Van sensitief na glansend gesond met optiphi® Delta

Vir die eerste keer in meer as 15 jaar het ek een velsorgreeks, optiphi® Delta, wat deur ’n dokter voorskryf is, vir drie maande aaneen gebruik. Lees meer oor my ‘velsorgreis’. Deur Suzanne Kotze

My vel drie maande gelede, pre-optiphi® Delta

Skoonheidsredakteurs verwys dikwels onder mekaar na ‘beauty editor’s skin’ as ons oor ons sensitiewe velle praat. En ja, ons is in ’n ongelooflike bevoorregte posisie om byna nooit skoonheidsprodukte hoef te koop nie. Wat egter hiermee saamgaan, is dat ons konstant besig is om nuwe produkte te toets sonder dat jy ooit een reeks saam of klaar gebruik. Gewoonlik ontvang ’n mens een produk van een reeks en jy gebruik dit saam met ander produkte van verskillende reekse. Voeg hiermee saam my voorliefde vir aktiewe bestanddele (hoe meer hoe beter vir my) en dit is geen wonder dat my gesig die meeste van die tyd sensitief en rooi is nie. En dit is nog voordat ek ’n enkele glas vonkelwyn gedrink het! Vandat ek veertig geword het, is dit ook asof sonskade en hiperpigmentasie eensklaps begin wys.

My doktersbesoek en optiphi® Delta voorskrif

Ek het estetiese dokter Saumya T. Gautam van S&S Estethics, in Kaapstad besoek.

Velanalise

Ons het saam ’n optiphi® velanalise gedoen waar jou gesig in vyf sones opgedeel word en volgens die Delta Medical Skincare Code™ System geanaliseer word. Die tekens van veroudering in elke sone kry dan sekere punte.

My persoonlike voorskrifprodukte en behandeling

Op grond van my velanalise en wat my gepla het omtrent my vel (rooiheid en pigmentasie) het dr. Saumya aanbeveel dat ek die optiphi® Delta Quadraction Retinol Peel doen. Sy het ook vir my tuissorgprodukte aanbeveel.

Die optiphi® Delta Quadraction Retinol Peel 

Hierdie chemiese afskilferingsbehandeling word aanbeveel vir almal wat graag hulle vel oor die algemeen wil verbeter, maar dit is spesifiek ook goed as jy soos ek hiperpigmentasie het. Dit is wel baie belangrik dat jou vel se sperfunksie gesond is voordat jy so ‘n tipe behandeling doen. As dit nie is nie, beveel dr. Saumya eers tuissorg aan todat jou sperfunksie genoegsaam herstel het, voordat jy terugkom vir die chemiese afskilfering.

Die behandeling self is vinnig en pynloos. Jou vel tintel effens. Die produk word aangewend en bly vir vyf minute op jou vel. Daarna word sonskerm aangewend. En jy moet presies agt uur na die behandeling jou gesig was en ’n spesiale room (wat jy saam met die behandeling kry) aansmeer. Die room is genoeg vir minstens vier keer se gebruik.

Dr. Saumya het verduidelik dat my vel waarskynlik rooi sal wees na die behandeling en dat dit ook effens styf sal voel en dat ek ook na vyf dae mag begin vervel.

Na die tyd

En dit was toe ook so. Presies vyf dae later, terwyl ek by ’n groot funksie in Johannesburg is, lyk die man wat vir my koffie skink so ongemaklik en sê: “Ma’am, I don’t know how to say this, but there is something wrong with your face. Your skin is falling off.” Aarde sluk my in! Toe ek my badkamer toe haas, sien ek daar hang voorwaar groot stukke velle by my ken af. Gelukkig het ek sonskerm by my gehad wat ek aan my vel kon smeer sodat dit minder erg lyk. Dit het vir so drie tot vier dae aanhou afskilfer. Om sonskerm te dra gedurende en na die proses is uiters belangrik.

Na twee van hierdie afskilferings (een maand uitmekaar) is my vel beslis minder rooi en sensitief en my pigmentasie lyk baie beter. Terwyl ek nou hieroor skryf, gaan ek sommer my volgende afspraak ook maak.

