Vars lentegrimering

As dit by lentegrimering kom, bly ’n ligte, vars, glansende voorkoms met tikkies kleur van die mees vleiende voorkomste vir vroue van alle ouderdomme. Grimeerkunstenaars Madeleine Janse van Rensburg en Tyler Wiliams deel wenke oor hoe jy dit kan doen. Saamgestel deur Suzanne Kotzé, foto’s Tegan Smith.

”As jy dink aan die lente, kom terme soos lig, vars, energiek, kreatief en kleurvol dadelik in jou gedagtes op. Pantone se kleur van die jaar Peach Fuzz werk baie goed om so ’n tikkie kleur by jou grimering te voeg,” verduidelik Madeleine Janse van Rensburg.

Lentergrimeerwenke

Hou jou vel vars, glad, gehidreerd en glansend

“’n Vars, gladde, gloeiende vel is waarna ons streef.. Om dit te bereik is voorbereiding van die vel baie belangrik,” verduidelik Madeleine.

Tyler Wiliams stem saam: “Grimering ‘sit’ die beste op jou vel as dit gehidreerd en opgeplomp is, so maak seker jy berei jou vel goed voor voordat jy grimering aanwend. Onthou ook om altyd sonskerm aan te wend, al is dit net ’n BB of CC-room.”

Madeleine beveel aan dat ’n ligte vogroom (sy gebruik graag Neutrogena Hydro Boost Water Gel) goed werk voordat jy onderlaag aanwend.

Clarins Hydra Essentiel Bi Serum (R965, Dischem)
Neutrogena Hydro Boost Water Gel (R210, Clicks)
Eau Thermale Avène Hydrance Aqua-Gel (R455, dermastore.co.za)

Ekstra glans

Vir selfs nog ’n bietjie meer glans, kan jy produk soos MAC Strobe Cream of “Liquid Bronzer” oor die hele gesig aangewend word voor onderlaag,” sê Madeleine.

Clarins SOS Primer Boost Radiance (R650, Bash.com)
MAC Dewy Glow Face Strobe (R900, Bash.com)

Onderlaag; vel wat soos vel lyk is belangrik

Tyler hou van onderlaag wat glans gee en hidreer. “Ek gebruik minder eerder as meer onderlaag. Op dele wat nie veel dekking nodig het nie, gebruik ek net tikkies verbloemer wat ek met ’n groot kwas meng en inpoleer, en gebruik selfs net verbloemer op sekere dele.

Aktrise Beata Bena Green tydens ons Tuindag fotosessie.

“Vir Beata het ek Bobbi Brown Long Wear Weightless Foundation SPF 15 gebruik. Dit bied goeie dekking wat keer dat natuurlike olies later deurskyn, maar het steeds ’n natuurlike satynafwerking wat die vel voed en beskerm sonder om droog te lyk,” vertel Madeleine.

Bobbi Brown Skin Long-Wear Weightless Foundation SPF15 – Warm Ivory (R1200, Superbalist)
NARS Light Reflecting Foundation (R1065, arcstore.co.za)

Blosser is ’n moet

“Die groot gunsteling grimeerproduk vir hierdie lente is blosser! Dit kan op jou wange, oë, lippe en hals aangewend word vir ‘n natuurlike glans,” sê Madeleine.

Tyler gebruik graag roomblosser op die boonste deel van die wangbene. “Deur blosser hier te gebruik, het jy nie net ’n mooi spatsel kleur op jou wangbene nie, maar dit lig ook jou gesig.”

Madeleine verkies  deursigtige blosser (soos MAC Mineralize Blush in Warm Soul) wat in lae aangewend kan word vir intensiteit. “Dit bevat ook ’n bietjie pêrelglinster vir ekstra dimensie wat dan sommer vanaf die appels van haar wange tot by haar tempels gemeng is,” vertel sy.

NARS Afterglow Liquid Blush (R760, arcstore)
Gloei Skylighter (R400, gloei.beauty.com)
Catrice Cheek Flirt Face Stick 030 – Rock’n’Rose (R125, Superbalist)

Verhelder

Madeleine glo: “verhelderaar (highlighter) is blosser se grootste vriend. Die twee komplementeer mekaar. Gebruik verhelderaar (soos MAC Extra Dimension Skinfinish Highlighter in Oh Darling) bo-op jou wangbene, neusbrug en lippe sodat dit lyk of die lenteson altyd op jou  skyn.

MAC Extra Dimension Skinfinish (R790, bash.com)

Songesoen met verbronser

Gebruik verbronser (Madeleine het Benefit Hoola Bronzer) op die haarlyn op die voorkop, onder wangbene, onder die kakebeen en oor die hals.

Tyler sê: “Met onderlaag verbloem jy dikwels jou vel se natuurlike kleur so dit is veral belangrik om blosser en verbronser te gebruik om weer kleur en definisie terug te sit.”

Beneft Hoola Matte bronzer (R595, arcstrore.co.za)

Natuurlike kleure op jou oë

Aktrise Donnalee Roberts tydens ons Tuindag fotosessie.

“’n Room oogskadu in ’n warm natuurlike skakering (dink roosgoud en warm taupe) komplementeer die blosser en skep ’n mooi lentevoorkoms. Onthou net die belangrikste van alles; waterdigte maskara, want ‘allergie-seisoen’ is hier.” Tyler

Jy kan ook roomoogskadu na aan die kleur van jou vel as basis gebruik en dan ’n donkerder, neutrale poeier in die vou van jou oog. Die donkerder kleur in die vou van jou oog help om die illusie van ’n groter oog te skep,” sê Madeleine. Kies eerder ’n bruin oogomlyner vir definisie aangesien swart te hard by die voorkoms sal lyk.

Wenk: Gebruik ’n ligte kleur/jou beklemtoner/verhelderaar in jou binne-ooghoekie. Dit laat dadelik jou oë meer uitgerus en jonk lyk.

Revlon Colourstay Crème Eyeshadow(R105, Truworhs)
Clarins Wonder Perfect 4D Waterproof Mascara (R540, Superbalist)
MAC Eye pencil in Teddy (R460, Superbalist)

Moenie van jou wenkbroue vergeet nie

“Hulle sê die oë is die vensters van die siel – maar die wenkbroue is die gordyne!” Madeleine. Vul dele waar die haartjies skaarser is in en hou dit in plek met ’n wenkbroujel (soos Schwarzkopf Got2b Glued 2in1 Gel For Brows & Edges)

Schwarzkopf Got2b Glued (R194, Clicks)

’n Helder lippie is altyd mooi

“Natuurlik sal ’n mooi lip nooit uit die mode gaan nie en is daar altyd plek vir ’n helder lippie onder die son. Deur ’n donkerder kleur aan die buitehoeke aan te wend en ligter kleur in die middel van die lip, skep dit ‘n illusie van voller, ronder lippe. Die Maybelline Super Stay Lip Vinyl Ink in Golden en Peachy is pragtige warm skakerings vir die lente 2024,” sê Madeleine.

“Indien jy ’n meer natuurlike voorkoms verkies, is ’n lip tint ’n goeie opsie,” sê Tyler.

Clarins Water Stain lip Tint (R450, Woolworths)
Maybelline Superstay Vinyl Ink 105 Golden (R259,95, Clicks)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Praat jy parfuumnote? En ken jy die geurwiel?
error: Content is protected !!