur PETA erken.  Die Inoar Résistance Bamboo Duo Kit (R590, uitgesoekte salonne en Inoar se aanlyn winkel bevat protiëne van bamboesvesels en Biotin om haargroei te stimuleer. Dit ruik heerlik en my hare voel sag en lyk blink nadat ek dit gebruik het. Dit is ‘n gunsteling na my hare ligstrepies as my hare ‘broos’ voel.

Nature’s Box Avocado Shower Gel (R69,99 vir 385ml)

Die nuwe Nature Box produkte is alles vegan en word deur The Vegan Society erken. Nature Box fokus op koudgeparste olie en daar is vier verskillende reeks, elk met ’n ander olie: avocado-, kokosneut-, appelkoos- en amandelolie. Ek verkies die vars reuk van die avokado- reeks en die Avocado Shower Gel (R69,99 vir 385ml) is tans ’n gunsteling in my stort. Verskillende produkte soos sjampoe, opknapper en lyfroom is in elk van die vier reekse beskikbaar. Dit is beskikbaar by meeste groot winkel-groepe.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
bob haarstyl Kevin Murphy
Die mooiste bob-haarstyle gaan jy nou wil dra
error: Content is protected !!