haarborsels
haarborsels

Haarborsels; van haarkapper-gunstelinge tot skoonmaak

Die meeste van ons gebruik elke dag ’n haarborsel (of twee) sonder om veel te dink of ons die regte borsel gebruik. Haarborsel-skoonmaak is ook dalk nou nie juis hoog op jou prioriteitslys nie. Hier is wenke oor hoe om die regte borsel te kies en hoe om jou borsel (s) reg skoon te maak. Deur Suzanne Kotzé

Die regte haarborsel vir jou haartipe en behoeftes

Die meeste van ons gebruik dieselfde tipe haarborsel jaar in en jaar uit, sonder om regtig te dink of dit die regte tipe borsel is vir ons haartipe of behoeftes. Is jou hare fyn, en jy soek volume (baie daarvan!) of wil jy jou dik hare reguit blaas? Die regte haarborsel speel ’n groot rol. Dit kan egter oorweldigended wees om te weet watter een om nou eintlik te kies. ’n Paar haarstiliste deel hul raad en wenke met ons. Ons fokus op die drie tipe haarborsels wat haarstiliste die meeste gebruik een aanbeveel.

1. Die ontkoekingsborsel (detangling brush)

Hierdie tipe borsels is gemaak van buigsame plastiek borselhare wat saam met jou hare beweeg en mider breek veroorsaak.

Die meeste haarstiliste met wie ons gesels het, stem saam dat hierdie ’n moet-hê is. “Hierdie is my all time favourite; dit maak jou lewe soveel makliker, jy kan dit gebruik op nat of droë hare,” deel haarstilis Elmerencia Booysen, van Tosca Salon Table Bay.

Kaapse haarstilis Charles Junior Louw stem saam. My gunsteling een om te gebruik is Framar Detangle Brush

Stylvolwenke: Skaf sommer twee aan en hou een in die stort (waarmee jy jou opkanpper deurkam) en een by jou spieëltafel vir koeke uitkam of net deurborsel.

Framar Detangle Brush (R320, retailbox.co.za)
Tangle Teezer The Large Wet Detangler – Pink (R429, Superbalist)
Moyoka Profesionnal Hailo Detangle & Styling Hair Brush – Wet and Dry Hair – Bronze (R350, Superbalist)

Die Wet Brush

Hierdie val eintlik maar ook onder die ontkoekingsborsels aangesien meeste ontkoekingsborsels ook op nat hare gebruik kan word. Onthou as jou hare nat is jou haarvliesies gevul met water en jou hare is meer buigsaam en elasites en meer geneig om te breek. Daarom is dit belangrik om slegs ’n borsel te gebruik wat spesifiek vir nat hare bedoel is. Soos met die ontkoekingsborsels is die haarborsels sag en buigsaam en gemaak vir die gebruik op nat hare om opkapper deur te kam of koeke uit te kam.

Tangle Teezer The Large Wet Detangler – Pink (R429, Superbalist)
Wet Brush Pro Detangler (R237, retailbox.co.za)

Jy kan dit natuurlik ook gebruik as jouhare droog is.

Haarsorgwenk: Onthou ook om nie jou hare wild droog te vryf met ‘n handdoek nie, aangesien dit jou hare breek. Gebruik ’n mikro-vesel handoek en draai jou hare daarin toe en druk liggies om enige oortollige vog te absorbeer.

2. Spaanborsel (paddle brush)

“Vir mense wat nie rêrig hul hare blaas nie, sal ek aanraai om eerder  ’n spaanborsel te kry. Dit is makliker om hare reguit te kry en dit raak dan ook vinnger droog.” Elmerencia Booysen, van Tosca Salon Table Bay

Megan Lackey van Tosca Salon, Tygervallei beveel aan dat ’n mens ’n spaanborsel gebruik om jou hare te ‘predry’ voordat jy dit uitblaas (blowdry), of as jy jou hare net vinnig wil droogblaas en nie noodwending ’n volle uitblaas wil doen nie.

’n Spaanborsel is heerlik vir elkedag borsel.

Hair Ritual by Sisley The Brush (R2000, sisley.com)
MoroccanOil Ceramic Paddle Brush (R550, retailbox.co.za)
Paddle Hairbrush (R245, The Body Shop)

3. Ronde borsel

Die meeste haarstiliste glo, hoe langer die hare, hoe groter die ronde borsel wat hulle gebruik.  Megan Lackey, haarstilis by Tosca Salon, Durbanville sê: “As my kliënt lang hare het, sal ek ’n groter borsel gebruik en as sy kort hare het, sal ek ’n kleiner borsel gebruik. Om volume te kry, is dit egter nie net belangrik om die regte borsel te gebruik nie, maar ook die tegniek. Jy moet jou hare oplig van die kopvel en in die teenoorgestelde rigting blaas as wat jy wil hê dit moet val.”