My optiphi® Delta tuissorgprodukte

Die Delta optiphi®-reeks is deur bekende plastiese chirurg prof. Markus Depfenhart ontwikkel. Dit is spesifiek ontwikkel vir die gebruik van dermatoloë, estetiese dokters en plastiese chirurge om by te dra tot die optimale en volhoubare resultate voor, na en selfs gedurende estetiese behandelings.

Wat my verder opgewonde gemaak het om die produkte te gebruik, is dat die Optiphi Delta reeks veral daarop fokus om ’n gesonde velmikobioom te skep. Dit help nie net om jou sperfunksie gesond te hou nie (kardinaal vir velgesondheid), maar help ook met selhernuwing (belangrik vir teenveroudering).

Na gelang van my velanalise en ‘kodes’ het dr. Saumya vir my die volgende voorgeskryf

optiphi® Delta Exfoliating Cleanser

Hierdie jel reininger bevat klein sagte korreltjies wat vitamiene B5 afskei wanneer jy dit op jou vel inmasseer. Dit bevat ook melksuur (lactic acid) en salisielsuur wat afskilfer sodat beter hidrasie kan plaasvind. Dit help ook om jou vel se sperfunksie te herstel.

optiphi® Delta Gentle Cleanser

Gedurende die kouer wintermaande het ek oorgeskakel na die Gentle Cleanser, aangesien ek heelwat gereis het en my vel effens gedihreerd gevoel het. Hierdie reiniger is veral vir sensitiewe velle, en is ook geskik na estetiese behandelings. Dit het ’n reuse verskil gemaak en my vel het dadelik minder styf gevoel.

optiphi® Delta Post-Stress Serum

Hierdie serum is wonderlik! Terwyl jy dit aansmeer voel jy sommer hoe dit rooiheid en irritasie wegstreel. Die serum is ontwerp om post-inflammatoriese hiperpigmentasie en sonskade te verminder en om jou vel se energiereserwes ’n hupstoot te gee. Ek gebruik dit soggens en saans. Jy kan dit ook as ’n noodbehandeling gebruik na sonbrand.

optiphi® Delta Protection SPF30

Hierdie is my elkedagse dagroom en die SPF30 beskerming is ’n reuse plus. Nie net word ek teen die son beskerm nie, maar ook hoë energie sigbare lig en infrarooi bestraling. Ek bring so ’n groot deel van my dag voor my rekenaarskerm deur, dat hierdie vir my ekstra belangrik is. En tussendeur wanneer ek uithardloop om kinders rond te ry en langs die sportveld te staan, weet ek my vel is beskerm

optiphi® Delta Daily Hydration

Hierdie room kan jy soggens of saans gebruik, maar ek het dit saans gebruik aangesien die Protection SPF30 my dagroom was. Dit bevate lipides, vetsure, seramiedes en cholesterol, wat almal help om jou sperfunksie te versterk. Behalwe dat dit bevogtig, bied dit ook beskerming teen besoedeling.

optiphi® Delta Rich Daily Hydration

optiphi delta

Gedurende die koue wintermaand het ek oorgeskakel na die room, aangesien hierdie weergawe meer geskik is vir droë, volwasse veltipes. My vel voel altyd ekstra droog gedurende die wintermaande.

optiphi® Delta Eye Gel

My oogarea is dikwels sensitief en rooi; ek sukkel met hooikoors en dit wys gewoonik eerste hier. Soos ek ouer word, begin die vel in hierdie area ook al hoe meer dun en broos voel. Met hierdie oogroom (wat ek natuurlik soggens en saans gebruik) is daar geen sensitiwiteit nie, en die vel rondom die oogarea voel sterker en gesonder.

Om ’n vel te hê wat nie rooi, styf en jeukerig voel nie, het ’n groot verskil aan my lewenskwaliteit gemaak. My vel voel gesonder en sterker en die pigmentasie is beslis minder. Ek dink hierdie reeks gaan nog vir lank my staatmaker wees, al moet ek dalk tussendeur produkte toets. Ek het ook opnuut die belangrikheid besef om ’n kundige dokter te konsulteer, wat ’n objektiewe opinie kan lewer en na jou vel se algehele gesondheid kan omsien.

Besoek deltaskin.com om jou naaste dokter op te spoor wat die produkte verkoop en behandelings doen.

Lees ook Justine se velsorgreis met optiphi® se hardwerkende salonbehandling hier

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Plaaslike winterkopies
Plaaslike winter-modekopies
error: Content is protected !!