“Ek gebruik ’n klein (klein) ronde houtborsel as ek hare na aan mekaar en mooi reguit wil kry.” Charles Junior Louw

“As ek krulle blaas, verkies ek altyd om ’n kleiner borsel te gebruik, want dit gee meer volume en die krul hou dan ook langer,” Elmerencia Booysen.

Charles Junior Louw deel: “My gunsteling borsel wat ek gebruik is Jon Renau Round Boar Bristle Brush. Ek is absoluut mal daaroor. Ek koop dit by Fascinations Hair, maar dit is altyd uitverkoop, want dit is so gewild. As jy iewers een sien, koop hom.

Ons het die Jon Renau Round Boar Bristle Brush (R440) hier opgespoor (en gekoop!) mikeandliz.co.za

Elmerencia Booysen sê: “Ek gebruik Veaudry se stel borsels. Dit is maklik om te gebruik en lekker lig. Ek gebruik gewoonlik grootte 25 en 32 vir korter hare en vir langer hare grootte 43.”

Veaudy MyBrush 25 (R285, retailbox.co.za)
Veaudy MyBrush 32 (R285, retailbox.co.za)
Veaudy MyBrush 43 (R325, retailbox.co.za)

Jessica Swartz van Tosca-salon glo ‘n keramiek-borsel is die beste om te gebruik.

MoroccanOil Ceramic Medium Barrel Brush 45mm (R550, retailbox.co.za)
The Blow Dryer Radial Brush Size 1 (R440, ghdhair.com)
ghd The Blow Dryer Radial Brush Size 3 (R440, ghdhair.com)

Hout, keramiek of plastiek?

Daar is altyd debat oor keramiek, hout of plastiek borsels en wat nou eintlik die beste is.

Houtborsels word gewoonlik van natuurlike materiaal gebruik soos hout en varkhare. Baie houtborsels bevat ‘n kombinasie van vark en nylonhare. Houtborsels word nie warm nie en veroorsaak minder breek en wegvlieghaartjies. So as gladde, blink hare jou doelwit is, is hierdie ‘n goeie keuse. Sommige houtborsels het ook ‘n keramiek vat.

Keramiekborsels gelei weer hitte. Jy kan amper daaraan dink as ’n kruis tussen ’n krultang of haaryster en ’n borsel. Omdat dit hitte gelei, verkort dit die droogtyd en help ook om jou hare makliker te vorm; hetsy dit glad of volume is. Dit het gewoonlik nylon borselhare wat effens verder uitmekaar is. Dit help met lugvloei en keer dat dit te warm word.

Keramiekborsles word natuurlik nie net van keramiek gemaak nie (dit is slegs ‘n klein deel). Dit bevat ook metaal en plastiek. Die negatiewe ione, afgeskei deur die metaal, help om water molekules op te breek (wat droogtyd verminder) en om die haarvliesies (wat oop is omdat dit nat is) te seël wat kroes (frizz) verminder. As volume jou doelwite is, is hierdie ‘n goeie keuse

Plastiekborsels word van plastiek gemaak en is dikwels ’n sakpas-opsie. Dit bevat gewoonlik nylon hare. Dit is lekker lig. Die nylon-borsels is dikwels anti-staties.

Nog tipe borsels

Kussingborsels het sagte rubber basisse en stywe draad- of plastiekhare. Die harde hare is goed om jou kopvel te stiumleer en om skilfers of oortollige produk uit te kam.

Termiese borsels gelei hitte en het gewoonlik ’n keramiek, toermalyn of titanium vat.

Ceramax Colour Changing Bristle Brush (R250, retailbox.co.za) het ’n keramiek vat en gelei hitte. Die borsels verander van kleur as dit warm is en word weer donkerder as die koud is.

Geventileerde borsels het openinge wat toelaat dat die lug so deurvloei dat dit help om jou hare vinniger droog te maak.

Tangle Teezer Vent Brush (R560, retailbox.co.za)

’n Pluiskam borsel word gebruik om hare op jou kroon te pluiskam om die illusie van meer volume te skep.

Cricket Amped Up Teasing Brush (R126-R200, modernhairbeauty.co.za)

Varkhare versus nylonhare

Varkhare help om die natuurlik olie op jou kopvel te verspei soos jy die borsel gebruik en help dikwels met hare wat blink. Varkhare is natuurlik soorgelyk aan menshare en help ook om jou hare in plek te hou soos wat jy droogblaas. Varkhare word veral gebruik saam met houtborsels.

Nylonborsels word gemaak van plastiek en word veral saam met keramiekborsels en in ontkoekingsborsles gebruik. Dit is meer buigsaam as varkhare.

Jy kry ook borsels wat ’n kombinasie van vark en nylonhare bevat.

Borselwenke

Elke dag borsel is belangrik

“Dit is baie belangrik dat jy elke dag jou hare borsel of kam om koeke te voorkom. Veral vroue met lang hare kry baie keer dreadlocks by die onderste lae. So maak seker jy kam of borsel al jou hare, nie net jou boonste lae nie.” Charles Junior Louw

“Dit is veral belangrik vir jong dogters wat sukkel met koeke om elke dag hulle hare te borsel. En vleg gerus ook die hare om koeke te voorkom,” beveel Jessica van Tosca salon in Tygervallei aan.

Waak teen statiese elektrisiteit as jy borsel

“Ek dink nie ’n mens kan jou hare te veel borsel nie, maar ’n mens moet wel versigtig wees vir borsels wat statiese elektrisiteit veroorsaak. (Wanneer jou hare so opstaan as jy dit borsel.) Om dit te verhoed, borsel jou hare met een hand, en volg jou borsel met jou ander hand. Jou hand absorbeer dan die statiese elektrisiteit. Dit is die statiese elekstrisiteit wat gesplete punte veroorsaak.” Charles Junior Louw.

Borsel voor jy was

“Onthou om jou hare te borsel voordat jy dit was, so koek dit minder,” sê Emmerentia.

Borsel/kam na was

“Dit is goed om ’n nat borsel of ’n ontkoekingskam te gebruik terwyl jou hare nat/klam is, aangesien dit meer sagkens werk as ’n spaanborsel,” sê Megan Lackey van Tosca Salon Durbanville.

Onthou om baie sagkens met veral nat of klam hare te werk, aangesien dit meer elasties is en kan breek. Dit is belangrik om nie sommer net enige borsel of kam op nat hare te gebruik nie.

Begin koeke uitkam van onder na bo. Hou jou hare vas bokant die koek sodat jy nie jou hare trek en breek nie. Lees meer hier oor koeke uitkam.

Borsel skoonmaak

Megan beveel aan dat jy hare uit jou borsel kam na elke gebruik om te keer dat hare ophoop en jou borsel nie so goed kam nie. “Doen dan ’n behoorlike diep skoonmaak elke twee weke waar jy jou borsel in ’n ontsmettingsmiddel sit om van kieme ontslae te raak.” Onthou ook om jou handvatsels af te vee.

Maak jou borsel so skoon

1. Verwyder ou hare

Raak ontslae van hare deur  die agterkant van ’n kam, of selfs ’n haartangetjie te gebruik. (Doen hierdie stap gereeld)

Ons het hierdie oulike op Ergonomic Steel Hair Brush Comb Cleaner Tool & Residue Remover (R147, Takealot) raakgesien en dit is beslis op ons wenslysie vir borsels skoonmaak.

2. Was jou borsel

Meng so teelepel sjampoe (een wat sagkens werk soos ’n baba-sjampoe of jou gewone sjampoe, solank dit nie ’n teenskilfer of ‘clarifying’ shampoo is nie) met water diep genoeg waarin jy jou borsel kan week. (Sommige mense gebruik ook asyn in plaas van sjampoe)

3. Week

Laat die borsel deel so 10 minute week. (Moenie houtborsels week nie). Gebruik ’n ou tandeborsel om die handvatsel en tussen die haarborsels skoon te maak.

4. Skrob

Hierdie stap is opsioneel, vir wanneer jou borsel baie vuil is. Druk die klam tandeborsel (wat jy in stap 3 gebruik het) in ’n bietjie koeksoda en skrob tussen die haarborsels. Die koeksoda is soos ’n natuurlike afskilferaar wat van enige ekstra vuiligheid verwyder.

5. Spoel af

Spoel af onder lopenede water.

6. Ontsmet (opsioneel)

Spuit jou borsel met ’n ontsmettingsproei om van enige oortollige kieme ontslae te raak. In salonne word die ontsmettingsmiddel Barbicide gebruik om borsels en kamme in te week om dit te onstmet, maar dit is nie vrylik vir ons gewone mense beskikbaar nie.) Jy kan iets soos Milton probeer. As jy egter reeds asyn en of koeksoda gebruik het in jou stappe, behoort dit as genoeg ontsmetting te dien. Dit is darem nou nie as jou borsel op ander mense se koppe ook gebruik word nie.

7. Droogword

Sit die borsel op ’n handdoek neer in ’n sonnige hoekie in jou badkamer en laat dit goed droog word.

As jou borsel nie wil skoonkom nie, of as jy kan sien dit het gate waar die borselhare uitkom, is dit dalk maar tyd vir ’n nuwe borsel.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wenke vir ’n glansende vel
error: Content is protected !!